Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
580 – 600

Parlemente moet vroueregte bevorder, sê speaker

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het 'n beroep gedoen op wêreldwye sterker parlementêre toesig in die bevordering van die agenda vir vroue, vrede en veiligheid. Sy het by die 15de spitsberaad van vroue-speakers in Genève gepraat en sê daar was vordering, maar ook voortdurende uitdagings. Dit sluit…
29 Jul 8AM 1 min

Tiffany Meek borgtog geweier in moordsaak van seun

Die landdroshof in Roodepoort, Gauteng, het borgtog geweier aan Tiffany Meek, wat aangekla word van die moord op haar 11-jarige-seun, Jayden-Lee. Landdros Anneline Africa het verwys na sterk omstandigheidsgetuienis, oneerlike optrede en 'n vlugrisiko. Die hof het kennis geneem dat Meek Jayden-Lee as vermis aangegee het terwyl sy geweet het…
29 Jul 8AM 1 min

Ngurare beklemtoon dienslewering

Eerste minister Elijah Ngurare het 'n beroep op staatsamptenare in die Zambezi-streek gedoen om 'n nuwe golf van transformasie in dienslewering in Namibië te dryf. Ngurare het tydens die Masubia Kultuurfees, wat by Bukalo gehou is, beklemtoon dat alle Namibiërs, insluitend diegene met gestremdhede, moet baat by regeringsdienste, en dat…
29 Jul 6AM 1 min

Politieke wrywing onder veterane in SA

Die ANC-gebonde Umkhonto we Sizwe Bevrydingsoorlog-veterane het die Suid-Afrikaanse Nasionale Militêre Veterane-vereniging van politieke sabotasie beskuldig. Die veterane sê die vereniging weier om hom as die amptelike plaasvervanger van die ontbinde Umkhonto we Sizwe-militêre-veterane-vereniging te erken. Die Nasionale Kommissaris, Bobo Pemba, het op 'n nuuskonferensie gewaarsku daar sal oor twee…
29 Jul 6AM 1 min

Herhaalde stropery: Wettige handel in renosterhoring is een antwoord

Reaksie word ontvang op die nuus dat herhaalde arrestasies in renosterverwante misdade soms meer as 50 persent van die totale arrestasies uitmaak met sommige verdagtes wat tot agt keer oor die afgelope tien jaar in hegtenis geneem is. Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security, sê tot handel nie gewettig…
29 Jul 6AM 1 min

Finansiële druk en gesondheid onder die loep

Die jongste peilings toon dat 52 persent van die land se werksmag ervaar finansiële druk wat op sy beurt gesondheid en toekomstige stabiliteit kan raak. Belangrike oorsake sluit in stygende lewenskoste, stagnante salarisse en die ondersteuning van beide kinders en ouers. Mignon du Preez, die hoof van openbare sake en…
29 Jul 6AM 1 min

Groot vonds van onwettige wapens

Onwettige wapens bly ‘n uitdaging. Die Suid-Afrikaanse polisie se teenontvoering-taakspan glo hulle het ʼn sindikaat blootgelê wat betrokke is by die smokkel van ongelisensieerde vuurwapens. Twee verdagtes wat in Johannesburg, vasgetrek is, is na bewering betrokke by die vervoer van ongelisensieerde vuurwapens reg oor die land. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda…
29 Jul 6AM 1 min

Erongo-goewerneur vra vir digitalisering

Die goewerneur van Erongo, Natalia Goagoses, het wetgewers aangespoor om te verseker dat wetgewing in die digitale era ontwikkeling moontlik maak eerder as om dit te belemmer. Sy het tydens die werkswinkel van die parlement se komitee vir inligting en kommunikasie tegnologie die noodsaaklikheid beklemtoon om burokrasie te verminder, desentralisasie…
29 Jul 5AM 1 min

Bibi sê hy sal aanhou tot hy sy doelwitte in Gaza bereik

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu hou vol daar is geen hongersnood in Gaza nie. Altesaam 47 mense het volgens berigte sedert die begin van die konflik in Gaza aan wanvoeding gesterf. Meer as duisend mense is sedert Mei dood in desperate pogings om kos vir hul gesinne te bekom. Die…
29 Jul 5AM 1 min

Daurês se groenwaterstofprogram bied opleiding aan 250 jongmense

Die Daurês Groenwaterstof-dorp het saam met Unido 'n tweejaar-opleidingsprogram vir meer as 250 jong Namibiërs van stapel gestuur, met die fokus op gemarginaliseerde gemeenskappe. Die eerste 10 deelnemers het reeds begin met opleiding in landbou, groen innovasie en entrepreneurskap. Elkeen sal saailinge, kunsmis en sakeondersteuning ontvang, met die dorp wat…
29 Jul 3AM 1 min

