
Goeie vordering met puttoilette by SA skole
Loading player...
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê die basiese onderwys-minister, Siviwe Gwarube, se moedige veldtog teen puttoilette gaan nie ongemerk verby nie. Die sperdatum van 31 Maart 2025 waarop alle puttoilette vervang moet wees, kom nader. Die minister het vroeër die maand onthul 93-persent van die puttoilette in die land is reeds vervang. Makaneta sê hierdie vordering is ʼn skitterende voorbeeld van dit wat bereik kan word as kinders se welstand voorkeur kry: