
Kombat twee dae sonder water, inwoners sal dalk nog twee weke wag
Loading player...
Cenored het 'n kontrakteur uitgestuur om elektrisiteitsverbindingsprobleme in Kombat op te los. Inwoners is sedert Donderdag sonder lopende water, as gevolg van 'n gebrek aan elektrisiteitstoevoer na waterpompe. Kosmos 94.1 Nuus verneem dat watertoevoerprobleme in Januarie begin het na die sluiting van die Kombat-myn, wat gratis water aan die gemeenskap verskaf het. Intussen het 'n naburige boer ingespring om te help met daaglikse watervoorsiening aan inwoners. Cenored-woordvoerder Charlie Matengu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat inwoners moontlik nog twee weke sal moet wag voordat volhoubare elektrisiteit na die waterpompe herstel word.