Klein begin, groot gewin – ’n Loxton-suksesverhaal

Loading player...
Wat as ’n eenvoudige guns begin het – 12 lamspasteie vir ’n vriendin se koffiewinkel – het gelei tot ’n inspirerende suksesverhaal wat gegroei het tot ’n onderneming wat 900 pasteie per dag maak.
Nicolette van den Heever van Loxton gesels in hierdie Bly Boer-episode met dr. Johan Beukes oor harde werk, onwrikbare geloof en ’n gesin wat bereid is om saam te werk.In die episode sal jy meer hoor oor:• sake-ontwikkeling en groei – van 12 pasteie vir sakgeld tot 900 pasteie per dag;• probleme in die Karoo;• hoe die hele gesin tot haar sukses bygedra het;• om op God te vertrou in moeilike tye; en• verlies en nalatenskap.
27 Jan Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Landboumark Voorslag: Episode 11 - Barnard Mohair

In episode 11 van Landboumark Voorslag hoor ons van Louise Cameron, die tweedegeslag-eienaar van Barnard Mohair, ’n familie-onderneming wat al byna ses dekades luukse sybokhaarprodukte in die Oos-Kaapse dorp Alicedale vervaardig. Sy vertel hoe die passie vir tekstiel van haar pa, Jan-Paul Barnard, ’n onwaarskynlike pionier in die sybokhaarbedryf, gelei…
14 Sep 23 min

Landboumark Voorslag: Episode 10 - AgriTrekker

In die tiende episode van Landboumark Voorslag hoor ons van Rheeder Brand, ʼn 21-jarige derdejaarstudent in datawetenskap aan die Universiteit Stellenbosch en een van die drie jong entrepreneurs wat AgriTrekker geskep het. Wat as ʼn eenvoudige Excel-programmetjie op ʼn plaas begin het, het ontwikkel tot ʼn digitale diesel- en plaasbestuurstelsel…
7 Sep 12 min

Landboumark Voorslag: Episode 9 - Save the Sheep

Episode 9 van Landboumark Voorslag vertel die verhaal van Save the Sheep. Wat in 2017 met ’n enkele gehekelde skapie deur Sybil Visagie begin het, het gegroei tot ’n beweging wat vroue regoor die Karoo bemagtig om inkomste te verdien, selfstandig te word en hul gemeenskappe te versterk – sonder…
31 Aug 21 min

Landboumark Voorslag: Episode 8 - The Bee Shop Bloemfontein

In Episode 8 van Landboumark Voorslag gesels ons met Kenneth Nel van The Bee Shop Bloemfontein oor sy passie vir byeboerdery, hoe covid-19 die begin van sy onderneming geword het en waarom opleiding die sleutel tot sukses is. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan…
24 Aug 13 min

Landboumark Voorslag: Episode 7 - Uit die Dop

In die sewende episode van Landboumark Voorslag ontmoet ons Lizaan Bradfield, die boervrou wat van oorskotproduksie op hul plaas ՚n onderneming opgebou het – een pekanneuttertjie op ՚n slag. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas…
17 Aug 8 min