100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,797 Episodes
1040 – 1060

Pelgrimsrus aangewys as die Dorp van die Jaar-finalis vir Mpumalanga

Pelgrimsrus is aangewys as die Mpumalanga-finalis in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie. Leona Oosthuizen sê dit beteken baie vir hierdie toeristedorp, die enigste lewende museum in die land. Boonop word die dorp volgende jaar 150 jaar oud, en word die Internasionale Goudpan-kampioenskappe hier aangebied. Sodra die finalis is elke…
27 Jun 2022 7AM 1 min

Winterklasse skop af vir matrikulante in Mpumalanga

Winterklasse skop vandag af vir sowat 25-duisend graad 12-leerlinge in Mpumalanga. Die onderwysdepartement bied die klasse in 135 sentrums aan vir leerlinge aan skole wat ‘n matriekslaagsyfer van minder as 70-persent behaal het in 2021. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, is onderwysers met uitstekende rekords gekies om…
27 Jun 2022 6AM 1 min

Pumas wyd geloof vir Curriebeker-sege

Intussen stroom gelukwensings in vir die span. Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, beskryf dit as ‘n oorwinning vir inwoners van die provinsie en rugby. Volgens die VF Plus dien dit as ‘n bewys dat die krag van sport nooit onderskat kan word nie.
27 Jun 2022 5AM 1 min

Opgehoopte rekeninge in Mpumalanga stem die DA tot kommer

Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat provinsiale regeringsdepartemente meer as 800-miljoen-Rand in opgehoopte rekeninge van die vorige boekjaar oorgedra het. Volgens Bosman Grobler sal dit hul vermoë belemmer om in die huidige boekjaar, wat in April afgeskop het, dienste te lewer. Die departemente van onderwys en gesondheid skuld die…
24 Jun 2022 6AM 1 min

Airlink Pumas hoop om die Curriebeker huis toe te bring

Die Pumas-span is vanoggend luidrugtig deur ondersteuners afgesien by Mbombela-stadion onderweg na Kimberley waar hulle môre teen die Griekwas speel in hul eerste Curriebeker-einstryd ooit. Afrigter, MJ Mentz, sê hoop om die beker huis toe te bring.
24 Jun 2022 6AM 1 min

Man kry twee keer lewenslank vir Mjejane-verkragting en moord

Die 40-jarige Hendrick Nicholas Janse van Rensburg is gister twee lewenslange vonnisse opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Jy het in Oktober 2019 die 20-jarige Andiswa Zitha met ‘n houtlepel verkrag en by Mjejane naby Komatipoort agtergelaat. Sy is die volgende dag in Tonga-hospitaal aan haar beserings dood. Janse van…
22 Jun 2022 6AM 1 min

DA maak alarm oor minder koshulp vir Mpumalanga se behoeftiges

Die DA in Mpumalanga het 'n skrywe gerig aan die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Ntshalintshali, om te vra dat haar departement ophou om aan al hoe minder inwoners van die provinsie voedselhulp voorsien. Jane Sithole soveel mense is werkloos, en met stygende pryse, het meer mense eerder hulp nodig…
21 Jun 2022 6AM 1 min

DA vra vir vaardigheids-oudit

Die DA se Jane Sithole het vanoggend 'n beroep gedoen op 'n vaardigheids-oudit in plaaslike munisipaliteite in Mpumalanga. Sy het gepraat tydens die sitting in die wetgewer waartydens die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, haar begroting vir die huidige finansiële jaar ter tafel gelê het.
14 Jun 2022 9AM 1 min

Drie jaar tot breë breëband-internet toegang

Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend haar begroting aan die wetgewer voorgelê. "SA Connect" teiken toegang tot breëband-internet vir 80% van alle gemeenskappe binne die volgende drie jaar.
14 Jun 2022 9AM 1 min

Nog R60m geoormerk vir Jeug Ontwikkelingsfonds

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend haar begroting vir die huidige boekjaar aan die wetgewer in Mbombela voorgelê vir goedkeuring. Die Jeug Ontwikkelingsfonds is reeds op die been gebring om werkloosheid onder die jeug in die provinsie teen te werk, deur geld te bewillig vir hul ondernemings. 'n…
14 Jun 2022 9AM 1 min

Binnelandse-sake amptenaar deur Valke gesoek oor paspoorte

Die Valke in Mpumalanga is op soek na Kagiso Ronny Maboa (38), ‘n amptenaar van Binnelandse sake in Mpumalanga. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi het hy na bewering vir ‘n man van Pakistan gewerk om aan buitelanders Suid-Afrikaanse paspoorte uit te reik. Hy word verdink van bedrog, korrupsie en oortreding van…
14 Jun 2022 6AM 1 min

Onthou jou bydrae hierdie Internasionale Bloedskenkersdag

Vandag is Internasionale Bloedskenkersdag om bloedskenkers te vier en voornemende en huidige skenkers te nooi om bloed te skenk – en sodoende tallose lewens te help red. Om te begin, moet jy ten minste 50 kg weeg en 16 jaar oud wees. Lebo Matsimbi van die Laeveld-tak van die Suid-Afrikaanse…
14 Jun 2022 5AM 1 min

Bepalende Curriebeker-aksie vandag 

Drie spanne spook dit vandag uit vir die laaste twee plekke in die top vier van die Curriebeker punteleer. Die Bulle en Cheetahs sal Saterdag bepaal wie eindig in eerste en tweede plek. 'n Wen vanaand op Mbombela-stadion sal genoeg wees vir die Griekwas om derde te eindig op die…
10 Jun 2022 6AM 1 min

Vermeende reeksmoordenaar verskyn in Piet Retief

‘n 21-jarige man wat aan verskeie gevalle van moor den verkragting gekoppel word, verskyn na verwagting vandag in die hof in Piet Retief. Nhlanhla Shabangu sal vir borgtog aansoek doen. Hy is vroeg verlede maand in Dirkiesdorp aangekeer, na ‘n vrou se liggaam in die area gevind is. Volgens die…
9 Jun 2022 6AM 1 min

Pumas vs. Griekwas: Hier is die wedstrydplan

Die Pienktruie moet Vrydag teen die Griekwas wen om deur te dring na die Curriebeker halfeindronde. Hulpafrigter, Riaan Lamely, verklap hoe hulle beplan om die besoekers die loef af te steek.
8 Jun 2022 6AM 1 min

Koop jou Pumas-kaartjies vroegtydig

Die Pumas benodig vyf punte in hul Curriebeker-wedstryd Vrydag teen die Griekwas om hulself van ‘n plek in die halfeindronde te verseker. Plaaslike ondersteuners daag mekaar daarom uit om die hele week Pumas klere by die werk te dra en onderling mekaar uit te daag om die wedstryd te ondersteun…
8 Jun 2022 6AM 1 min

Mpumalanga man aangekeer na dubbele moord

‘n 32-jarige man is gister in Balfour aangekeer na ‘n 24-jarige vrou en haar twee-jarige dogter dood aangetref is in hul huis Maandag in Siyathemba informele nedersetting, Balfour. Brigadier Selvy Mohlala sê daar is intussen bepaal die vrou is verwurg. Haar vyf-maande oue baba is deur sy pa van die…
8 Jun 2022 5AM 1 min

Griekwas die laaste hekkie voor 'n historiese halfeindronde vir die Pumas

Die Pumas kom Vrydag in ‘n bepalende wedstryd te staan teen die Griekwas op Mbombela-stadion. Hulle het Vrydag ‘n naelskraapse 29-28 oorwinnig oor die Cheetahs behaal wat hulle steeds ‘n kans bied om die halfeindronde te haal. Die Griekwas het die Westelike Provinsie ook net-net met 43-41 in Stellenbosch geklop…
6 Jun 2022 5AM 1 min

DA bekommerd oor werksverliese in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga is bekommerd oor die 51-duisend werksverliese wat in die provinsie aangeteken is in die eerste kwartaal van die finansiële jaar. Die meeste werksgeleenthede het verlore gegaan in die finansiële sektor, handel en landbou. Bosman Grobler sê terwyl daar elders in die land werk geskep is in…
2 Jun 2022 7AM 1 min
1040 – 1060