100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,802 Episodes
1100 – 1120

Drie vas oor dagga

Twee mans en ‘n vrou, almal tussen 57 en 61 jaar oud, sal vandag in die Elukwatini-hof verskyn op klagte van daggahandel. Hulle is Saterdag naby die Oshoek-grenspos aangekeer toe hulle Suid-Afrika vanaf Eswatini deur ‘n heining binnegekom het in hul bakkie. Volgens Donald Mdluli is dagga ter waarde van…
25 Apr 2022 6AM 1 min

Innibos hou eersdaags in jou huis teater

En ten slotte: Innibos skop eersdaags af met die In Jou Huis teater-reeks. Vanjaar se fees, met die tema “Heeltyd Feestyd” is ‘n klomp kleiner kuns geleenthede wat deur die jaar versprei is. Philna Scholtz, Innibos Programbestuurder, sê die musiekteater-reeks skop op 4 Mei af met Johny Klein en Frazer…
22 Apr 2022 4AM 1 min

DA sê Mpumalanga-munisipaliteite op die rand van bankrotskap

Die DA in Mpumalanga sê hulle het die LUR vir samewerkende regering in die provinsie gevra om in te gryp by munisipaliteite, wat volgens die party op die rand van bankrotskap staan. Trudie Grovè-Morgan sê Mbombela, Thaba Chweu, Emalahleni en Msukaligwa het operasionele begrotingstekorte met die gevolg dat hulle nie…
22 Apr 2022 4AM 1 min

Geoloë tevrede met Makhonjwa-boorwerk

Boorwerk aan die Moodies-BASE Projek in die Makhonjwa-berge is goed op dreef. Geoloë boor reeds verskeie maande in hierdie UNESCO Wêreld-erfenisgebied. Hulle hoop dat hierdie goed bewaarde rotsmonsters navorsers sal help om te bepaal hoe die aarde en lewe daarop gevorm is. Phumelele Mashele sê hulle is baie tevrede met…
21 Apr 2022 8AM 1 min

Penryn se Miela Banza skitter by nasionale swem-kampioenskappe

Penryn Prep se Miela Banza het van die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Akwatiese Kampioenskappe drie goue medaljes losgeswem. Die 12-jarige het die 50 meter, 100 meter, en 200 meter borsslag vir meisies onder 13 gewen. Sy het by die byeenkoms ook die finaal gehaal in die 200 meter wisselslag. Haar afrigter,…
20 Apr 2022 9AM 1 min

Lions-klub Nelspruit reik uit na KZN se vloedslagoffers

Die Nelspruit Lions-klub het 'n projek geloods om noodvoorraad in te samel vir mense wat deur die vloede in KwaZulu-Natal geaffekteer word. Koos Schoonraad van die klub sê dit bied die Laeveld-gemeenskap die geleentheid om hulp te verleen. Alle skenkings as deur Lions-klubs in KwaZulu-Natal versprei na waar dit nodig…
20 Apr 2022 7AM 1 min

Blossom reik uit na plaaslike vennote

Blossom Care het beduidend uitgebrei sedert hulle in September ‘n fabriek in Mataffin geopen het. Die maatskappy vervaardig landwyd Joy Classic sanitêre dovekies, wat aangekoop en aan behoeftige skooldogters geskenk word. Die fabrieke word ook deur vroue bedryf, wat hulle bemagtig en werk skep. Ahmed Motara het vanoggend die Riverside…
19 Apr 2022 9AM 1 min

Laerskool Laeveld skop 40ste verjaarsdag vieringe af

Laerskool Laeveld het vandag hul 40ste verjaarsdagvieringe afgeskop. Tot Sondag verf die skool dit rooi, met pret dae vir die leerlinge, konserte, ‘n fliekaand Vrydag en ‘n buitelug familiefees Saterdag voor dit Sondag met 'n Loffees afsluit. Andre Barnard, wie se pa die eerste skoolhoof was 40 jaar gelede, sê…
19 Apr 2022 9AM 1 min

Plaaslike aktrise wen internasionale toekenning

Die 25-jarige Kristen Raath het die toekenning gewen vir beste aktrise in ‘n kortfilm by die Miami Internasionale Wetenskapfiksie Rolprentfees vir haar rol in die Suid-Afrikaanse kortfliek, “Weapon of Thought”. Raath, ‘n oud-Laevelder, het aan Hoërskool Nelspruit gematrikuleer. Sy is veral bekend as Amorey Welman in die sepie, “7de Laan”…
14 Apr 2022 6AM 1 min

Op my eish! 2 vanaf môre op die kassie

Die tweede seisoen van Op my eish! met plaaslike boorling, Francois Jacobs as die hubare losloper, skop môre op kykNET af. Hy kies aanvanklik 15 vroue om beter te leer ken, en ná blitsafsprake, moet hy ongelukkig reeds in episode een drie huistoe stuur. Jacobs sê kykers kan trane, bloed,…
13 Apr 2022 9AM 1 min

