
Voëlgriep op Marion-eiland bevestig
Loading player...
Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het die teenwoordigheid van die hoogsgevaarlike voëlgriep-virus, H5N1, op Marion-eiland suidoos van Kaapstad bevestig. Marion-eiland is die tuiste van byna die helfte van die wêreld se swerweralbatrosse en miljoene ander seevoëls. Minstens ses van die 31 voëlspesies op Marion-eiland is met die dodelike virus besmet. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê kommer bestaan dat die virus ook see-soogdiere kan raak.