100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,802 Episodes
1140 – 1160

VF Plus eis dat Hazyview se watertoevoer geprivatiseer word

Die VF Plus wil waterverskaffing aan Hazyview laat privatiseer. Mbombela raadslid, Ken Robertson, sê die bystandpomp by die hoofwatersuiweringsaanleg is reeds vir 15 maande buite werking en die hoofpomp het intussen ook gebreek. Geen aksie is egter geneem om die bystandpomp betyds te herstel nie en die plaaslike landbougemeenskap moes…
14 Mar 2022 9AM 1 min

Vermeende moordenaars vasgetrek in Bosbokrand

Twee mans wat aan verskeie moorde en gewapende rowe gekoppel word, is Vrydagaand in Marite naby Bosbokrand gearresteer. Die polisie het inligting ontvang oor individue in besit van vuurwapens. Die taktiese reaksie-eenhede van Tshwane en Ekurhuleni het saam met die Calcutta-taakmag gereageer. Elkeen was in besit van ‘n 9-milimeter-pistool. Hulle…
14 Mar 2022 4AM 1 min

Curro Nelspruit vier 10de jaar

Curro Nelspruit vier volgende week hul tiende jaar met ‘n weeklange fees. Dit skop Maandag af met Frank Opperman se vertoning van “Donkie” en die kultuur “showcase” Dinsdagaand in die opgegradeerde saal met van die skool se oud sterre asook huidige talent. Woensdag se stigtersdag sal deur die uitvoerende hoof…
10 Mar 2022 8AM 1 min

Opposisie kritiseer prioriteite in Mpumalanga begroting

Opposisiepartye in die Mpumalanga wetgewer het hul mismoë uitgespreek met die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, se begroting vir die 2022/23 finansiële jaar. Hy het dit Dinsdag te tafel gelê. Die DA se Bosman Grobler sê dit is teleurstellend dat dit geen daadwerklike planne bevat om…
10 Mar 2022 7AM 1 min

Mannejag na gesin uitgewis word in Bosbokrand

‘n Mannejag is geloods na ‘n sake-eienaar en sy gesin gisteraand noodlottig geskiet is in hul huis in Kasteel naby Bosbokrand. Volgens die polisie het bure om ongeveer half 8 skote gehoor. Kort daarna is twee mans gesien wat oor die muur spring en vlug. Die slagoffers is geidentifiseer as…
9 Mar 2022 4AM 1 min

VF Plus sê Mbombela-munisipaliteit moet oorblywende DBV's ondersteun

Die VF Plus sê Mbombela-munisipaliteit moet dringend die geld oorbetaal wat hulle aan die DBV verskuldig is. Freddy Robertson sê die munisipaliteit se gesloer om ʼn betalingsooreenkoms tussen hulle en die Laeveld DBV te eerbiedig het daartoe gelei dat die Barberton DBV einde Februarie sy deure moes sluit. Dit plaas…
8 Mar 2022 6AM 1 min

Ereveldwagters sê rommel die stryd aan

Die SANParke-ereveldwagters maak gereed om volgende maand 'n veldtog in die Krugerwildtuin te loods wat besoekers aanmoedig om nie rommel te strooi nie. Elsabe de Bruyn van die Laeveld-streek verduidelik dat dit ‘n baie groot die probleem is op paaie en in kampe. Die veldtog sal Paasnaweek afskop, en die…
7 Mar 2022 4AM 1 min

AfriForum se Nelspruit-tak maak natuurreservaat skoon

Die AfriForum-tak in Nelspruit het Donderdag in samewerking met Mbombela-munisipaliteit die park by die Steiltes Natuurreservaat se gras gesny en indringerplante uitgeroei. Volgens Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, is die reservaat ‘n gewilde ontspanningsarea met veral gesogte bosloeries wat kranige voëlkykers daarheen lok. Die munisipaliteit het…
7 Mar 2022 3AM 1 min

Geen arrestasies nog na roof by moskee

Die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, vra die publiek moet op die uitkyk wees vir mense wat gesteelde items aan hulle probeer verkoop. Dit na sowat 20 mense Vrydagmiddag in ‘n moskee in Kabokweni beroof is. Sowat 15 swaar gewapende aanvallers het in ‘n wit Quantum kombi daar…
7 Mar 2022 3AM 1 min

VF Plus wil hê provinsie moet munisipale verval help keer

Intussen sê die VF Plus in Mpumalanga dat praatjies oor werkskepping, infrastruktuurontwikkeling en die herlewing van toerisme niks beteken sonder werkbare maniere oor hoe om dit te bereik nie. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Vrydag verskeie projekte aangekondig, ten spyte van die feit dat groot projekte al vir jare sloer…
2 Mar 2022 8AM 1 min

DA vra MRK om in te gryp by Thaba Chweu-kosskool

Die DA in Mpumalanga het die Menseregtekommissie gevra om in te gryp in die waterkrisis by die Thaba Chweu-kosskool. Volgens Jane Sithole is die skool se sowat 800 leerlinge huis toe gestuur omdat daar nie water is nie. Gedurende die debat gister in die wetgewer oor die premier se provinsiale…
2 Mar 2022 7AM 1 min

Drie vas oor onwettige wapens in Bosbokrand

Drie verdagtes wat na bewering verbind word aan misdadige aktiwiteite is gisteroggend tydens ‘n klopjag deur die Calcutta-polisie in besit van onwettige wapens en ammunisie aangekeer. Die mans is by hul onderskeie huise in Marite Trust gearresteer nadat die polisie inligting ontvang het van Provinsiale Misdaad-intelligensie. Volgens Brigadier Selvy Mohlala…
2 Mar 2022 5AM 1 min

Pediatric Care Africa-fietsryers amper op pad huis toe

Pediatric Care Africa se “Ride for a Child”-fondsinsamelingsprojek staan al einde se kant toe. Die motorfietsryers is op ‘n 7-duisend-kilometer rit om geld in te samel om mediese sorg aan behoeftige kinders te kan voorsien. Hulle het vandag van Port St John’s na KwaZulu-Natal vertrek, en sal Saterdag terugkeer na…
1 Mar 2022 6AM 1 min

Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier tekkel boeliegedrag

Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier het hande gevat om 'n teenboelieveldtog van stapel te stuur. Willem Engelbrecht, wat saam met sy broer Jo Black, die "Be that guy"-inisiatief begin het, het gister by die skole met leerlinge en ouers oor boeliegedrag gepraat. Loanette Caknis van Rob Ferreira sê hul…
1 Mar 2022 5AM 1 min

Church Unlimited neem nuwe gebou in gebruik

Church Unlimited het gister amptelik hul nuwe kerkgebou ingewy met ‘n aanbiddingsdiens. Etienne Garnett-Bennett sê die gebou is aan die begin so ontwerp, maar net die helfte is aanvanklik gebou, Die ander helfte het sowat vyf jaar geneem omdat alles kontant gedoen is. Met beperkings is daar tans 800 sitplekke,…
28 Feb 2022 6AM 1 min

Mpumalanga werkloosheidskoers onder die loep in provinsiale rede

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê haar administrasie het slapelose nagte oor die “astronomiese” hoë werkloosheidsyfer in die provinsie. Sy het vanoggend haar provinsiale rede in die wetgewer in Mbombela gelewer. Mtshweni-Tsipane sê veral die toenemende werkloosheid onder jeugdiges is kommerwekkend en onvolhoubaar. Sy sê die provinsiale regering kon…
25 Feb 2022 7AM 1 min

Weer geen winterfees vir Innibos in 2022

Innibos het aangekondig dat die beste kunstefees in Suid-Afrika weens Covid-19 vanjaar nog nie na die formaat van voor die pandemie terug sal kan keer nie. Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, sê daar word reeds beplan aan 'n baie groot fees vir 2023, maar huidige beperkings maak dit onwys om voort te…
25 Feb 2022 5AM 1 min

Renosterstropers swaar gestraf

Twee renosterstropers sal effektief 19 jaar agter tralies spandeer, na hulle gister in die Skukuza-hof gevonnis is. Micheal Chauke (57) en Americo Mathonsi (59) is in Mei 2019 in die Satara deel van die Krugerwildtuin betrap maby 'n dooie renoster waarvan die horing af was. Volgens kolonel Donald Mdhluli is…
25 Feb 2022 3AM 1 min

Vermeende bedrieër vasgetrek in Limpopo

‘n 40-jarige man verskyn vandag in die Bosbokrand-hof op klagte dat hy werklose jeugdiges uit sowat 610-duisend-Rand bedrieg het. Hy is gister in Lephalale, Limpopo, aangekeer. Hy het glo in ruil vir kontant aan meer as 75 mense plekke beloof by die opleidingskollege vir verpleërs in Mpumalanga. Volgens die Valke…
23 Feb 2022 6AM 1 min
1140 – 1160