Newskoop Bizskoops (Afrikaanse Weergawe)

Bizskoops (Afrikaanse Weergawe)

Bizskoops, aangebied deur Barry Mare, bied 'n blik op plaaslike en globale sake-ontwikkelings. Ons bring vir jou in-diepte onderhoude met bedryfsleiers en entrepreneurs, deel hul strategieë en stories vir sukses. Die voormalige President van die Ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika en dosent verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool, prof. Waldo Krugell, gee weekliks ʼn oorsig oor stand van die ekonomie. Bly op hoogte met Bizskoops – vir 'n omvattende besigheidsperspektief.
Weekly Afrikaans South Africa Business News · Business
67 Episodes
60 – 67

Bizskoops - 04 April 2024

Op die program vandag ... President Ramaphosa verwelkom vordering om logistieke probleme te beëindig. Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor inflasionêre druk. In internasionale sake-nuus... Hapag-Lloyd het 'n verbeterde siening oor handel vir die res van 2024. In beleggingsnuus, Old Mutual glo dat Suid-Afrikaanse aandele hul waarde…
4 Apr 2024 10 min

Bizskoops - 28 Maart 2024

Op die program vandag ... Rentekoerse sal vir langer in Suid-Afrika hoër bly. Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor ‘n paar positiewe ekonomiese aspekte. In internasionale sake-nuus... daar was 'n paar belangrike globale rentekoersbewegings. In beleggingsnuus, Suid-Afrikaanse staatseffekte bied van die aantreklikste opbrengste wêreldwyd En ons gesels…
28 Mar 2024 10 min

Bizskoops - 21 Maart 2024

Op die program vandag ... Inflasie styg weer. Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor wisselkoersspekulasie. In internasionale sake-nuus... Japan se sentrale bank het die koste van lenings vir die eerste keer in 17 jaar verhoog In beleggingsnuus, Suid-Afrika se verskansingsfondse toon goeie groei. En ons gesels ook…
21 Mar 2024 9 min

Bizskoops - 15 Maart 2024

Op die program vandag ... Ekonome waarsku dat die inflasiekoers vir Februarie hoër kan wees as wat verwag is. Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor ekonomiese aanwysers. In internasionale sake-nuus... Japan vermy 'n tegniese resessie. In beleggingsnuus, Suid-Afrika maak goeie vordering om die land van die gryslys…
15 Mar 2024 10 min

Bizskoops - 07 Maart 2024

Op die program vandag ... BBP het in die vierde kwartaal van 2023 toegeneem. Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die gevare en koste van obesiteit vir individue en die gemeenskap. In internasionale sake-nuus... Brasilië se ekonomie groei met twee-komma-nege persent. In beleggingsnuus, daar is hoop vir…
7 Mar 2024 10 min

Bizskoops - 29 Februarie 2024

Op die program vandag ... Besigheidslikwidasies het met 34-komma-ses persent toegeneem. Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor beloftes voor die verkiesing en beleidsonsekerheid. In internasionale sake-nuus... Huispryse in China daal verder. In beleggingsnuus, Besighede stel nie belang om in Suid-Afrika te belê nie. En ons gesels ook…
29 Feb 2024 10 min

Bizskoops - 22 Februarie 2024

Op die program vandag kyk ons na die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede. Ons loer in by die ekonoom Waldo Krugel om te hoor wat hy van die begrotingsrede gedink het. In internasionale sakenuus, Europa se grootste bank, HSBC, het 'n styging van byna 80% in sy voorbelaste…
22 Feb 2024 10 min
60 – 67