President Donald Trump sê Amerika het ʼn handelsooreenkoms met Japan bereik en beskryf dit as die grootste ooit. ʼn Tarief van 15-persent sal op Japannese invoere gehef word, wat beter is as die 25-persent wat die president van 1 Augustus af wou instel.
Die herrie het losgebars met die aankoms van die Ondonga koningin-gemaal Adelheid Nangolo, wat ook die beskermheer is van die Mej. Namibië skoonheidskompetisie, en die uitvoerende hoof daarvan, Umbi Karuaihe-Upi, by die kroningsaand op Ongwediva, in ‘n weermag-helikopter. Die verdedigingsministerie sê daar is niks vreemds daaraan nie en sê die…
Die hoë teikens, beperkte tydraamwerk en onvermoë om werklik suksesse in die verlede te bereik met vorige ontwikkelingsplanne, wek kommer oor ND6, veral met werkskepping in vervaardiging wat teen 2030, 70 000 moet bereik. Cirrus-ekonoom Robert McGregor het met Kosmos 94.1 Nuus oor die uitdaging gesels.
Namibië benodig groter hervormings in kapitaalmobilisering en doeltreffende regeringsbesteding om die land se makro-ekonomiese stabiliteit te verseker. Die Afrika Ontwikkelingsbank het vandeesweek sy fokusverslag oor Namibië vrygestel en sê hoewel daar tekens van verbetering is, staar die land steeds hoë fiskale risiko’s en strukturele ondoeltreffendhede in die gesig. Kosmos 94.1…
Stad Windhoek sedert 2020 ‘n agterstand van bykans 2,7 miljard Namibiese dollar in die instandhouding van paaie opgebou weens voortdurende onderbefondsing. Daar word beaam dat die stad rondom 384 miljoen dollar jaarliks benodig om sy padnetwerk in stand te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Stad,…
Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, het ʼn 2-1-nederlaag teen Nigerië gely by die Afrikabeker-vrouetoernooi in Marokko. Rasheedat Ajibade het in die eerste helfte die Super Falcons met ʼn strafskop ʼn voorsprong gegee. Linda Motlhalo van Suid-Afrika het die telling in die tweede helfte gelykop gemaak, maar Michelle Alozie het in…
Die DA eis dat die hoofsweep van die Stad Johannesburg, Sithembiso Zungu, onmiddellik bedank hangende 'n interne ondersoek na bewerings dat hy bande met die stad se konstruksiemafia het. Die party sê Zungu word betrek by die oponthoud met 'n opknappingsprojek van 135 miljoen Suid-Afrikaanse rand by 'n skool. Hy…
Ten minste 15 Palestyne, insluitend vier kinders, het in 'n enkele dag in die beleërde Gazastrook van honger omgekom wat die totale aantal sterftes weens wanvoeding sedert Israel se oorlog begin het op 101 te staan bring. Intussen word gemiddeld 119 daagliks by voedselverspreidingspunte doodgeskiet. Die VN se sekretaris-generaal Antonio…
Die MK-party sê die afdanking van die voormalige minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, was 'n strategiese skuif deur president Cyril Ramaphosa om die ondersteuning van die DA te kry voor vandag se stemming oor die Begrotingswetsontwerp. Die party voer aan Nkabane was net 'n offer, terwyl die…
Tydens sy streeksrede het die Karas-goewerneur Dawid Gertze, melding gemaak van Namdeb se nuwe kunssentrum in Oranjemund. Volgens Gertze sal die sentrum bydra tot die streek se groeiende toerismebedryf.
Die Parlement sal vandag oor die Begrotingswetsontwerp stem, wat 'n belangrike stap is in die afhandeling van die nasionale begroting. Dit volg op talle debatte oor departementele besteding die afgelope klompie weke. Die wetsontwerp bepaal hoe openbare fondse aan verskeie regeringsdepartemente toegewys sal word. Die woordvoerder van die Parlement, Moloto…
Die Kantoor van die Ombudsman is amptelik in die Kavango-Oos-streek gevestig. Hierdie inisiatief vervul die kantoor se mandaat om die welstand van Namibiese burgers te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met Ombudsman Basilius Dyakugha gepraat.
Die vakbond Solidariteit sê FlySafair-vlieëniers vra voor vandag se mediasiegesprekke, vir beter werksomstandighede en meer tyd met hulle gesinne. Die dispuut is nou voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie en probeer om die voortgesette uitsluiting op te los. Voorstelle sluit in gewaarborgde afnaweke, skofruil-moontlikhede , en vergoeding wanneer…
Die verdedigende kampioen in die Europese Vroue-kampioenskap, Engeland, het na die eindstryd deurgedring toe hulle Italië in Switserland met 2-1 geklop het. Italië het lank voorgeloop ná 'n doel deur Barbara Bonansea, maar 'n laat doel deur Michelle Agyemang het hulle ná ekstra tyd gelyk-op geplaas. Die plaasvervanger Chloe Kelly…
Owerhede het in 2024 beslag gelê op 50 ietermagôs, beide lewende diere en velle, saam met 312 skubbe wat vermoedelik van ten minste een ander ietermagô afkomstig is. Hierdie beduidende inhegtenisneming beklemtoon die voortdurende bedreiging vir een van die wêreld se mees gesmokkelde soogdiere, aangesien stropers steeds ietermagôs teiken vir…
Die politieke ontleder dr Henning Melber het gereageer op NDP6. Hy sê foutiewe assesserings en beloftes is gemaak en die wat die plan opgestel het moet berispe word vir skadelike beeld van die staatshoof wat geskep is. Hy sê die president vier ’n inklusiewe ontwikkelingsagenda om die middelinkomste lokval vry…
Die saak van die sogenaamde ontvoering van die 16-jarige Zené Grobbelaar is gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunkkommmissaris Kauna Shikwambi, NamPol-woordvoerder gepraat.
Die kommunikasie owerheid, Cran, versterk sy pogings om veilige e-afvalverwydering in Namibië te bevorder. Die owerheid sê hy werk saam met die omgewingsministerie en Stad Windhoek in die verband. Jairus Kapenda, kommunikasiebestuurder by Cran het meer.
22 Jul 11PM
1 min
740 – 760
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.