Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
560 – 580

DA verwelkom stappe by SABS

The DA het die voorsorgskorsing van die hoofbedryfsbeampte en hoof van Korporatiewe Dienste van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde verwelkom. Toby Chance van die DA sê die skorsing van Lungelo Ntobongwana en Lizo Makele kom slegs dae voor die voorlegging van die verslag wat deur die minister van Handel, Nywerheid…
30 Jul 1AM 1 min

IPPR reageer op Pouyanne se 'kwessies'

Reaksie word ontvang op die uitvoerende hoof van TotalEnergies, Patrick Pouyanne, wat sê dat "kwessies" met die regering uitgestryk moet word voordat hy met die Venus-olieprojek begin. Pouyanne sê die maatskappy en die regering moet belyn om geskille te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur…
30 Jul 12AM 1 min

Taxibestuurders eis verhoging in tarief

Taxibestuurders vra weer vir 'n tariefverhoging van 13 Namibiese dollar tot 15 dollar, weens stygende brandstof- en onderhoudskoste. Hulle vra vervoerminister Veikko Nekundi om op te tree. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se woordvoerder Julius Ngweda gepraat.
30 Jul 12AM 1 min

Twee nuwe Namcor-verdagtes kom vandag voor

Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat twee verdagtes in die voortgesette Namcor-korrupsiesaak vandag in die hof sal verskyn. Die woordvoerder, Josephine Nghituwamata, het ook aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle hard op soek is na Victor Malima wat ook met die saak verbind is maar, uit die land gevlug het.
29 Jul 11PM 1 min

Tiffany Meek bly agter tralies tot saak in September hervat

Die saak teen die Gautengse vrou Tiffany Meek, wat beskuldig word van moord op haar 11-jarige-seun, Jaden-Lee, is tot 17 September uitgestel. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane, het buite die Landdroshof in Roodepoort gesê hulle verwelkom die besluit om Meek borgtog te weier. Sy word ook aangekla…
29 Jul 11PM 1 min

DA bekommerd oor besmettings van pasiënte in hospitale

Die DA in Gauteng is bekommerd omdat 7 743 pasiënte verlede jaar hospitaalverworwe besmettings opgedoen het, insluitend talle antibiotika-weerstandige toestande wat moeilik behandelbaar en lewensgevaarlik kan wees. Dié toestand ontwikkel tydens 'n pasiënt se verblyf in 'n hospitaal. Jack Bloom van die DA sê die Gautengse Gesondheidsdepartement skryf die situasie…
29 Jul 11AM 1 min

Trump open sy nuwe luukse gholfbaan in Skotland

Amerikaanse president Donald Trump het sy familie se nuutste luukse gholfbaan in Aberdeenshire, Skotland amptelik geopen. Dit kom na hy die week samesprekings met Britse eerste minister Keir Starmer gehou het by een van sy ander gholf-oorde in Skotland. Dit is die laaste dag van sy vyf-dag lange besoek en…
29 Jul 11AM 1 min

LP's gaan leer om nuwe voedsel-projekte te implementeer

'n Nuwe vennootskap tussen die VN se Voedsel- en Landbouorganisasie en die SAOG se parlementêre forum sal LP’s toerus met die nodige tegniese vaardighede en inligting wat hulle nodig het om gewaagde streeksbeloftes in werklike, ter plaatse projekte regoor Suider-Afrika te omskep. Die LPM-parlementslid Utaara Mootu, ook ‘n lid van…
29 Jul 10AM 1 min

Nuus van Meksikaanse dwelmkartel, ISIS-selle om Namibië maak opslae

Die oud-weermaghoof, generaal Martin Shalli sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is kommerwekkend dat Namibië en Angola uitgesonder is in die Africom-verslag. Dit kom na die adjunkbevelvoerder van die Amerikaanse Afrika-bevel of Africom, luitenant-generaal John Brennan, sê daar is ISIS-selle groepe wat aan die periferie van beide Namibië en Angola…
29 Jul 10AM 1 min

