100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,797 Episodes
1020 – 1040

Ses vas wat met lisensies konkel

Ses mense het Maandag in die hof vir kommersiële misdaad in Nelspruit verskyn, nadat hulle glo 60-miljoen-Rand van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid gesteel het. Vyf aangeklaagdes is voormalige werknemers van die departement en die sesde van die Mbombela-registrasiegesag. Volgens die Valke het hulle saam met vragmotoreienaars gekonkel om hul…
20 Jul 2022 6AM 1 min

Boer ry glo kinders om op sy plaas

'n 41-jarige man wat na bewering twee minderjariges met sy kar omgery het, en ‘n derde aangerand het, doen vandag aansoek om borgtog in die Ermelo-hof. Volgens kolonel Donald Mdhluli het Louis Johannes Grobler glo Vrydag die kinders van onderskeidelik 10, 11 en 13 jaar oud van diefstal beskuldig op…
20 Jul 2022 5AM 1 min

Stemmery open vir Dorp van die Jaar

Die stemme vir die Dorp van die Jaar-kompetisie het geopen en Pelgrimsrus is die Mpumalanga-finalis in hierdie landswye kompetisie. Om te stem, stuur 'n SMS met die dorp se naam na 33157. Elke selfoonnommer kan tot 30 keer stem. Stemlyne sluit Vrydag om 12:00 middag. Die woordvoerder vir die dorp,…
18 Jul 2022 9AM 1 min

Drie lyke in uitgebrande kar op plaas in Pienaar ontdek

Die polisie ondersoek drie sake van moord na die oorskot van drie mense Vrydag in ‘n uitgebrande voertuig gevind is op ‘n plaas in Pienaar buite Nelspruit. Volgens die polisie is hulle onherkenbaar verbrand. Kolonel Donald Mdhluli sê die Hyundai i10 is die middag deur ‘n plaaswerker ontdek. Een slagoffer…
18 Jul 2022 7AM 1 min

Voltydse patrollies tree in werking op die Numbi-pad

Hi-Tech Witrivier is aangestel om met twee voertuie en gewapende wagte vandaf vandag voltydse patrollies op die gedugte Numbi-pad te ry. Verskeie aanvalle is die afgelope ruk aangemeld op hierdie pad, veral op besoekers aan die Krugerwildtuin wat dié hek gebruik. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê dit word vir…
15 Jul 2022 4AM 1 min

Mbombela-stadion slaggereed vir vol stadion op 6 Augustus

Mbombela-stadion is hard aan die voorbereidings tref vir die All Black-toets op 6 Augustus teen die Springbokke. Stadionbestuurder, Roelf Kotze, sê 12 parkeer- en rypunte is in plek, sowel as vermaak by die stadion, en planne om enige beurtkrag tydens die wedstryd die hoof te bied. Besoek die Radio Laeveld-toepassing…
13 Jul 2022 4AM 1 min

Vermeende ontvoerders nou ook aangekla van moord in Mkhuhlu

‘n Moordklagte is gevoeg teen vier verdagtes wat Donderdag in die hof in Mkhuhlu naby Bosbokrand aangekla is van ontvoering. Die 24-jarige Skhumbuzo Intelligent Sikhumbane is op 2 Julie deur sy familie in Calcutta as vermis aangegee. Hy is glo daarvan beskuldig dat hy ‘n laptop gesteel het. Volgens polisiewoordvoerder,…
13 Jul 2022 2AM 1 min

Twee aangekeer wat glo mediese student in Elukwatini vermoor

Twee verdagtes is aangekeer in verband met die moord op ‘n 26-jarige mediese student in Elukwatini. Wiseman Zwane was besig met sy opleiding aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy liggaam is verlede Woensdag met steekwonde in ‘n rivier in Nhlazatshe ontdek. ‘n 18-jarige het gister in verband met die…
12 Jul 2022 6AM 1 min

Eenjarige in been getref by begrafnis in Pienaar

‘n Eenjarige dogtertjie is Saterdag tydens ‘n begrafnis in Pienaar in die been geskiet. Volgens die polisie het sy in haar erf, wat langs die begrafplaas is, gespeel toe skote tydens die seremonie afgevuur is. Sy is in die hospitaal behandel. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord…
11 Jul 2022 5AM 1 min

