TRAC het spesiale nuwe bane by die Nkomazi-tolhek aangebring wat motoriste toelaat om vinniger met hul elektroniese skyfies deur die tolplaza te beweeg. Volgens TRAC se kommunikasiebestuurder, Solange Soares, kan motoriste 'n maksimum van 40-kilometer per uur ry om hul skyfies te aktiveer en hul tolgeld sodoende te betaal. Dit…
Die adjunk-direkteur van Rampbestuur in die Mpumalanga Departement van Samewerkende Regering is Maandag aangekeer vir borgtog en oortreding van die Wet op openbare finansiële bestuur. Raymond Manzini word beskuldig dat hy onregmatig ‘n kontrak vir Beskermende Kleredrag toegestaan het aan Zalabantu Estate Trust, die maatskappy van sy vriend, Moses Ndlovu…
Die provinsiale regering het vandag sy tweedaagse Energie Beraad in Emalahleni afgeskop. Dit het ten doel om Mpumalanga te posisioneer as ‘n fokus vir groen ekonomiese aktiwiteite. Dit soek ook maniere om individue se werksgeleenthede en gemeenskappe se ekonomië te beskerm terwyl daar wegbeweeg word van steenkool. Die steenkool bedryf…
‘n Tradisionele geneser en sy seun het vandag in die Kabokweni-hof verskyn in verband met die moord op die sesjarige Bontle Mashiyane. Haar lyk is Saterdag ontdek, drie weke na sy op 30 April verdwyn het. Samuel Tsela en Philasande Tsela is aangekla van ontvoering, verkragting en moord. Volgens Brigadier…
Drie mense het vandag in die Kabokweni-hof verskyn vir die moord op die sesjarige Bontle Mashiyane buite Witrivier. ‘n Buurvrou van die slagoffer (Ntombi Mgwenya), haar moord-veroordeelde kêrel (Collen Hlongwane) en die 25-jarige Thapelo Ngomane word aangekla van ontvoering, mensehandel, verkragting en moord. Hulle wou nie vir borg aansoek doen…
Twee sekuriteitswagte wat by klinieke in Mpumalanga werk, is die week gearresteer vir oortreding van die wet op Medikasie. Khethiwe Moloi en Dumisani Mahlasela is beide gister borgtog van 3-duisend-Rand toegestaan in die Evander-hof. Dit volg na die Valke 'n wenk ontvang het oor ‘n wag wat medikasie verkoop. By…
KANSA se Relay for Life maak op 11 Junie sy terugkeer na die Laeveld wanneer dit by Eagle's View-park plaasvind. Vanjaar is dit heelwat korter as die gebruiklike deurnag-aflos en is slegs 'n paar ure. Dit sluit steeds die aller-belangrike Luminaria-seremonie in om mense wat aan die siekte afgestaan is,…
Die VF Plus in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek na ‘n ambulans Sondagaand in Belfast gekaap is terwyl dit op ‘n noodoproep reageer het. Die ambulans is van sy enjin en ander onderdele gestroop. Volgens Werner Weber is daar reeds 'n kritieke tekort aan ambulanse en opgeleide noodpersoneel in die…
‘n Sekuriteitswag wat na bewering medikasie en mediese voorraad uit die Langverwact-kliniek en ‘n gemeenskaps-gesondheid-sentrum in Embalenhle naby Secunda gesteel is, is gister gearresteer. Polisie het glo op die voorraad in haar huis afgekom. Amptenare het bevestig dit is Mpumalanga department van gesondheid se eiendom. Sy het intussen ‘n bekentenis…
Inskrywings is oop vir vanjaar se Mev. Mpumalanga-kompetisie. Bernadine Swanepoel, die huidige houer van die Provinsiale Mpumalanga titel, sê dit is glad nie ‘n skoonheidskompetisie nie, maar gaan eerder oor die verskil wat vroue in hul gemeenskappe maak. Inskrywings sluit 3 Junie.