Trump verkort Putin-sperdatum na 10 to 12 dae

Donald Trump het 'n nuwe, korter sperdatum van tien of 12 dae vanaf Maandag aan Rusland gestel om in te stem tot 'n wapenstilstand in die oorlog in Oekraïne. Die Amerikaanse president sê daar is geen rede om langer te wag nie, aangesien daar geen vordering tot vrede gemaak is…
29 Jul 3AM 1 min

Polisie ondersoek skok selfmoord by Crown Security

Die Namibiese polisie sê sy ondersoek na Maandagmiddag se skokkende selfmoord duur voort. Die 59-jarige Carlos Miljo, projekbestuurder by Crown Securities het homself op die maatskappy se perseel omstreeks half vyf, met ‘n haelgeweer geskiet. Nampol-woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi…
29 Jul 3AM 1 min

Madlanga-ondersoek sal oop wees vir publiek

Regter Mbuyiseli Madlanga het bevestig dat die publiek toegang sal hê tot die Madlanga Kommissie van Ondersoek se verhoor na die bewerings deur die KwaZulu-Natal polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, oor politieke inmenging. Die verrigtinge sal ook regstreeks gestroom word, tensy anders bepaal. Madlanga is ook bewus van die hangende litigasie by…
29 Jul 3AM 1 min

Massaskietery in Park Avenue, New York

Vyf mense is in 'n wolkekrabber in Manhattan doodgeskiet, insluitend 'n New Yorkse polisieman. Een persoon is gewond. Volgens die owerhede het 'n aanvaller met 'n koeëlvaste baadjie die gebou in 345 Park Avenue binnegegaan en op vier mense en die polisieman losgebrand wat in die sekuriteitsafdeling by die gebou…
29 Jul 2AM 1 min

Kenner sê oor voedselpryse, BKS en voëlgriep

In Suid-Afrika het vleispryse die grootste invloed op voedselinflasie gehad in Junie. Die inflasie net vir kos was 6,6 persent, die hoogste in meer as twee jaar. Bek-en-klouseer onder bees en voëlgriep in Brasilië, wat gelei het tot 'n verbod op hoender-invoere, het 'n groot rol gespeel. Kosmos 94.1 Nuus…
29 Jul 2AM 1 min

BKS: RPO sê situasie begin stabiliseer

Nuwe bek-en-klouseer uitbrekings word steeds in Suid-Afrika aangemeld maar dit blyk asof die situasie begin stabiliseer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Frikkie Maré, die voorsitter van die Rooivleis Produsente-organisasie in die buurland, wat die jongste inligting deel.
29 Jul 2AM 1 min

Skietstilstand tussen Thailand en Kambodja bereik

Maleisiese premier Anwar Ibrahim sê Thailand en Kambodja het ingestem tot 'n onmiddellike en onvoorwaardelike wapenstilstand, in 'n poging om dodelike grensbotsings op te los. Waarnemende Thaise premier Phumtham Wechayachai en die Kambodjaanse premier Hun Manet het vir wapenstilstandgesprekke vergader in Anwar se amptelike woning in Maleisië se administratiewe hoofstad,…
29 Jul 1AM 1 min

Zuma het MK in familie-stokvel omskep

Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, het oud-president Jacob Zuma beskuldig dat hy die party in 'n familie-stokvel verander het, en beweer partyfondse word vir persoonlike gewin misbruik. Shivambu beklee geen leierskapposisies nie en is van die party se parlementêre lys verwyder, al is hy steeds 'n lid…
29 Jul 1AM 1 min

NNN het ‘slapelose nagte’ oor selfmoord

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het kommer uitgespreek oor die stygende aantal selfmoorde in Namibië, na die onlangse dood van drie onderwysers in die Ohangwena-streek. Sy het by die amptelike opening van die Eenhana-expo alle burgers, veral diegene in leiersrolle, versoek om deernis en ondersteuning vir mekaar te toon om verdere lewensverlies…
29 Jul 1AM 1 min

Hardap-boere wag vir koue vir die koring

Koring-aanplantings lyk tot dusver belowend, maar volgens plaaslike produsente wag hulle nog vir kouer toestande, wat noodsaaklik is vir die gewas se ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het met Rico Bothma, ‘n produsent by die Hardapskema, gepraat.
29 Jul 12AM 1 min
580 – 600