Cran staan groenwaterstof by met infrastruktuur

--:--
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, speel 'n deurslaggewende rol in die bevordering van groenwaterstofontwikkeling deur inligting- en kommunikasietegnologie-infrastruktuur en regulatoriese behoeftes aan te spreek. Dit sluit in die uitbreiding van 5G- en breëbanddekking in landelike gebiede, en die aanmoediging van infrastruktuurdeling om koste te verminder en konnektiwiteit te verbeter. Helene Vosloo, Cran se uitvoerende hoof van ekonomie en markontwikkeling, gee meer inligting.
27 Nov 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Partye verwerp die uitslae, sal hof toe gaan

Dat stemdag in chaos ontaard het en die Verkiesingskommissie nie opgewasse was vir die taak nie, is volgens opposisiepartye ‘n feit soos ‘n koei. Nie die Affirmative Repositioning-beweging, die Republikeinse Party, die LPM of die PDM sal die uitslae aanvaar nie. Die IPC het reeds ‘n klag by die kommissie…
27 Nov 11PM 1 min

Plastiekbesoedeling: Namibië is ver agter, sê Brown

Afgevaardigdes van 175 lande het in Busan, Suid-Korea, vergader vir die vyfde ronde van samesprekings oor 'n internasionale verdrag om plastiekbesoedeling te bekamp. In Namibië is 'n plastiekheffing wat in Augustus 2019 ingestel is, daarop gemik om die gebruik van plastieksakke te ontmoedig, besoedeling te verminder en die herwinning van…
27 Nov 11PM 1 min

Chaos op stemdag, opposisie raak oproerig

Stemdag het laat Woensdagnamiddag in chaos ontaard met stembriewe wat by verskeie stemlokale opgeraak het, toerusting wat afgeskakel het oor hitte, ‘n tekort aan vingerafdruk-verifieerders en meer. Talle kiesers het ure in rye gestaan met frustrasie wat vroegaand begin opbou het. Stemlokale is toe laatnag opdrag gegee om oop te…
27 Nov 10PM 1 min

Padongelukkefonds keer bedrog van R65 miljoen

Die Padongelukkefonds het oor drie jaar bedrieglike eise van 65 miljoen Suid-Afrikaanse rand voorkom en 2 031 sake afgekeur. Onlangse suksesse sluit in 'n vonnis van vyf jaar vir Siyabulela Kima oor 'n vals eis van 8,3 miljoen rand. Die uitvoerende hoof van die Fonds, Collins Letsoalo, beklemtoon samewerking om…
27 Nov 10PM 1 min

Ierland moet Saterdag sonder vier staatmakers speel

Ierland gaan Saterdag se toets in Dublin teen Australië sonder vier staatmakers moet aanpak. Jamie Osborne en Jacob Stockdale is Saterdag in hulle 52-17-sege teen Fidji beseer. Ryan Baird het vroeër die maand ʼn hoofbesering opgedoen in hul oorwinning oor Argentinië terwyl Tadhg Furlong weens ʼn dyspier-probleem nog nie hierdie…
27 Nov 10PM 1 min