Delf Steeds Dieper nooi jou uit om saam te delf en dieper te soek na die skatte van ons Vader. Die Waarheid is so groot soos ons Messias Self en in hierdie lewe sal ons nooit ophou delf en leer nie!
Weekly
Afrikaans South AfricaReligion & Spirituality · ChristianityAuthored by Este Geldenhuys
Luister gerus na hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, uitgesaai op Vrydag 28 Junie 2024. Izak Coetzee deel intense diepte ten opsigte van wat ons Vader vir ons in Sy hand hou in die tye wat kom. Daarna help Prof Wentzel Coetzer ons weer om ons hede uit te sorteer…
In vandag se program kom Arno van Niekerk andermaal aan die beurt om ons te bemoedig met gedagtes van voorbidding vir ons land en regering. Maar mens kan jou uit jou geloof uit bekommer – daarom sal Marianne Peak raad gee oor hoe om ons gedagtes hok te slaan sodat…
In hierdie program gesels Este met Dr Jurgens Hendriks oor die wonder van die GENADE van ons Vader. Ons sal bid vir ons land se toekoms en Este gesels verder oor die wonder van die lewe van Moses. Uit die argief is daar ‘n kosbare getuienis van Lisbe Visser wat…
In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, kom die begrip van “om klaar te maak” of “af te rond” sterk deur. Arno van Niekerk sê dankie vir al die gebed wat ten opsigte van die verkiesing opgegaan het. Marianne Peake is Esté se gas om te gesels oor “Vergifnis” –…
In die aanbieding van Delf Steeds Dieper uitgesaai op 17 Mei 2024, gee Amanda Le Roux gebedspunte vir elkeen wat graag vir die verkiesing bid. Daarna kan ons leer van Suzette Hattingh wat lering gee uit Moses se gebed toe hy kwaad en ontsteld was maar steeds opreg kon bid…
Wie ons Skepper-God in Sy heiligheid en Almag is en of ons dit verstaan, staan waarlik sentraal in hierdie uitsending. Arno van Niekerk verduidelik die rol en belangrikheid van Lof en aanbidding. Esté verduidelik die besondere betekenis van Moses se vier altare wat alles dui op ons verhouding met Vader…
In die potgooi van hierdie aanbieding van die program Delf Steeds Dieper wat op Vrydag 3 Mei 2024 uitgesaai word, kan jy gerus verder saam kuier en dink en indrink oor die betekenis van die lewe van Moses. Denise Woods neem die verhaal van Daniel Lindley verder, oom Willie Marais…
Hier begin ‘n nuwe bladsy. Iets uit die Woord: Kom ons verwonder ons oor die moed en daadkrag van Moses. Iets uit die Geskiedenis: Leer saam van die heerlike inligting wat Denise Woods deel oor die bydrae wat Daniel Lindley tot vroeë Afrikaanse geskiedenis gemaak het toe hy In 1834…
Vir ‘n laaste keer word hierdie program op ‘n Maandag uitgesaai. Kuier gerus voortaan saam op Vrydag 9 tot 11 vm. In hierdie program gesels ons oor Moses. Wat ‘n man. Watter gehoorsaamheid en opoffering. Luister en beleef saam!
Die ankers van ons geloof, lê in die Woord van God – die Bybel. Waar die Nuwe testament soos ‘n handskoen is, word die Ou Testament die hand. Dit is waar die wortels van ons geloof te vinde is. Dit is waar ons Vader die oorsprong van alles uitlê. Kom…
Gedurende die Paas-tyd, is dit goed om te fokus op die gebeure wat aan hierdie tyd van die jaar sy naam gegee het. In die program Delf Steeds Dieper wat op Maandag 1 April 2024 om 11h00 uitgesaai word, nooi ek jou om te luister na boodskappe wat ons Vader…
Jaco Scholtz - ‘n Navoser van die Woord en die waarheid van die Woord. Wat is dit wat die Ou verbond van die mens gevra het? Wat hét die Nuwe Verbond kom verander. Kom ons leer – sodat ons kan verstaan wat dit is wat ons werklik moet lééf!!
Afhanklikheid is soos ‘n versmorende kleed wat ‘n lewe geheel kan toedek in ‘n plek van grysheid sonder lewe. Dit bekruip die mens en versmoor dan baie stadig. Verstaan ons die gevaartekens? En dan die korrekte optrede? Luister gerus na hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper en laat weet dan…
Hoe dikwels ry ons met die N1 Suid deur Johannesburg Vrystaat toe en verder Suid. Min of meer by die eerste groot tolhek, Oos van die snelweg as mens Suid ry, is een baie groot woonbuurt met die Naam “Orange Farm” Daar bly intens baie mense wat soos almal van…
Vandag gesels ons oor Koning Dawid, Wat was regtig in hierdie man se hart wat daartoe gelei het da thy op een na die helfte van die Psalms in die Bybel geskryf het. Ons het baie om van hom te leer. Kuier en dink saam terwyl ons leer.
Verlede week het die gesprek ook die stam van Benjamin begin en dit word in hierdie program afgerond. Hierdie jongste seun van Jakob was waarskynlik as baba bederf, veral met die dat hy sy moeder verloor het tydens geboorte. Sy lewe en sy nageslag sou uiteindelik ook ‘n paar interessante…
Benjamin was die jongste seun van Jakob en die enigste van sy moeder Ragel. Die geboorte was so moeilik dat sy hom Ben-Oni genoem het = Child of my sorrow. Maar dit was nie Jakob se droom vir hierdie kind nie. Luister en leer.
Dis so eenvoudig om jou eie lewe te leef en self jou eie struikelblokke te hanteer – en dit hou ons so besig dat ons nie eers kan opkyk na ander se nood nie. Wat weet ons van mense wat waaragtig niks het nie. Af-vlerk mense wat alles probeer om…
Die onderwerp vir vandag se uitsending van Delf Steeds Dieper, die tweede seun van Josef – Efraim. Hoewel daar baie ooreenkomste tussen Manasse en Efraim is, lê die grootste verskille in die mense wat uit hierdie besondere stam gebore is. Luister en leer.
5 Feb 2024
43 min
40 – 60
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.