
Molefe en kie sal verskyn op korrupsieklagte
Loading player...
Die voormalige uitvoerende hoof van Transnet, Brian Molefe, sal na verwagting in die hof verskyn in 'n korrupsiesaak van miljoene rande wat verbind word met onreëlmatige lokomotiefkontrakte. Die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelshof in Gauteng het die saak tot 18 November uitgestel vir die indiening van 'n aanklag. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê Molefe, asook ander voormalige senior amptenare, Anoj Singh, Siyabonga Gama, en Thamsanqa Jiyane, staan tereg op 17 klagtes, insluitend bedrog en korrupsie: