
Insette oor hervorming van wetgewing... DBV gee siening
Loading player...
Die ministerie van justisie het, in opdrag van president Netumbo Nandi-Ndaitwah, vir die publiek se insette oor die hervorming van wetgewing gevra. Die sperdatum vir terugvoer is 13 Junie. Kosmos 94.1 het Silke van der Merwe, die direkteur van die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek, gevra watter wette ideaal vir troeteldiere sal wees.