Sommige geskorste landdroste sit al 7 jaar tuis, met volle betaling

Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd dat ses landdroste wat tans geskors is sedert September 2018 steeds hul salarisse van gesamentlik 31 miljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang. Volgens berigte is een van die landdroste reeds in September 2018 geskors, en nog een sedert Julie 2020. Claude Naiker van die VSA sê die klagtes teen die landdroste sluit in omkopery, oneerlikheid en ander ernstige wangedrag, en daar moet nou dringend en beslis opgetree word:
23 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cosatu steun Sadou-optog teen besnoeiings

Cosatu sê hy gaan vandag saam met die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie ʼn optog teen besnoeiings hou na verskeie staatsdepartemente in Tshwane. Cosatu-woordvoerder, Zanele Sabela, sê dis deel van Sadou se voortslepende teenkanting teen sogenaamde neo-liberale begrotingsbesnoeiings wat die onderwyssektor en ander staatsdepartemente negatief raak. Sy sê hulle het die regering…
23 Apr 5AM 1 min

Netbal SA-president moet aangekla word voor organisasies optree

Netbal: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee, die sport-departement, en Netbal SA sê hulle sal slegs optree as Netbal SA en Afrika Netbal se president, Cecilia Molokwane amptelik aangekla word deur Wêreldnetbal. Die internasionale liggaam het haar geskors oor beweerde wanadministrasie. Die adjunkminister van Sport, Peace Mabe, het aan die…
23 Apr 5AM 1 min

SA moet hervorm na IMF-voorspelling

'n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê klem moet opnuut geplaas word op die bespoediging van noodsaaklike strukturele hervormings. Die Internasionale Monetêre Fonds het sy vooruitskouing vir Suid-Afrika se bruto binnelandse produk vir 2025 afwaarts aangepas van 1,5 persent tot slegs 1 persent. Die IMF voorspel…
23 Apr 3AM 1 min

Tariewe is gulde geleentheid vir Brittanje

Die voormalige adjunk-eerste minister en oud-buitelandse sake minister van Brittanje, Dominic Raab sê Amerikaanse tariewe bied in werklikheid ‘n uiters groot geleentheid vir die Verenigde Koninkryk om sy handelsbasis uit te brei, veral na die Indo-Stille Oseaan. Raab het met SkyNews gepraat.
23 Apr 3AM 1 min

Dubbeldoor geleentheid om Ehra by te staan

Die Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, neem deel aan die Big Give Green Match Fund wat tot 29 April duur. Elke skenking wat gemaak word, sal deur die fonds verdubbel word. Ehra samel fondse in vir ‘n mobiele waterpunt beskermingseenheid om herstelwerk uit te voer aan infrastruktuur wat…
23 Apr 3AM 1 min