
Meer as 15 000 verdagtes in arres in een week
Loading player...
Die polisie het die afgelope week 15 350 vermeende misdadigers in hegtenis geneem as deel van landwye Shanela-operasies. Onder die arrestasies is 176 moordverdagtes en 155 vir poging tot moord. Die Oos-Kaap het die hoogste aantal moordarrestasies gesien, met 60, gevolg deur KwaZulu-Natal, met 43. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê verbode goedere ter waarde van 5,13-miljoen Suid-Afrikaanse rand is landwyd tydens die operasies gekonfiskeer: