Mense is gemaan om nie ongeverifieërde boodskappe oor oproerigheid te versprei nie. Joe Pelser van AfriForum Witrivier verduidelik dat vals nuus hul werk moeiliker maak. Vanoggend was daar sprake van ‘n oproer in Riverside in Mbombela, wat glad nie gerealiseer het nie. Tog is dit nie altyd maklik om seker…
Onthou om jou plek te bespreek vir Innibos se Eisteddfod drama-werkswinkels aan die einde van die maand. Dit is vir leerlinge en onderwysers bedoel ter voorbereiding van die Nelspruit Eisteddfod wat in Augustus afskop. Bywoning is boonop spotgoedkoop en beloop slegs R60pp. Die werkswinkels vind op Vrydag 30 Julie van…
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole het president Cyril Ramaphosa se aankondiging gisteraand verwelkom dat skole eers op 26 Julie sal heropen. Die federasie sê dit was twee weke gelede reeds duidelik dat die derde vlaag infeksies en winter verwoed is. Fedsas verkies dat daar nie onnodige druk geplaas…
Paaie in die Laeveld is vanoggend gangbaar na die polisie gister gewaarsku het oor moontlike ontwrigting deur protesaksies. Grootskaalse plundery en geweld heers reeds die hele naweek in KwaZulu-Natal teen die opsluiting van oudpresident Jacob Zuma. John Meintjies van die Nelspruit GPF sê die Witbank- en Middelburg areas is dreigend,…
Inwoners van Barberton ervaar al weer die afgelope weke watertekorte. Hierdie keer omdat die een pompstasie by die Suidkaap-rivier buite werking is. Die pomp word tans herstel en behoort teen die middel van volgende week operasioneel te wees. Dit sal die watertekorte verminder. Raadslid Philip Minnaar sê die munisipaliteit het…
Die Barberton DBV sê hulle kan nie meer loseerders inneem nie, na hul perseel gisteraand vir die soveelste keer betree is. Marlies Liebenberg sê hierdie keer is niks blykbaar gesteel nie. Hulle kan egter nie die kans waag dat ‘n dier wat tydelik daar bly, gesteel word nie. Sy sê…
Mpumalanga se inentingskoers is ver onder dié van ander provinsies. Dumisani Malamule, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, sê hulle doen alles wat hulle kan om mense aan te moedig om die inentings te ontvang, maar mense moet dit vrywilliglik ontvang. Dit is gratis by die regering se inentingslokale, asook wanneer…
Lefpa raai grondeienaars aan om voorbande af te handel voor die einde van die maand, om gereed te wees vir wanneer die Augustus-winde opsteek en die droë toestande, saam met koue fronte, die brandgevaar beduidend verhoog. André Scheepers van Lefpa sê tot dusver verloop die brandseisoen, wat tot Oktober in…
Klein baba Ayden van Niekerk behoort teen more uit die pediatriese intensiewesorgeenheid na rehabilitasie toe te skuif. Die babatjie het 2 maande gelede by die huis in Lydenburg ophou asemhaal. Hy is sedertien in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg. 'n Tweede MRI het gister bevestig dat sy hele brein…
Eienaars van restaurante mag binnekort weer aansoek doen vir hulp met die betaling van salarisse. Daar is vandag aangekondig dat Ters-betalings weer goedgekeur is vir die bedryf. Aansoeke sal waarskynlik binne die volgende twee weke open vir uitbetalings vir Julie. Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika sê die regering het ‘n verantwoordelikheid…
Inwoners van Malalane het die naweek watertekorte ervaar na die hoofpomp by die waterontrekking en -suiweringsaanleg verstop en gebreek het. Watertoevoer is Maandagaand herstel en Nkomazi-munisipaliteit sal die week instandhoudingswerk doen. DA-raadslid, Mariëtte Preddy, sê sy het ‘n brief geskryf om die minister te vra om in te gryp en…
Daar is lig aan die einde van die waterpyp vir inwoners van Malalane, wat die afgelope twee dae water-tekorte ervaar. Volgens raadslid Mariette Preddy is die dorp se reservoirs tans amper weer vol genoeg om water aan inwoners te kan voorsien. Sy sê Nkomazi-munisipaliteit doen hul bes om watertoevoer te…
Nog net ‘n bietjie meer as die helfte van onderwys-personeel in Mpumalanga is tot dusver teen die nuwe koronavirus ingeënt. Volgens die departement van onderwys het sowat 28-duisend die inenting teen Vrydag ontvang – uit die meer as 46-duisend werknemers. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê die ontvang daarvan is heeltemal vrywilliglik,…
'n Vermeende stroper is Vrydagoggend in die wildtuin doodgeskiet. Twee ander het weggekom. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê 'n gids het 'n gas op 'n stappie vergesel toe hy drie vermeende stropers teegekom het. Vuur is uitgeruil. Een is later dood aangetref. Hulle vermoed die ander twee het uit die park…
Die derde pitbull in vier maande is gisteraand by die Barberton DBV gesteel. Marlies Liebenberg sê die heining is geknip en die slot na die hok moontlik met ‘n loper oopgemaak. Die hond het dieselfde dag van die straat af by die kennels aangekom. Liebenberg sê pitbulls is baie gesog,…
Luitenant-generaal Semakaleng Daphney Manamela het vandag as die nuwe polisiekommissaris vir Mpumalanga in haar pos begin. Sy het meer as 26 jaar se ervaring in die polisiediens in Gauteng en Mpumalanga en is besig met haar meestersgraad in openbare administrasie. Luitenant-generaal Thembisile Patekile se aanstelling as polisiekommissaris in die Wes-Kaap…
Witrivier-inwoners is moeg vir die swak dienslewering wat hulle by die lisensiekantore ontvang. Die "Power of 8000" se Pierre du Preez sê hulle het 'n magdom klagtes oor die verkeersafdeling van die publiek versamel en 'n brief geskryf aan die provinsiale bestuur om daarop aan te dring dat stappe geneem…
Byeboere vra die regering om wetgewing te wysig sodat dié insekte tot lewende hawe verklaar word. Inge Lotter, voorsitter van die Laeveldse byeboervereniging, verduidelik dat die diefstal en plundering van byekorwe dan as veediefstal beskou sal word met veel ernstiger gevolge vir misdadigers. Sy sê die land se voedselsekerheid hang…
Petru Pretorius van Abeega Roadhouse in Mbombela sê dat, buiten hul wegneemetes was ontbyt hul gewildste ete. Sy voeg by dat sy verstaan dat ander restaurante ook moet oorleef, en daarom ook die “roadhouse”-ding beproef, maar sê dit raak hul onderneming.
Belinda McLintock, eienaar van Lyttle Irving Gastehuis, ‘n selfsorg-gastehuis in Witrivier, sê dit is frustrerend dat die regering nie hierdie ronde kan of wil help om werknemers te betaal nie - want hoewel hulle mág werk, verwag hulle om moontlik te min sake te doen om ‘n genoegsame inkomste te…
30 Jun 2021 9AM
3 min
1400 – 1420
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.