Laeveld protesaksie: Dag 2 - KLCBT maak voorbrand vir weermagontplooiing

Met die afgelope twee dae se proteste het die Kruger-Laeveld-sakekamer bontgestaan om toeriste by te staan wie se reisplanne omvêr gewerp is. Agter die skerms fasiliteer hulle ook die ontplooiing van wetstoepassers van nabygeleë dorpe na areas wat in die Laeveld geraak word, en maak voorbrand vir die weemag om…
7 Jul 2022 8AM 1 min

Mpumalanga-vlugbalspelers blink uit in Stellenbosch

Die Mpumalanga-span keer terug van die Nasionale Skolesport-kampioenskappe wat hierdie week by die Universiteit van Stellenbosch aangebied is met twee goue medaljes. Die span het bestaan uit jong skaak-, netbal en vlugbalspelers. Die vlugbalspanne het met drie medaljes teruggekeer. Die seuns en dogters onder-17-spanne het goue medaljes verower en die…
7 Jul 2022 6AM 1 min

Mpumalangaspan neem deel aan Winterspele in Stellenbosch

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê hy het die volste vertroue in die span van die provinsie wat hierdie week deelneem aan die Nasionale Winterspele by die Universiteit van Stellenbosch. Die span bestaan uit skaak-, netbal en vlugbalspelers. Woordvoerder, Gerald Sambo:
4 Jul 2022 9AM 1 min

Twee tweelinge sterf in brand in Hendrina

Twee tweeling boeties en sussies is in die vroeë oggendure dood toe hul gehug in die Marikana informele nedersetting in Hendrina aan die brand geraak het. Hulle was onderskeidelik 13 en 8 jaar oud. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle is drie dae tevore deur hul ma in hul…
4 Jul 2022 5AM 1 min

Drie vermeende stropers verskyn vandag in die hof

Drie vermeende stropers verskyn vandag in die hof in Bosbokrand. Hulle is Vrydag in die Krugerwildtuin vasgetrek toe ‘n besoeker aan die park geweerskote gerapporteer het. ‘n Helikopter is ontplooi en die drie mans is in besit van drie renosterhorings sowel as ‘n jaggeweer met ‘n knaldemper gevind. Die karkasse…
4 Jul 2022 1AM 1 min

Jong Pumas presteer by Craven week

Die onder-13 Puma-spanne het die afgelope week uitstekend presteer by die Craven week wat by Hoërskool Monument in Krugersdorp aangebied is. Spanbestuurder, Alex Jonker, sê die A-span se oorwinning oor die Griekwas gister was hul derde wen in 'n ry by die week, die eerste keer dat die Mpumalanga-span dit…
1 Jul 2022 6AM 1 min

Nuwe boek onthul die oorlog teen stropery in die Krugerwildtuin

'n Nuut gepubliseerde boek, "Rhino Wars" vertel die aangrypende verhaal van SANParke se oorlog teen renosterstropery in die Krugerwildtuin uit die oogpunt van generaal Johan Jooste, wat die poging van stapel gestuur het. Skrywer Tony Park sê hoewel dit lees soos 'n riller, is alles waar.
29 Jun 2022 6AM 1 min

685 Mpumalanga-koorlede neem deel aan Skoolkoor-Eisteddfod

Die Onderwysdepartement in Mpumalanga sal tot Vrydag deur 685 koorlede verteenwoordig word op die ABC Motsepe Suid-Afrikaanse Skoolkoor-Eisteddfod. Die Departement van Basiese Onderwys bied dit by die Rhema Bybelkerk in Randburg aan. 'n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê hierdie geleentheid is sedert 2016 die belangrikste kulturele gebeurtenis op…
28 Jun 2022 8AM 1 min

Mbombela-stadion amper uitverkoop voor All Black-toets

Mbombela-stadion verwag om binne die volgende twee weke alle kaartjies na die Springboktoets teen die All Blacks uit te verkoop. Die wedstryd is op 6 Augustus. Stadion-bestuurder, Roelf Kotze, sê hy verwag ‘n vol stadion. Slegs van die R1 000 kategorie-kaartjies is nog beskikbaar. Hy raai plaaslike inwoners aan om…
28 Jun 2022 6AM 1 min
1020 – 1040