Mpumalanga polisie verlig oor vreedsame verkiesingskonferensies

Mpumalanga se polisiekommissaris, Luitenant-Generaal Semakaleng Manamela, het polisielede geloof vir hul bydrae tot vreedsame verkiesings-konferensies wat die afgelope weke in die provinsie gehou is. Die ANC se Ehlanzeni- en Gert Sibande-streke het die naweek in onderskeidelik Witrivier en Badplaas konferensies gehou. Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie se verkiesing was ook sonder…
12 Apr 2022 10AM 1 min

Crux vier Paasfees by Church Unlimited

“Crux: The Musical” word hierdie Paasnaweek op die planke gebring by Church Unlimited. Sanger, liedjieskrywer en komponis Lizanne Barnard het die teks geskryf en Andrew Botha is die regisseur. Zane Meas vertolk die titelrol van Barabbas, uit wie se oogpunt die Paasverhaal vertel word. Barnard sê sowat 50 musikante is…
12 Apr 2022 9AM 1 min

Vermeende transitorower aangekeer deur middel van vingerafdrukke

‘n Vermeende transitorower is deur die Valke aangekeer. Die 22-jarige Sandiso Ngomane het Vrydag in die Kabokweni-hof verskyn. Die rooftog het op 19 Maart plaasgevind toe ‘n Fidelity-geldwa op pad na Masoyi van die pad afgedruk is. Twee sekerheidswagte is van hul vuurwapens beroof en die voertuig oopgeblaas. Die ongebekende…
12 Apr 2022 5AM 1 min

Witrivier-man gevonnis oor onwettige wapen

Die 39-jarige Warren Macaulay is Vrydag tot 10 jaar tronk toe gestuur, of ‘n 10-duisend-Rand boete opgelê, vir oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, onwettige besit van ‘n vuurwapen en bedrog. Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi het hy skuldig gepleit op die klagte in die…
12 Apr 2022 5AM 1 min

Trac N4 gereed vir Paasnaweek verkeer

TRAC N4 is gereed vir die verwagte volumes verkeer wat jaarliks Paasnaweek tussen Mpumalanga, Gauteng en Maputo toeneem. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit is die besigste tyd van die jaar op dié roete. Na verwagting sal dit Donderdag tussen 12:00 en 22:00, Vrydag 09:00 tot 15:00 en weer Maandag van…
11 Apr 2022 7AM 1 min

Twee leeus in Martloth Park gevang

Twee van die losloperleeus wat sedert November in Marloth Park opgemerk is, is Vrydagaand suksesvol gevang. Chris Hobkirk van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) sê die jong mannetjie en wyfie het die afgelope maande as ‘n paartjie saam beweeg. Dit is moontlik dat daar steeds drie leeus oor is…
11 Apr 2022 5AM 1 min

Bediening op Wiele nou ‘n geregistreerde NPO

Bediening op Wiele Nelspruit, wat reeds 18 jaar benodigdhede soos kos, klere en huishoudelike items insamel en versprei na behoeftige mense, is nou ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie. Santie Tyrer sê hulle het verlede jaar besef hierdie stap is nodig om hulle in staat te stel om meer mense te kan…
31 Mar 2022 8AM 1 min

Mpumalanga departement se skuld aan munisipaliteit belemmer dienste

Inwoners van dorpe in Emakhazeni-munisipaliteit het reeds ‘n maand lank nie toegang tot lisensiedienste nie, omdat die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid hulle na bewering 1,5-miljoen-Rand skuld. Volgens raadslid Foyoyo Maseko het die munisipaliteit die kragtoevoer na die Belfast-kantore afgesny weens die uitstaande skuld. Die DA sê amptenare word ook toegang…
31 Mar 2022 7AM 1 min

Leeus in Marloth is nou drie

Daar is nog drie opgeskote leeus los in Marloth Park. In Desember is vyf leeus in die reservaat opgemerk. Gerrie Camacho van die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) sê die groot mannetjie het intussen sy intrek by Lionspruit geneem en die groot wyfie, die ma van die drie oorblywende jonges,…
31 Mar 2022 4AM 1 min

Sonpark neem 'n eiland aan

Sonpark-sentrum het die jongste maatskappy geword om saam met vennote 'n openbare deel van Mbombela as hul eie aan te neem. Gené van Niekerk verduidelik dat geïnspireer is deur die Our City of Mbombela-inisiatief wat onlangs geloods is om die dorp self mooier, skoner en veiliger te maak. Sonpark het…
30 Mar 2022 8AM 1 min
1100 – 1120