Namibië woon Statebondsparlementêre Konferensie by

Loading player...
Namibië se parlement neem tans deel aan die 68ste Statebondsparlementêre Konferensie, wat tot 12 Oktober in Bridgetown, Barbados plaasvind. Die geleentheid bring parlementslede en personeel van regoor die Statebond bymekaar. Die Namibiese afvaardiging sal gelei word deur die Voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha. Parlementêre woordvoerder Sakeus Kadikwa het aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n opdatering gegee.
7 Oct 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toegang tot grond = voedselsekerheid: oud-landbouminister

Parlementslid en voormalige landbouminister, Alpheus !Naruseb, sê voedselsekerheid kan slegs werk as mense toegang tot grond het. Hy het gevra vir meer pogings wat verseker dat billike toegang tot grond vir elke Namibiër verseker word. !Naruseb het gepraat by 'n werkswinkel deur die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede, getiteld "Die…
20 Oct 11AM 1 min

Slot gefrustreerd oor Liverpool se swakhede

Sokker: Liverpool se bestuurder, Arne Slot, is gefrustreerd oor sy span se swakhede, en sê hulle moet hul puntetelling en verdediging verbeter, veral in die vaste fasette. Die heersende Premierliga-kampioen het gister sy vierde agtereenvolgende nederlaag in alle kompetisies gely toe hy op Anfield 2-1 teen Manchester United verloor het…
20 Oct 11AM 1 min

Kom geniet Auas Hills aftreeoord se markdag!

Die Auas Hills aftreeoord hou 'n markdag op 8 November om fondse in te samel vir senior burgers. Die dag beloof om heerlik te wees met talle stalletjies. Kosmos 94.1 Nuus het met Elsabe Steenkamp van die Auas Hills aftreeoord sosiale klub, gepraat.
20 Oct 10AM 1 min

ECN moenie publiek se vertroue skaad, sê kundige

Die Verkiesingskommissie het na die nominasie van kandidate op 16 Oktober, Donderdag, foutiewelik 'n Swapo kandidaat aangestel by die Nkurenkuru kiesafdeling. Volgens hulle was daar net 'n Swapo lid wat vir die kiesafdeling genomineer was. Die kommissie het in 'n verklaring gesê daar gaan korrektiewe stappe geneem word om die…
20 Oct 10AM 1 min