Die GOOD-party het Sandra Dickson gevoeg as raadslid in sy Koukus van Aktiviste in die Stad Kaapstad. Sy vervang Anton Louw, wat bedank het om op sy rekeningkundige praktyk te fokus. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Dickson se sterkpunt oor die jare was om fondse noukeurig te monitor, en…
Krieket: Nieu-Seeland se kaptein, Mitchell Santner, het volle vertroue in sy span se vermoë om Suid-Afrika vandag in Kolkata te klop in die halfeindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi. Die Swartpette het in 2021 die eindstryd gehaal, maar teen Australië vasgeval, en in 2024 nie verder as die groepfase gevorder nie, waar…
Die vakbond Giwusa het kommer uitgespreek oor die jongste styging in brandstofpryse. Albei grade petrol kos van vandag 20-sent per liter meer terwyl die dieselprys met tussen 62- en 65-sent gestyg het, afhangend van die swaelinhoud. Giwusa se woordvoerder, Zaki Mamdoo, sê dit gaan ’n onmiddellike en rampspoedige gevolg hê…
Die voormalige nasionale sekuriteitsadviseur vir die Britse regering, Lord Peter Ricketts sê hy kan nog nie ‘n de-eskalasie in die oorlog in Iran sien nie omdat die konflik nog bou. Wat kommerwekkend is, is dat Iran presies doen wat verwag was maar, nie die VSA of Israel het ‘n antwoord…
Onafhanklikheidsdag op 21 Maart sal vanjaar amptelik in al 14 streke gevier word, en nie net in een streek soos in die verlede nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die vieringe in Windhoek geniet. Die landswye vieringe gaan die land altesaam 3,5 miljoen Namibiese dollar kos. Kosmos 94.1 Nuus het met…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.