
Ministerie moet sy hande van Nsfaf afhou
Loading player...
Die Vereniging van Instellings vir Hoër Onderwys in Namibië is gekant teen die vinnige aanvaarding van die wetsontwerp oor die integrasie van die Namibiese Studente Hulpfonds, Nsfaf, in die hoër onderwys-ministerie. Die vereniging voer aan daar was nie behoorlike konsultasies nie, in teenstelling met lynminister Itah Kandjii-Murangi se stellings, en dit kan Nsfaf se doeltreffendheid in die gedrang bring. Nsfaf bestuur jaarliks 2,5 miljard Namibiese dollar en die vereniging vrees buitensporige ministeriële beheer kan tot korrupsie en politieke inmenging lei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Natangwe Shikesho, president van die Studente-unie van Namibië, wat saamstem.