
Trump lei taakmag vir die Olimpiese Spele
Loading player...
President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om ʼn Withuis-taakspan saam te stel vir die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles. Volgens die bevel moet die taakspan sekerheid en beplanning vir die Spele koördineer, en die visumproses en sertifisering vir atlete, afrigters, die media en ander besoekers vereenvoudig. Trump, wat as die taakspan se voorsitter sal optree, sê dit sal die beste Spele wees wat die wêreld nóg gesien het: