GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
100 – 120

Power Towers Food Drive

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
23 Nov 2020 7 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR –

As daar ‘n beroep of selfs ‘n tema is wat uitgestaan het in 2020, is dit die rol van ons gesondheidswerkers. Hulle opoffering en hulle bydrae en soveel keer sonder dat ons ooit sal weet wat hulle by hulle eie huise moet hanteer. Verushka Weyers is al meer as 12…
18 Nov 2020 8 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Kersfees

Twee jarelange vriendinne en ‘n spesialis en mondchirurg se uiteenlopende wêrelde het bymekaar gekom om vandag as die Blissful Cleft Foundation vir ‘n babatjie ‘n glimlag vir Kersfees te gee! Andrea Dos Santos, Suzanne de Beer en Dr. Sharan Naidoo is die direkteure en stigters van hierdie niewinsgewende organisasie wat…
11 Nov 2020 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Baba Diandré

Baba Diandré Labuschagne is op 4 April 2020 op 37 weke gebore. Twee weke tevore het ‘n sonar ‘n gewas van 7cm aan die linkerkant van sy brein opgetel. Almal was verbaas dat hy met geboorte self kon asem haal, maar sy kans op oorlewing was 24 uur en toe…
4 Nov 2020 8 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Talitha dans op die ritme van hoop

Talitha de Klerk moes op hoërskool ‘n opstel skryf oor iets wat haar bekommer. In daardie stadium het daar reg langs haar kerk se nuwe gebou ‘n plakkerskamp gevorm. Talitha het geskryf oor haar bekommernis dat hierdie mense ‘n wanpersepsie van Jesus se liefde sou hê as die kerk nie…
28 Oct 2020 8 min

Intiem 27 Oktober

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
27 Oct 2020 12 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jakaranda Kinderhuis se huisma, Cornelia

Jakaranda Kinderhuis in Eastlynne bied sedert 1987 holistiese versorging vir kinders tussen 3 en 18 jaar oud wat deur die Kinderhof daar geplaas word. Ons gesels met Karin Berriman, die Bemarkingsbestuurder van Jakaranda Kinderhuis oor die impak van die grendeltyd en die toename in die hoeveelheid kinders en Cornelia du…
7 Oct 2020 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Anonieme tannie se kosskenking

Vir die afgelope paar maande kom stop ‘n tannie en haar dogter gereeld by ons kantoor. Stil-stil en sonder om te sê wie hulle is, laai hulle kruideniersware af. Tannie Wilna by ons ontvangs sê sy weet nie wie dit is nie. Sy kan net sien die vrou loop self…
30 Sep 2020 7 min
100 – 120