Die reeksmoordenaar, Shaun Oosthuizen (42), is gister in die Pretoria-streekshof ‘n vierde lewenslange vonnis opgelê vir moord. Oosthuizen dien reeds drie lewenslange vonnise uit vir die moord op Hetta Potgieter in Nelspruit, Engela van Wyk in Springs en Barbara Fenton in Alberton. Volgens die Valke se Kaptein Dineo Sekgotodi het…
Hoërskool Nelspruit (NHS) se spogproduksie, Skouspel, het hierdie jaar met swier sy terugkeer gemaak as Variété. Ezette Mans (produksiebestuurder) en Hené Swanepoel (choreografierepetiteur) saam met Signature Performing Arts & Theatre Technology het na afloop van Skouspel 2021 fyn beplan aan 2022 se produksie. Weens almal se harde werk was dit…
Twee susters is gisteraand in Kanyamazane doodgeskiet deur die een se mansvriend. Volgens Brigadier Selvy Mohlala het die verdagte en sy vriendin, Marcia Mazibuko, ‘n argument gehad. Haar suster, ‘n polisiesersant verbonde aan die Ngodwana-stasie, het tussenbeide getree. Die man het sy vriendin later geskiet in die kar waarin sy…
Die Mpumalanga onderwysdepartement sal môre ‘n ooreenkoms onderteken met die departement van justisie om voortaan die arbeid van gevangenes aan te wend om skoolmeubels te herstel. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê dit is belyn met Korrektiewe Dienste se nuwe benadering om oortreders toe te laat om by te dra tot die…
Die polisie in Mpumalanga soek steeds na Bontle Mashiyane van Masoyi naby Witrivier wat sedert 30 April vermis word. Volgens berigte is sy laas gesien in die geselskap van ‘n veroordeelde moordenaar wat op parool vrygelaat is. Die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Saterdag saam met ander afgevaardigdes die vermiste ses-jarige…
Mbombela het Pietermaritzburg vervang as gasheerstad vir vanjaar se SPAR Grand Prix-reeks. 1,7 miljoen-Rand in prysgeld is op die spel oor die reeks van ses padwedlope vir vroue. Dit skop op 28 Mei in Gqeberha af. Die Mbombela-wedloop vind op Saterdag, 16 Julie, plaas. Die SPAR-groep se Charlene Subbarayan sê…
‘n Polisiebeampte is in Kabokweni aangekeer op klagte dat hy in besit was van gesteelde goedere, na dakkappe, tydens 'n kaping by Phola Park gesteel is, glo in sy besit gevind is. ‘n Vragmotor wat dit vervoer het, is op 6 Mei gekaap. Die items is by die 49-jarige AO…
Daar is volgende week elke aand ‘n ander kultuur-item op die spyskaart by Hoërskool Bergvlam. Maandag skop hul Vlammie-fees af met drama, Dinsdag is dit sang, Woensdag instrumentale musiek en dans en Donderdag die gala-aand. Juffrou Anseri Boje sê dit is waar al die top-vertoners van die vorige aande op…
Die provinsiale departement van onderwys is bekommerd oor toenemende diefstal en beskadiging van skool infrastruktuur. Dit na ses klaskamers met meubels en leermateriaal by Hluvukani laerskool in Agincourt Maandagoggend aan die brand gesteek is. Volgens 'n woordvoerder, Gerald Sambo, heers daar reeds weke proteste oor dienslewering in die area wat…
Die VF Plus in Mpumalanga sê hy oorweeg die moontlikheid van strafregtelike klagte teen diegene wat verantwoordelik is vir die verskaffing van brandweerdienste in Dipaleseng-munisipaliteit. Volgens Raadslid Carel Pienaar beskik die munisipaliteit die afgelope vier jaar oor geen brandweerwa in ‘n werkende toestand nie. Verlede week het 'n huis in…
10 May 2022 7AM
1 min
1060 – 1080
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.