Die provinsiale departement van onderwys is bekommerd oor toenemende diefstal en beskadiging van skool infrastruktuur. Dit na ses klaskamers met meubels en leermateriaal by Hluvukani laerskool in Agincourt Maandagoggend aan die brand gesteek is. Volgens 'n woordvoerder, Gerald Sambo, heers daar reeds weke proteste oor dienslewering in die area wat…
Die VF Plus in Mpumalanga sê hy oorweeg die moontlikheid van strafregtelike klagte teen diegene wat verantwoordelik is vir die verskaffing van brandweerdienste in Dipaleseng-munisipaliteit. Volgens Raadslid Carel Pienaar beskik die munisipaliteit die afgelope vier jaar oor geen brandweerwa in ‘n werkende toestand nie. Verlede week het 'n huis in…
Drie verdagtes wat sedert Vrydag aangekeer is in verband met die moord op Hillary Gardee, verskyn vandag in die hof in Nelspruit. Die 28-jarige dogter van die EFF se voormalige sekretaris-generaal, Godrich Gardee, se liggaam is Dinsdag langs die Sabie-pad gevind nadat sy verlede Vrydag vermis geraak het. Sy is…
In die nuus uit die Laeveld die week: # Hillary Gardee Saterdag tot ruste gelê # Ryloper skiet glo twee wat hom probeer beroof # Veldwagter in wildtuin dood na voorval met buffel # En die Elands-marathon is terug Luister die hooftrekke hier.
Die Laeveldse brandseisoen is om die draai, en dit is daarom nou die tyd om vir dit voor te berei. Só sê André Scheepers van die Laeveld Brandbeskermingsvereniging (Lefpa). Brandseisoen is amptelik vanaf 1 Junie tot einde Oktober, wanneer almal permitte benodig om voorbrande te mag doen, wat eiendom teen…
Twee mans wat vanoggend probeer het om 'n ryloper vir wie hulle ‘n geleentheid gegee het te beroof, is doodgeskiet. Volgens die polisie het hulle ‘n man op die N4 by Valencia opgelaai, en afgedraai na Croc Valley, waar hulle hom met ‘n mes probeer beroof het. Die man het…
Die polisie in Mpumalanga sê hulle gaan nie elke stadium van hul ondersoek na die moord op Hillary Gardee openbaar maak nie. Dit volg na die EFF bekend gemaak het dat sy ‘n koeëlwond agter haar kop gehad het. Die dogter van die gewese sekretaris-generaal van die party, Godrich Gardee,…
Die Krugerwildtuin sê hul doelwit is nie op olifantgetalle te reguleer nie, maar eerder impakte op 'n gelokaliseerde skaal te bestuur. Dit is in reaksie op die versoek van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) wat vra dat die uitdunning van olifante so spoedig moontlik weer hervat word, om erge skade aan natuurlewe…
Die DA het die LUR vir samewerkende regering in Mpumalanga, Busisiwe Shiba, gevra om in te gryp en te verseker plaaslike owerhede betaal Eskom wat hulle verskuldig is. Trudie Grovè-Morgan sê die veral sake-ondernemings word gekniehalter deur lasvermindering wat sedert Maandag in dele van Ehlanzeni en Nkangala Distrikte toegepas word…
Elf verdagtes is gister in Witbank gearresteer nadat sowat 5-miljoen-Rand se Chroom tydens ‘n klopjag in ‘n pakhuis ontdek is. Volgens die polisie se Donald Mdluli is hulle deel van ‘n groep wat na bewering die chroom van treine tussen Ferro Metals Witbank en Richardsbaai steel en aan kopers in…
Drie mense en 'n maatskappy is die week in die Nelspruit-hof gevonnis vir bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie. Volgens die Valke het hulle in Maart 2019 bedrieglike opgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien en so ongeveer 400-duisend-Rand teruggekry. Klaas Thokwane, Wendy Mkhatshwa en Vusi Mdluli is elk…
Die DA in Mpumalanga het ‘n mosie ingedien om dringend ‘n spesiale raadsvergadering te belê oor die indiensnemingskontrak van die munisipale bestuurder in Thaba Chweu-munisipaliteit. Raadslid Comfort Sibiya beskuldig die burgemeester, Friddah Nkadimeng, dat sy die raad mislei oor die aanstelling van Sphiwe Matsi. Volgens die party toon korrespondensie van…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ‘n beroep gedoen op die publiek om dringend bloed te skenk. Hulle ervaar tans ‘n kritieke tekort aan bloed, met voorraadvlakke van onder meer O-bloed wat op slegs 3 dae staan - vêr onder die vyf-dag voorraad wat hulle teiken. Ronald Marsh van die Laeveld-bloedbank-tak…
'n Man is in Carolina betrap met meer as 170-duisend-Rand se dagga. Volgens die polisie is die 28-jaige Sifiso Nkomo aangekla van onwettige daggahandel. Hulle ondersoek ook of hy die dagga van Eswatini die land ingesmokkel het. Hy is Maandag aangekeer tydens 'n patrollie deur polisielede wat sy bakkie gestop…
Twee vermeende stropers bly tot 4 Mei in aanhouding, na hulle Vrydag in die wildtuin deur veldwagters aangekeer is. Volgens die polisie het Patrick Nguntshane en Freddie Mahlaule die Krugerwildtuin in die Onder Sabie-omgewing uit Mosambiek betree. Donald Mdluli sê hulle ondersoek ook hul wettige status in Suid-Afrika.
Die twee veldwagters van die Krugerwildtuin wat aangekla word van korrupsie, bedrog en geldwassery het gister in die Skukuza-hof verskyn. Daniel Maluleke en Solly Ubisi is Saterdag in Skukuza in hegtenis geneem weens bewerings dat hulle taktiese inligting aan renosterstroping-sindikate verskaf het in ruil vir groot bedrae geld. Volgens die…
Van die grootste name in Suid-Afrikaanse Country musiek is hierdie naweek saam te sien in die Laeveld. Die Country Spectacular vind Saterdag by Blue Moon buite Nelspruit plaas. Clive Bruce, Nadine Burness, Tommy Dell, Billy Forest, Manie Jackson, Lee Magnum en Barbara Ray is almal deel van die konsert. Organiseerder…
Twee mans en ‘n vrou, almal tussen 57 en 61 jaar oud, sal vandag in die Elukwatini-hof verskyn op klagte van daggahandel. Hulle is Saterdag naby die Oshoek-grenspos aangekeer toe hulle Suid-Afrika vanaf Eswatini deur ‘n heining binnegekom het in hul bakkie. Volgens Donald Mdluli is dagga ter waarde van…
En ten slotte: Innibos skop eersdaags af met die In Jou Huis teater-reeks. Vanjaar se fees, met die tema “Heeltyd Feestyd” is ‘n klomp kleiner kuns geleenthede wat deur die jaar versprei is. Philna Scholtz, Innibos Programbestuurder, sê die musiekteater-reeks skop op 4 Mei af met Johny Klein en Frazer…
Die DA in Mpumalanga sê hulle het die LUR vir samewerkende regering in die provinsie gevra om in te gryp by munisipaliteite, wat volgens die party op die rand van bankrotskap staan. Trudie Grovè-Morgan sê Mbombela, Thaba Chweu, Emalahleni en Msukaligwa het operasionele begrotingstekorte met die gevolg dat hulle nie…
22 Apr 2022 4AM
1 min
1080 – 1100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.