RedForce: Aktivis wil weet wat was dan so moeilik voorheen?

Loading player...
Reaksie word ontvang op die opdrag deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, dat alle plaaslike owerhede opdrag gegee het om nie kontrakte met RedForce Debt Management te hernu of toe te teken nie, met verwysing na probleme wat veroorsaak word deur die maatskappy se aggressiewe skuldinvorderingstaktieke. RedForce word gekoppel aan meer as 1,9 miljard Namibiese dollar in munisipale skuld. Kosmos 94.1 Nuus het met Okahandja maatskaplike aktivis Sydney Gariseb, wat talle optogte teen RedForce gehou het, gepraat.
6 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nekundi voer inspeksie uit oor warm water by Windhoek Sentraal

Vanoggend het die vervoerminister, Veikko Nekundi, saam met die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, die Windhoek Sentrale Hospitaal besoek om die vordering met die installering van warm water te inspekteer. Die besoek volg op Nekundi se opdrag aan sy ministerie om tegniese ondersteuning te bied om te verseker dat warm water…
19 Aug 5AM 1 min

Digitale bankbedrog styg skerp in SA

Die Nasionale Finansiële Ombudskema het 'n toename van 73 persent in klagtes rakende digitale bankbedrog aangeteken, met 'n styging van 1 436 gevalle vroeg in 2024 tot 2 483 vanjaar. Die regulerende beoordelaar, Johan Brouwer, het in gesprek met eNCA gesê die algemeenste taktiek is phishing, met bedrieërs wat kliënte…
19 Aug 5AM 1 min

Stel net weer die eenheidsregering in - RISE

RISE Mzansi sê die regering van nasionale eenheid moet heringestel word eerder as om van krisis tot krisis te strompel terwyl die land self in ʼn krisis is. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het verlede maand besluit om die koalisieregering te vergroot om meer partye in te sluit om…
19 Aug 4AM 1 min

Zelensky sê hy's reg vir Putin-vergadering

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê hy is gereed vir ʼn bilaterale ontmoeting met president Vladimir Putin van Rusland om die oorlog te beëindig. Zelensky en sewe ander Europese leiers het gister in die Withuis met president Donald Trump vergader. Die ontmoeting volg na Trump en Putin se beraad Vrydag…
19 Aug 4AM 1 min

Airlink skenk vliegtuig aan ingenieurskool

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, oorhandig vandag amptelik 'n uitgediende Embraer 135-passasiersvliegtuig aan die Rhodesfield Ingenieurswese-skool vir Lugvaartspesialisering in Kemptonpark. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die vliegtuig, wat deur Airlink geskenk is, sal vir opleiding gebruik word vir leerders wat lugvaartstudies wil volg:
19 Aug 3AM 1 min