'n Mens moet realisties wees oor die unieke uitdagings wat die lewe in Suid-Afrika aan inwoners stel, en daarom het Johan Grobler besluit om volgende naweek "oorlewingsopleiding" na Klipspringer Lodge te bring. Voormalige lede van die verkenningskommando in die SA weermag sal stories kom deel, maar ook praktiese opleiding gee…
Vyf verdagtes word deur die polisie gesoek na die 31-jarige Mxolisi Ndlela Maandagaand in Piet Retief vermoor is. Hy was saam met sy vrou en kind by die huis toe die aanvallers, gewapen met messe, hom uit die huis gesleep het. Hy is doodgekap en sy liggaam is aan die…
'n Sewende verdagte wat glo betrokke was by die skietery wat Vrydagoggend die lewe geëis het van 'n polisiesersant, het homself gister aan die polisie oorgegee. Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi sal hy vandag in die hof verskyn. Die ses wat Vrydag op die toneel aangekeer is, het…
Eurika Mogale het die naweek ‘n internasionale prys gewen in Ghana, waar sy Suid-Afrika verteenwoordig het by die “Forty under 40” Afrika-toekennings. Dit was vir die werk waarby sy betrokke was om kommunikasie oor Covid-19 aan die begin van die pandemie toeganklik en vryelik beskikbaar te maak. Hoewel Mogale in…
Drie mense is gistermiddag dood in ‘n gru-ongeluk tussen Ermelo en Lothair toe ‘n Polo TSI en Audi A3 in ‘n kop-botsing was op die R39. Die oorledenes - ‘n maand-oue baba, ‘n 13-jarige seun en ‘n 27-jarge vrou - was almal passasiers in die Polo. Die bestuurder van die…
Die VF Plus het ʼn klag ingedien by die Groen Skerpioene teen die Govan Mbeki-munisipaliteit in Secunda vir die wanbestuur van vullisterreine. Volgens raadslid, Louise Jonker, word daar nie aan minimum vereistes soos toegangsbeheer, brandregulasies, omheining en rehabilitasie voldoen nie. Sy sê die tarief wat gehef word vir vullisverwydering is…
Die Mpumalanga polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, is bekommerd dat polisielede toenemend deur kriminele geteiken word. Gisteraand is ‘n 24-jarige man en 26-jarige vrou aangekeer na hulle op die polisie geskiet het, terwyl hulle probeer vlug het van ‘n winkelsentrum naby Calcutta waar hulle na bewering ‘n roof uit wou voer…
Wiseman Khumalo is vandag vir 'n vyf-jaar termyn aangestel as Mbombela-munisipaliteit se stadsbestuurder. Khumalo is sedert Oktober 2019 in die pos na sy voorganger, Neil Diamond, bedank het. Hy is op 'n twee-jaar kontrak aangestel wat verlede jaar verleng is. Die raad het vandag, tydens 'n spesiale raadsvergadering, gestem om…
Noeline Waters is op 'n missie op Bidbeertjies vir Jesus in die Nelspruit-omgewing te versprei aan almal wat die vertroosting wat dit bied nodig het. Om die projek uit te brei benodig sy mense wat kan help brei of hekel aan die beertjies, hulle kan stop, of die materiaal kan…
Die publiek het tot 15 April om kommentaar te lewer op die gesondheidsdepartement se voorgestelde regulasies om Covid-19 en ander mediese toestande buite die ramptoestand te hanteer. Dit sal wetlike instrumente daar stel om die huidige en toekomstige pandemies te bestuur. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê die regulasies maak…
Die Uitkyk-pad in Nelspruit is nou heelwat veiliger na We Care for Nelspruit, die Claremont-gemeenskapspolisiëringsforum en die plaaslike AfriForum-tak dit skoon gesny het. Die pad was erg toegegroei met bome en bosse wat die pad op plekke vir voetgangers versper het, sodat drawwers en fietsryers in gevaar gestel is. Die…
Die VF Plus sê die twee plaasaanvalle die afgelope twee weke in Mpumalanga, bewys dat landelike veiligheid nie ‘n prioriteit is vir die polisie of provinsiale regering nie. Sondag is die 76-jarige Gustav Rappart op sy plaas buite Delmas vermoor. Op 11 Maart is vier mense vasgebind en gemartel by…
‘n 36-jarige man, wat na vermoede met transitorooftogte verbind word, is gister in Schoemansdal aangekeer. Volgens die polisie se brigadier Selvy Mohlala het die polisie gereageer op inligting oor drie verdagte voertuie. Hulle het op ‘n Mercedes Benz, BMW en Ford Ranger toegeslaan. 'n Onbekende aantal verdagtes het te voet…
Die polisie in Mpumalanga het 'n soektog van stapel gestuur nadat die internasionaal-bekroonde Ndebele-kunstenaar Esther Mahlangu (87) gewelddadig aangeval en beroof is in haar huis in Siyabuswa, naby Kwamhlanga Saterdagmiddag. Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê 'n man het haar huis betree en haar gegryp en in haar gesig geslaan…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens sal Maandag, op Menseregtedag, ‘n groot bloedskenkings-veldtog hê in ‘n poging om 7-duisend eenhede bloed in te samel. Hulle teiken daagliks die versameling van 3-duisend eenhede landwyd, maar ervaar tans ‘n ernstige tekort aan bloed. Lebo Matsimbi van die Laeveld-tak sê die skenking van bloed beskerm…
Hi-Tech Sekuriteit sê Toyota-voertuie word tans in die Laeveld deur diewe geteiken. Callum Mac Pherson sê eienaars moet veiligheidsmaatreëls tref, soos hul voertuig agter ander parkeer, die sleutels beveilig en seker maak hul opsporingstelsels is in orde. Hy sê daar is ‘n groot vraag na Toyotas, ook buite Suid-Afrika se…
Die minister van Justisie, Ronald Lamola, het vanoggend die rede gelewer by die provinsiale Grondwetlike Regte Konferensie by die Universiteit van Mpumalanga. Dit vier die 25ste herdenking van die Grondwet. Dit is bygewoon deur onder meer die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, Mbombela burgemeester Sibongile Makushe en Mpumalanga regter-president Francis Legodi. Lamola…
'n Man het na bewering vanoggend ‘n brand gestig in 'n kantoor by January "Che" Mashilela-huis, die ANC se provinsiale hoofkantoor, in Nelspruit. Ooggetuies wou nie op die toneel met die media praat nie, maar daar word verstaan dat die man die kantore besoek het. In een kantoor het hy…
Curro Nelspruit het gisteraand amptelik hul nuwe teater, die Sycamore, ingewy met ‘n kultuur skouspel. Met die tema, "Reik vir die sterre" het leerlinge hul slag gewys agter die mikrofoon, op hul instrumente, met drama-opvoerings en, natuurlik, in dans. Oud-sterleerlinge Mateo Komlosy en Thando Silinda het ook opgetree. Curro Nelspruit…
‘n 35-jarige man is gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Graskop 35 jaar tronkstraf opgelê vir die moord, in September 2020, op die ma van sy seun. Brigadier Selvy Mohlala weerhou hul name om die kind se identiteit te beskerm. Die 32-jarige vrou is die betrokke aand in Marite naby…
16 Mar 2022 5AM
1 min
1120 – 1140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.