Vyf mense is in 'n wolkekrabber in Manhattan doodgeskiet, insluitend 'n New Yorkse polisieman. Een persoon is gewond. Volgens die owerhede het 'n aanvaller met 'n koeëlvaste baadjie die gebou in 345 Park Avenue binnegegaan en op vier mense en die polisieman losgebrand wat in die sekuriteitsafdeling by die gebou…
In Suid-Afrika het vleispryse die grootste invloed op voedselinflasie gehad in Junie. Die inflasie net vir kos was 6,6 persent, die hoogste in meer as twee jaar. Bek-en-klouseer onder bees en voëlgriep in Brasilië, wat gelei het tot 'n verbod op hoender-invoere, het 'n groot rol gespeel. Kosmos 94.1 Nuus…
Nuwe bek-en-klouseer uitbrekings word steeds in Suid-Afrika aangemeld maar dit blyk asof die situasie begin stabiliseer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Frikkie Maré, die voorsitter van die Rooivleis Produsente-organisasie in die buurland, wat die jongste inligting deel.
Maleisiese premier Anwar Ibrahim sê Thailand en Kambodja het ingestem tot 'n onmiddellike en onvoorwaardelike wapenstilstand, in 'n poging om dodelike grensbotsings op te los. Waarnemende Thaise premier Phumtham Wechayachai en die Kambodjaanse premier Hun Manet het vir wapenstilstandgesprekke vergader in Anwar se amptelike woning in Maleisië se administratiewe hoofstad,…
Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, het oud-president Jacob Zuma beskuldig dat hy die party in 'n familie-stokvel verander het, en beweer partyfondse word vir persoonlike gewin misbruik. Shivambu beklee geen leierskapposisies nie en is van die party se parlementêre lys verwyder, al is hy steeds 'n lid…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het kommer uitgespreek oor die stygende aantal selfmoorde in Namibië, na die onlangse dood van drie onderwysers in die Ohangwena-streek. Sy het by die amptelike opening van die Eenhana-expo alle burgers, veral diegene in leiersrolle, versoek om deernis en ondersteuning vir mekaar te toon om verdere lewensverlies…
Koring-aanplantings lyk tot dusver belowend, maar volgens plaaslike produsente wag hulle nog vir kouer toestande, wat noodsaaklik is vir die gewas se ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het met Rico Bothma, ‘n produsent by die Hardapskema, gepraat.
Die Pensioenfonds vir Regeringsinstellings het begin om biometriese verifikasie-handtoestelle aan streekskiesafdelingkantore landwyd te versprei. Dit sal toegang tot lewensbewysverifikasie vir pensioenarisse vergemaklik, wat nie meer lang afstande hoef te reis nie. Die fonds se uitvoerende hoof, Martin Inkumbi, sê die toestelle verseker tydige en akkurate pensioenbetalings terwyl dit die fonds…
ActionSA sê Suid-Afrika se bemagtigingsagenda moet aanhou fokus op die behoeftes van Suid-Afrikaners en nie buitelandse burgers bevoordeel nie. Die party sê die Polokwane plaaslike munisipaliteit in Limpopo het die afgelope twee boekjare tenders ter waarde van ongeveer 200-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan buitelandse ondernemings toegeken. Tshepo Magoma van ActionSA sê…
Amerikaanse president Donald Trump sê daar is ware hongersnood in Gaza, nadat die Israelse premier Benjamin Netanyahu gesê het dit bestaan nie. Trump het tydens 'n ontmoeting met Britse eerste minister Keir Starmer by Trump se Turnberry gholf-oord in Skotland gesê Israel moet elke ons beskikbare voedsel in Gaza toelaat,…
Die presidensie sê daar is goeie vordering gemaak in die stryd teen staatskaping, met byna die helfte van die 60 beplande stappe wat nou voltooi en elf-miljard-rand se gesteelde geld wat verhaal is. Die voormalige hoofregter, Raymond Zondo, het egter gewaarsku die vervolgings neem te lank en openbare vertroue verkeer…
Veertien mense is die afgelope 24 uur in Gaza aan wanvoeding dood, sê die Hamas-beheerde gesondheidministerie. Dit kom terwyl Israel militêre optrede in dele van die strook vir 10 uur per dag ophef om hulp deur te laat. Israel laat ook toe dat hulp deur vliegtuie laat val word, maar…
Namibië se ministerie van binnelandse sake sê slegs sommige reisigers hoef aankomsvorms by toegangshawens te voltooi. Namibiese burgers, inwoners, permanente inwoners en diegene met opgedateerde e-visums wat ook as aankomsvorms dien, is vrygestel. Reisigers met ouer e-visums moet steeds die vorm voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se…
TotalEnergies is in gesprek met die Mosambiekse regering om gunstige omstandighede te skep om werk aan sy lang vertraagde LNG-projek in die noorde van die land te hervat. TotalEnergies sê soortgelyke gesprekke met die Namibiese regering sal moet plaasvind alvorens hy volgende jaar ‘n finale beleggingsbesluit oor die Venus-olieveld in…
Die Internasionale Telekommunikasie-unie het sy inligtingstegnologie-ontwikkelingsindeks vrygestel. Dit meet globale digitale konnektiwiteit. Namibië het beduidende verbetering getoon, verskeie SAOG-eweknieë oortref en net agter streekleiers soos Suid-Afrika, Botswana en Mauritius geëindig. Die plaaslike kommunikasie owerheid, Cran se uitvoerende hoof van kommunikasie Mufaro Nesongano het meer.
Cosatu het Satawu geprys omdat hy 'n loonverhoging van 5,5-persent, wat 'n geen-afleggingsklousule insluit, met die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika verseker het. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, het egter Prasa se beplande tariefverhogings van tot 58-persent gekritiseer. Sy is ook bekommerd oor die Valke se klopjag by Prasa se hoofkwartier wat…
Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir menseregte, Volker Türk, het regerings gevra om hul invloed te gebruik en druk op Israel te plaas om die oorlog in Gaza te beëindig. Israel het Sondag tien ure lank ʼn taktiese onderbreking van militêre optrede in drie gebiede in Gaza ingestel te midde…
Tydens sy streeksrede vandag het die goewerneur van Kunene, Vipuakuje Muharukua, beklemtoon dat malaria steeds kommerwekkend voorkom in die streek. Hoewel geen malariaverwante sterftes aangeteken is nie, is nege cholera-gevalle aangemeld, insluitend een sterfte. Hy sê die uitbreking is wel onder beheer.
Die regering het ʼn bykomende waarborg van 94,8 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Transnet toegeken wat bestaan uit 48,6-miljard-rand om oor die volgende vyf jaar skuld te delg, en 46,2-miljard-rand om die instelling teen verdere negatiewe kredietgraderings te beskerm. S&P Global het Transnet se kredietgradering afwaarts aangepas weens ʼn jaarlikse kontantgebruik…
Die binnelandse sake-ministerie het 'n vyfjaar strategiese plan geloods om nasionale veiligheid, immigrasiedienste en interne sekuriteit te verbeter. Die plan fokus op die modernisering van grens- en visumstelsels, die verbetering van immigrasie, padveiligheid, misdaadvoorkoming, rehabilitasie van oortreders en die vermindering van staatloosheid. Minister Lucia Iipumbu het die behoefte aan digitale…
28 Jul 6AM
1 min
600 – 620
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.