Delf Steeds Dieper nooi jou uit om saam te delf en dieper te soek na die skatte van ons Vader. Die Waarheid is so groot soos ons Messias Self en in hierdie lewe sal ons nooit ophou delf en leer nie!
Weekly
Afrikaans South AfricaReligion & Spirituality · ChristianityAuthored by Este Geldenhuys
Josef het twee seuns gehad. Die oudste was Manasse. In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, gesels ons verder oor hierdie oudste seun van Josef uit wie se nageslag onder andere die rigter Gideon gebore is.
Die twaalf seuns van Jakob het ‘n sterk fondasie gelê vir die volk van Israel ten opsigte van volk wees, profetiese vooruitskouing en uitkomste. Dit bly verstommend hoe die Woord wat oor elke stam uitgespreek is, deur die hele lewe van die volk sou manifesteer. In hierdie gesprek, die oudste…
Kinders gaan soms gebuk onder trauma van verskillende aard – inbraak, ouers en egskeiding, maar trauma kan selfs so ver terug gaan soos trauma by geboorte. Trauma wat nie aangespreek word nie, kan die kind se ontwikkeling en toekoms beïnvloed. Luister gerus na ‘n kenner, Dr Carla Winter wat verduidelik…
Pieter Badenhorst gesels oor die wonder daarvan dat ons ons identiteit in Christus moet ken. Eers wanneer met hierdie identiteit vetroud raak, besef ons die verantwoordelikheid en ook die groot belangrikheid van outoriteit in Christus wat daarmee saamgaan. Identiteit bring outoriteit. Leef ons dit?
Met die begin van die nuwe jaar is daar soveel gedagtes en begeertes en selfs onseker wat by mens opkom. Kom ons leer van drie kosbare Bybel-figure wat groot opdragte van ons Vader ontvang het, hoe hulle dit hanteer en ons Vader se Hand deurgevoer het!
Is jy bewus daarvan dat jy ‘n kunstige mens i met ‘n opregte hart wat begeer om selfs Woord - Waarhede op skrif te stel op ‘n manier dat almal dit sal verstaan!? Luister dan na die kwaliteite van Sebulon!
Dit gebeur nie aldag dat ‘n boer en sy vrou Hulle eie plaas in Suid-Afrika in ander se hande laat sodat hulle in ‘n buurland kan gaan boer – met die oog daarop om die liefde van ons Messias daar te gaan uitdra nie. Luister gerus na die gesprek met…
Kom kuier weer saam rondom kosbare inligting oor twee van die stamme van Israel – Issaskar en Sebulon Heerlik om al die groei maar ook waarskuwings wat ook vir ons bedoel is, deur die doen en late van die stamme te ontdek.
Aan die einde van die jaar kan mens knak onder druk en werk wat moet klaar en sommer te veel wat nog moet klaar kom! Luister gerus na Delf Steeds Dieper wat die laaste Maandag van November 2023 uitgesaai is! In hierdie program gesels Esté met Amanda Swanepoel wat kom…
Die simbool van hierdie stam is ‘n donkie – pakdier van die Bybelse tyd. Mense uit hierdie stam is opreg, gereed om te dien en soekend na intimiteit meer as vorm. Luister gerus en leer.
Dis wonderlik om die dieper betekenisse van die twaalf stamme van Israel te ontdek. Mense wat vandag steeds – profeties - uit die stam van Gad kom, het die vermoë om uit te styg bo die normale – hulle het ook dapperheid om te doen waarin hulle glo. Kom leer…
Beleef jy dat jy vasgeval het en jy weet nie eers regtig waarin nie? Wonder jy by tye met opregte moedeloosheid wie jy is, waarin ware sekuriteit lê? Of wonder jy sommer net ... “wat maak ek hier?” Luister seblief na die gesprek met Pieter Badenhorst, Esté se gas in…
Die sewende seun van Jakob was Gad. Daar was ‘n paar dinge in hierdie man se lewe wat hom agter die knieë wou vang – tog moet elkeen uit hierdie stam weet dat ons Vader kosbare planne het vir elkeen wat leef met die salwing van Gad.
Watter wonderbare beloftes en vooruitsigte is daar nie gestel en belowe aan die stam van Naftalie nie. Vandag word die bespreking van hierdie kosbare stam - wat selfs op kunstige wyse - die gawe het om Woord oop te breek, mense wat jy nie moet vashou nie, hulle sal jou…
Die sesde seun van Jakob se naam was Naftali. Die een was anders! ‘n Mens soos ‘n bokkie wat teen berghange uit wip terwyl hy daarmee sê: “Moenie my probeer vang of vashou nie – ek wil by ons Vader hoor waar ek moet heen en wat om daar te…
Op Maandag 18 September word die tweede deel van die verduideliking van die stam van Dan uitgesaai. Ons Vader het groot en belangrike dinge vir hierdie stam beplan – maar Hy laat uiteindelik toe dat die finale uitkomste van die mens berus by die keuses wat hy maak: ‘n Daniet…
Daar is soveel te leer uit die stamme van Israel, hulle name, stene en vaandels. Vandag kom Dan vir ‘n eerste keer aan die beurt. Dan is ‘n baie belangrike stam met interessante betekenisse wat na meer as een kant toe swaai. Dan was min of meer Rachel se eerste…
11 Sep 2023
39 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.