Namibië woon Statebondsparlementêre Konferensie by

Loading player...
Namibië se parlement neem tans deel aan die 68ste Statebondsparlementêre Konferensie, wat tot 12 Oktober in Bridgetown, Barbados plaasvind. Die geleentheid bring parlementslede en personeel van regoor die Statebond bymekaar. Die Namibiese afvaardiging sal gelei word deur die Voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha. Parlementêre woordvoerder Sakeus Kadikwa het aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n opdatering gegee.
7 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GOOD-party se Dickson sal Kaapstad-begroting monitor

Die GOOD-party het Sandra Dickson gevoeg as raadslid in sy Koukus van Aktiviste in die Stad Kaapstad. Sy vervang Anton Louw, wat bedank het om op sy rekeningkundige praktyk te fokus. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Dickson se sterkpunt oor die jare was om fondse noukeurig te monitor, en…
4 Mar 7AM 1 min

Nieu-Seeland kaptein vertrou hulle kan Proteas klop

Krieket: Nieu-Seeland se kaptein, Mitchell Santner, het volle vertroue in sy span se vermoë om Suid-Afrika vandag in Kolkata te klop in die halfeindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi. Die Swartpette het in 2021 die eindstryd gehaal, maar teen Australië vasgeval, en in 2024 nie verder as die groepfase gevorder nie, waar…
4 Mar 7AM 1 min

Giwusa veroordeel styging in brandstofpryse

Die vakbond Giwusa het kommer uitgespreek oor die jongste styging in brandstofpryse. Albei grade petrol kos van vandag 20-sent per liter meer terwyl die dieselprys met tussen 62- en 65-sent gestyg het, afhangend van die swaelinhoud. Giwusa se woordvoerder, Zaki Mamdoo, sê dit gaan ’n onmiddellike en rampspoedige gevolg hê…
4 Mar 5AM 1 min

Midde-Ooste: Kan nie einde sien nie, konflik bou nog

Die voormalige nasionale sekuriteitsadviseur vir die Britse regering, Lord Peter Ricketts sê hy kan nog nie ‘n de-eskalasie in die oorlog in Iran sien nie omdat die konflik nog bou. Wat kommerwekkend is, is dat Iran presies doen wat verwag was maar, nie die VSA of Israel het ‘n antwoord…
4 Mar 5AM 1 min

N$3,5m op Onafhanklikheidsvieringe

Onafhanklikheidsdag op 21 Maart sal vanjaar amptelik in al 14 streke gevier word, en nie net in een streek soos in die verlede nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die vieringe in Windhoek geniet. Die landswye vieringe gaan die land altesaam 3,5 miljoen Namibiese dollar kos. Kosmos 94.1 Nuus het met…
4 Mar 5AM 1 min