
Appèl aangeteken teen Shell-projekte aan Weskus
Loading player...
Burgerlike organisasies en kusgemeenskappe het amptelik appèl aangeteken teen die regering se omstrede besluit om goedkeuring te gee vir Shell se Ultra Deep olie- en gasprojek aan die Weskus. Die gebied waar Shell wil ontgin, is tussen Port Nolloth in die Noord-Kaap en Lambertsbaai in die Wes-Kaap. Green Connection se woordvoerder, Neville van Rooy, sê dit blyk Shell se verslag oor maatskaplike en omgewings-uitwerking is gebrekkig en vol foute, wat goedkeuring roekeloos en moontlik onwettig maak: