Action Society beskuldig die regering van dubbele standaarde in sy benadering tot openbare veiligheid. Hy beweer nasionale veldtogte en polisiesigbaarheid word opgeskerp vir padveiligheid in vakansies, maar geweldsmisdade soos verkragting en moord word geïgnoreer. Die organisasie se woordvoerder, Juanita du Preez, sê onlangse statistieke dui op meer as 10 000…
Die Nasionale Demokratiese Party het 'n landwye mobiliseringsveldtog van stapel gestuur voor die streek- en plaaslike verkiesings in November. Die party beplan om in al 14 streke en dorpe met munisipale status mee te ding. NDP-leier Martin Lukato sê komende aktiwiteite sluit in die vorming van 'n skadukabinet en mobilisering…
Die uitvoerende direkteur van UNAIDS, Winnie Byanyima, het 'n beroep op Afrika-lande gedoen om, ten spyte van fiskale uitdagings, bronne toe te wys om MIV/Vigs te beveg. Tydens die bekendstelling van die Wêreldwye Vigs-opdatering by die Bertha Gxowa-hospitaal het sy regerings aangemoedig om kostedoeltreffende, bereikbare programme, eerder as duur, skenkerbefondsde…
Die Oos-Kaapse regering vra mense om die Springbokke te ondersteun in môre se tweede toets teen Italië in Gqeberha. Nelson Mandelabaai se eerste toets in vier jaar sal 'n tuiskoms wees vir afrigter Rassie Erasmus en spelers soos Makazole Mapimpi, wat van Mdatsane kom. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa…
Liberiërs en talle Afrikane is warm onder die kraag na aanmerkings deur Amerikaanse president, Donald Trump, dat sy Liberiese ampsgenoot, Joseph Boakai, vreeslik mooi Engels praat.
President Cyril Ramaphosa gaan Sondagaand die nasie toespreek oor ernstige nasionale veiligheidskwessies. Dit volg nadat die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, skokkende bewerings gemaak het wat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en top polisie- en politieke leiers met dwelmkartelle en misdaadsindikate verbind. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya,…
Namibië sluit aan by die res van die vasteland om Afrika Teenkorrupsiedag vandag te vier. Dit is 'n jaarlikse herdenking herinner aan die dringende behoefte om deursigtigheid, verantwoordbaarheid en die stryd teen korrupsie regoor die kontinent te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige Ombudsman John Walters gesels.
Landbouminister Inge Zaamwani het 'n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê vir toestemming om 'n wetsontwerp in te dien wat grond-administrasie sal transformeer. Die Grondwetsontwerp sal onder andere die staat voorkeurregte gee om kommersiële grond te bekom en buitelandse besit van sulke grond verbied. Sy sê die wetsontwerp…
Namibië en Indië gaan saamwerk in gesondheid en medisynevervaardiging. Die memorandum van verstandhouding is onderteken deur gesondheidminister dr. Esperance Luvindao, en Indië se buitelandse sake-minister, dr. Subrahmanyam Jaishankar, vir samewerking op gebiede soos mediese opleiding, navorsing en gesondheidsorgdienste. Kosmos 94.1 Nuus het met die oud-gesondheidsminister en mediese dokter, Bernard Haufiku…
Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het onthul hy het in die afgelope boekjaar boetes van byna 120-miljoen Suid-Afrikaanse rand opgelê. Dit is 'n afname ná die vorige jaar en word toegeskryf aan die feit dat grootskaalse bedrogsake, soos dié van Steinhoff, afgehandel is. Die finansiële waghond het voortgesette pogings…
Duitsland se kanselier Friedrich Merz het by 'n konferensie in Rome oor ondersteuning aan Oekraïne gesê die land is bereid om Patriot-missiele van die VSA te koop en aan Kiëf te gee. Hy het lugverdediging met ander leiers en Oekraïnse president Volodymyr Zelensky bespreek, na nog 'n Russiese massa-lugaanval waarin…
Die landboudepartement het ná agt weke amptelik die verbod op Brasiliaanse meganies-ontbeende vleis en hoender opgehef. Die verbod is ingestel nadat voëlgriep op 'n plaas in Rio Grande do Sul ontdek is, wat veroorsaak het dat 95-persent van Suid-Afrika se meganies-ontbeende vleisvoorraad afgesny is. Georg Southey van Merlog Foods verwelkom…
Die woordvoerder van Unicef, James Elder sê daar is genoeg kos op die grens van Israel om ‘n miljoen mense vir vier maande te voed maar, dit staan net daar. Hy sê dit kan nie genormaliseer word nie. Hulp moet onmiddellik toegelaat word in Gaza.
Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti het bevestig dat hy 'n petisie van werklose gegradueerde onderwysers ontvang het. Meer as 15 000 word vanjaar geraak. Hulle eise sluit in massawerwing en die skrapping van onderhoude. Ballotti sê die ministerie is in gesprek met die groep en sal later vandeesmaand antwoord gee.
Reaksie word ontvang op die finansminister, Namfisa, en Regeringsinstellings Pensioenfonds wat 'n pensioengesteunde huisleningskema ingestel het, wat lede toelaat om 'n deel van hul pensioenspaargeld as kollateraal vir huislenings te gebruik. Dit dek die koop van grond, opknappings of die terugbetaling van eiendomslenings. Kosmos 94.1 Nuus het met Tucna sekretaris-generaal…
Die Bank van Namibië sê die gebrek aan 'n plaaslike goudraffinadery sal nie hul plan beïnvloed om goud by die nasionale reserwes te voeg nie. Adjunk-goewerneur Ebson Uanguta verduidelik dat Namibië se rou goud in die buiteland geraffineer sal word om aan die suiwerheidstandaard van 99,9 persent te voldoen. Goewerneur…
Onderhandelinge tussen Israel en Hamas in Katar oor 'n nuwe Gaza-wapenstilstand en die vrylating van gyselaars sukkel voort met onbelemmerde VN-hulp en die IDF se volle onttrekking wat blykbaar haakplekke is. Hamas het reeds aangebied om tien gyselaars vry te laat en president Donald Trump het ook gesê ‘n ooreenkoms…
Tydens die Stedelike Mobiliteitskonferensie in Windhoek het die Stad se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, inwoners aangespoor om hul sienings oor openbare vervoer te verander. Hy sê dat munisipale busse nie net vir die minderbevoorregtes is nie, maar alle inwoners moet dien. Hy het hul veiligheid en bekostigbaarheid beklemtoon. Die konferensie…
10 Jul 8AM
1 min
1060 – 1080
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.