Amoomo op pensioendiewe se spoor

Regsman Kadhila Amoomo sê hy sal nie die saak van pensioenarisse wat ingeloop is by NamPost laat vaar voor hy nie ‘n gunstige uitkoms kry nie. NamPost het intussen gesê hy het ‘n dringende ondersoek gelas en kyk ook na die moontlike byvoeging van onwettige begunstigdes, saam met onreëlmatige aftrekkings…
29 Jul 10AM 1 min

Twee state is al wat sal help in Gaza: VN-hoof

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die Israels-Palestynse konflik het breekpunt bereik en is op pad na ʼn eenstaat-werklikheid gekenmerk deur besetting en ongelykheid. Hy het gepraat op die hoëvlak-konferensie oor die vreedsame skikking van die Palestynse vraagstuk en die instelling van ʼn tweestaat-oplossing. Guterres sê ʼn regverdige…
29 Jul 9AM 1 min

Banyana-afrigter trots op span se poging

Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle het geweet hul poging om hul Afrikabeker-vrouetoernooi-titel te verdedig, sou moeilik wees. Die span het gisteraand in Suid-Afrika aangekom. Hulle het vierde gekom in Marokko nadat hulle met drie strafdoele teen vier teen Ghana verloor het in die wedstryd om die…
29 Jul 9AM 1 min

Parlemente moet vroueregte bevorder, sê speaker

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het 'n beroep gedoen op wêreldwye sterker parlementêre toesig in die bevordering van die agenda vir vroue, vrede en veiligheid. Sy het by die 15de spitsberaad van vroue-speakers in Genève gepraat en sê daar was vordering, maar ook voortdurende uitdagings. Dit sluit…
29 Jul 8AM 1 min

Tiffany Meek borgtog geweier in moordsaak van seun

Die landdroshof in Roodepoort, Gauteng, het borgtog geweier aan Tiffany Meek, wat aangekla word van die moord op haar 11-jarige-seun, Jayden-Lee. Landdros Anneline Africa het verwys na sterk omstandigheidsgetuienis, oneerlike optrede en 'n vlugrisiko. Die hof het kennis geneem dat Meek Jayden-Lee as vermis aangegee het terwyl sy geweet het…
29 Jul 8AM 1 min

Ngurare beklemtoon dienslewering

Eerste minister Elijah Ngurare het 'n beroep op staatsamptenare in die Zambezi-streek gedoen om 'n nuwe golf van transformasie in dienslewering in Namibië te dryf. Ngurare het tydens die Masubia Kultuurfees, wat by Bukalo gehou is, beklemtoon dat alle Namibiërs, insluitend diegene met gestremdhede, moet baat by regeringsdienste, en dat…
29 Jul 6AM 1 min

Politieke wrywing onder veterane in SA

Die ANC-gebonde Umkhonto we Sizwe Bevrydingsoorlog-veterane het die Suid-Afrikaanse Nasionale Militêre Veterane-vereniging van politieke sabotasie beskuldig. Die veterane sê die vereniging weier om hom as die amptelike plaasvervanger van die ontbinde Umkhonto we Sizwe-militêre-veterane-vereniging te erken. Die Nasionale Kommissaris, Bobo Pemba, het op 'n nuuskonferensie gewaarsku daar sal oor twee…
29 Jul 6AM 1 min

Herhaalde stropery: Wettige handel in renosterhoring is een antwoord

Reaksie word ontvang op die nuus dat herhaalde arrestasies in renosterverwante misdade soms meer as 50 persent van die totale arrestasies uitmaak met sommige verdagtes wat tot agt keer oor die afgelope tien jaar in hegtenis geneem is. Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security, sê tot handel nie gewettig…
29 Jul 6AM 1 min

Finansiële druk en gesondheid onder die loep

Die jongste peilings toon dat 52 persent van die land se werksmag ervaar finansiële druk wat op sy beurt gesondheid en toekomstige stabiliteit kan raak. Belangrike oorsake sluit in stygende lewenskoste, stagnante salarisse en die ondersteuning van beide kinders en ouers. Mignon du Preez, die hoof van openbare sake en…
29 Jul 6AM 1 min
560 – 580