Wolvaardt gesels oor Protea-vroue se geskiedenis-oomblik

Loading player...
Kaptein Laura Wolvaardt het 'n meesterklas in kolfwerk aangebied toe Suid-Afrika Engeland met 125 lopies in Guwahati geklop het om hul eerste eendag-eindstryd in die Vroue-wêreldbeker te haal. Wolvaardt het 169 lopies gemoker, die hoogste telling ooit van 'n Suid-Afrikaner by 'n Wêreldbeker, sodat die Proteas 'n indrukwekkende 319 vir sewe lopies kon aanteken. In antwoord het Marizanne Kapp vyf paaltjies geneem toe Engeland vir 194 uitgeboul is. Suid-Afrika sal teen Australië of Indië in Sondag se eindstryd te staan kom. Wolvaardt sê vennootskappe was die sleutel:
30 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië se jong bevolking is voordelig vir aftrede

Finansiële beplanning en slim belegging word toenemend belangrik in 'n wêreld wat gekenmerk word deur ekonomiese onsekerheid en veranderende markte. By die onlangse Alexforbes Namibië Beleggingsbestemmingseminaar het kenners die behoefte beklemtoon om veerkragtige portefeuljes te bou wat by verandering kan aanpas. Nancy Maphosa, bemarkingsbestuurder by Alexforbes, het aan Kosmos 94.1…
2 Mar 3AM 1 min

Midde-Ooste: Kenner waarsku oor langdurige konflik

'n Senior navorser van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection, Na'eem Jeenah, sê die VSA kan nie vertrou word om sy beloftes na te kom nie, aangesien die Midde-Oosterse konflik toeneem. Jeenah waarsku in 'n onderhoud met Newzroom Afrika dat vergelding deur Iran na verwagting in die komende dae sal…
2 Mar 3AM 1 min

Nog 1,5 miljoen dosisse BKS-entstof kom in SA aan

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die landwye massa-inentingsveldtog teen bek-en-klouseer het begin nadat die besending entstof in die land aangekom en viinnig versprei is. Die eerste groot besending van een-miljoen dosisse entstof van Biogenesis Bagó in Argentinië, het op 21 Februarie in Suid-Afrika aangekom. Steenhuisen sê nóg 1,5-miljoen…
2 Mar 2AM 1 min

Guterres waarsku teen uitbreiding van oorlog

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die Amerikaans-Israeliese aanvalle teen Iran, en Teheran se wraakaanvalle teen talle lande in die Midde-Ooste, hou ’n ernstige bedreiging vir internasionale vrede en veiligheid in. Ongevalle is in Iran, Israel, Dubai, Koeweit, Doha en Bahrein aangemeld. Intussen het drie Amerikaanse soldate tydens…
2 Mar 2AM 1 min

Onseker oor wat Iran se plan is na opperleier se dood

Wêreldwye reaksie stroom in ná berigte dat Iran se opperleier, Ajatollah Ali Khamenei, in gesamentlike aanvalle deur Israel en die VSA dood is, met verskeie regerings wat selfbeheersing aanmoedig midde vrese vir wyer streekskonflik en ekonomiese gevolge. Terwyl die Namibiese presidensie aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig het dat geen amptelike…
2 Mar 1AM 1 min