
Die minimumloon en die plaaswerker...
Loading player...
Die minimumloon bly in die nuus. Kenners is dit eens dat werkloosheid sal toeneem. ‘n Koëffisiënt wat algemeen gebruik word se beraming is as die ekonomie met 1 persent groei, styg indiensneming met 0,5 persent. Namibië se geskatte ekonomiese groei vir 2025 is 3,8 persent wat beteken werksgeleenthede kan met ‘n skrale 1,9 persent toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren, uitvoerende hoof van die Landbouwerkgewersvereniging, sê dat boere reeds hul werkers verminder omdat hulle nie die lone kan bekostig nie.