Podlitiek

"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Weekly Afrikaans South Africa News
257 Episodes
100 – 120

Podlitiek: Bewyse, bewerings en taalbeserings

Hierdie week word die ondersoek na Eskom-hoof Andre de Ruyter se beweerde rassisme bespreek, prins Harry en sy vrou Meghan se skokonthullings kom onder die loep en laastens kom die taalwoelings in koshuise in Stellenbosch aan die beurt.
11 Mar 2021 37 min

Podlitiek: ‘n Bietjie Podlitieke-filosofie

Met die treurmare van ‘n begroting wat deur die nasionale tesourie voorgehou is, oorweeg Podlitiek waarheen die land in die langtermyn op pad is, en op pad wil wees. Daar is ook ‘n interessante punt om te maak rakende sentrale beheer.
25 Feb 2021 36 min

Podlitiek: ‘n (Mal) Jaar in oorsig

In die week se episode gee die Podlitiek-span ‘n oorsig van die jaar en die koronavirus, pres. Cyril Ramaphosa se prestasie en die Amerikaanse verkiesing kom onder meer onder die loep.
9 Dec 2020 43 min

Podlitiek: Mmusi se brief en mense wat oor rassisme lieg

In die week se episode van Podlitiek kom Mmusi Maimane se brief aan wit Suid-Afrikaners onder die loep. Die span bespreek ook die saak waar twee polisiebeamptes onlangs gevonnis is vir vals klagte van rassisme en die boemerang-tema van grond onteiening sonder vergoeding weer na vore.
30 Oct 2020 38 min

Podlitiek: Braaivleis, Bheki en die Boere

In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor onlangse uitlatings deur polisieminister Bheki Cele, die betekenis van Erfenisdag en laastens die afsterwe van die Amerikaanse regter Ruth Bader Ginsburg en wat dit beteken so kort voor die Amerikaanse verkiesing.
23 Sep 2020 28 min
100 – 120