100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,802 Episodes
1380 – 1400

Beweerde rampokker verskyn in Mkhuhlu-hof

‘n Man wat deur die Valke as ‘n rampokker beskryf word, is Donderdag tydens ‘n hofverskyning vir een moord, aangekeer vir ‘n ander. Die 34-jarige Johan Edward Ndlovu word aangekla van die moord op Vincent Ngwato wat in November 2019 doodgeskiet is in Mkhuhlu. Ndlovu is aan die saak gekoppel…
2 Aug 2021 6AM 1 min

Arrie en Renaldia Henn groet die Nellies vandag

Na 35 jaar in die onderwys tree Arrie en Rénaldia Henn vandag af. Arrie is reeds 22 jaar die hoof by Laerskool Nelspruit en Rénaldia vir 21 jaar by Nellie Miere-kleuterskool. Hulle sê dit was 'n ongelooflike voorreg om 'n deel te kon wees van soveel kinders se lewens. Volgens…
30 Jul 2021 5AM 1 min

Jak de Priester hou môre in jou huis konsert

Jak de Priester gaan die Laeveld môre vermaak tydens die vyfde aflewering van die In Jou Huis-konsertreeks. Die reeks van ses konserte word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Bywoning na die optrede in Kaapsehoop is streng beperk weens Covid, maar almal kan dit vertoning regstreeks op…
30 Jul 2021 5AM 1 min

Onkologie-eenheid by Rob Ferreira-hospitaal geopen

Mpumalanga gesondheidsdepartement het gister amptelik 'n onkologie-eenheid by Rob Ferreira-hospitaal geopen. LUR Sasekani Manzini sê dit sal die afhanklikheid van Gauteng verminder en baie siek pasiënte toelaat om nie baie ver hoef te reis vir behandeling nie. Die vleuel is opgeknap en bevat 12 beddens en 14 chemoterapie stoele vir…
30 Jul 2021 3AM 1 min

Penreach bedank borge vir 67 boeke-projek

Penreach kon in Julie vir Mandela-maand, genoeg boeke insamel om 67 nuwe leeskampe op die been te bring. Ronald Chanets, Penreach’s se bestuurder van die program gemik op geletterdheid en gesyferdheid, sê hulle het hul teiken met 200% oorskrei deur meer as 20 000 boeke ter waarde van R200 000…
29 Jul 2021 10AM 1 min

Penreach bereik Mandela-maand doelwit

Penreach kon in Julie, vir Mandela-maand, genoeg boeke insamel om 67 nuwe leeskampe op die been te bring. Hierdie kampe bied kinders 'n leersame naskoolsentrum in hul buurte. Om een te stig verg 67 boeke. Dié amper 5-duisend boeke is met behulp van plaaslike ondersteuners sowel as nasionale maatskappye behaal…
28 Jul 2021 7AM 1 min

Mpumalanga se oudste onderwyser sterf op 100

Die onderwysdepartement het die dood betreur van Nonsikelelo Qwelane wat op die ouderdom van 100 oorlede is. Sy was vir 79 jaar 'n onderwyser, en het die Presidensiële Orde van die Baobab in brons ontvang vir haar bydrae tot onderwys. Sy is in die Oos-Kaap gebore en het daar, in…
27 Jul 2021 10AM 1 min

Mpumalanga maak gereed vir alle laerskool-leerlinge om terug te keer skool toe

Mpumalanga se onderwysdepartement maak gereed om alle laerskool-leerlinge Maandag terug te verwelkom op die skoolbanke. Skole het gister heropen, met alle laerskool-leerders wat veronderstel is om vanaf 2 Augustus voltyds terug te keer na fisiese skoolbywoning. Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, is besig om skole se gereedheid…
27 Jul 2021 9AM 1 min

Baba Ayden terug in intensiewesorg

Baba Ayden van Niekerk, wat sowat 12 weke gelede by die huis in Lydenburg skielik ophou asemhaal het, is gister teruggeplaas na die intensiewesorgeenheid van die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg. Hy word sedert 12 Julie by ‘n rehabilitasie-sentrum behandel, maar moes teruggaan hospitaal toe nadat hy weer sepsis ontwikkel…
27 Jul 2021 8AM 1 min

Twee pitbulls in Barberton gesteel

Twee pitbulls is die afgelope naweek in Barberton gesteel. Marlies Liebenberg van die plaaslike DBV sê die honde is nie by hulle nie, maar hul eienaars het oor hulle navraag gedoen. Weens gereelde inbrake neem die Barberton DBV nie meer putbull-honde in nie. Sy sê hulle is baie gewild. Die…
27 Jul 2021 7AM 1 min

Drie mense dood in ongeluk op die N4 naby Malalane

Drie mense is vanoggend oorlede in ‘n motorongeluk op die N4-tolpad tussen Malalane en Hectorspruit. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid het ‘n kop-botsing tussen ‘n ligte afleweringsvoertuig en sedan ontstaan om ongeveer 20 minute na 11. Twee mans en ‘n vrou - wat almal in die sedan was - is…
26 Jul 2021 7AM 1 min

Sasol skop inentings-veldtog af

Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Sasol se inentingsveldtog geloof. Die petroleum-reus werk saam met die provinsie om hul sowat 8-duisend werknemers en 11-duisend kontrakteurs vandeesweek by hul fasiliteit in Secunda teen Covid-19 in te ent. Mtshweni-Tsipane het dit verwelkom en hoop ander industrieë doen dit na. Sy het die…
26 Jul 2021 6AM 1 min

VF Plus eis optrede van Mpumalanga LUR oor polisievoertuie

Die VF Plus in Mpumalanga sê hulle is uiters bekommerd oor die tekort aan polisievoertuie, veral in Ehlanzeni-distrik. Volgens Werner Weber het verskeie eenhede voertuie wat vir weke in werkswinkels staan om herstel te word wat 'n gereelde tekort laat om misdaad mee te beveg. Hy sê geld word bestee…
23 Jul 2021 9AM 1 min

Plaaslike verkiesing uitgestel

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het aangekondig dat hulle die hof sal nader vir toestemming om die plaaslike verkiesing uit te stel. Die OVK het uitgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke se verslag aanvaar, wat bevind het dit sal nie ‘n vry en regverdige verkiesing sal wees as dit in Oktober plaasvind nie. Glen…
23 Jul 2021 8AM 1 min

Chicken Challenge 2021 vendusie nou oop

Die jaarlikse Chicken Challenge vendusie is oop. 2021 se 29 kunswerk-hoendertjies sal tot 1 Augustus in die Witivier-gallery by Casterbridge uitgestal word. Daar kan tot 8 Augustus op hulle gebie word. Mense kan dit aanlyn of in persoon by die gallery doen. Die fondse wat hierdeur ingesamel word sal vanjaar…
21 Jul 2021 10AM 1 min

OVK sê hulle is slaggereed vir verkiesing in Oktober

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hulle is slaggereed om op 27 Oktober plaaslike verkiesing te hou. Uitgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke se verslag oor of dit wel dan gehou kan word, word Woensdag verwag. Sibusiso Nkosi van die OVK in Mpumalanga, sê hulle kan dit Covid-19-veilig aanbied, soos hulle reeds met tussentydse…
19 Jul 2021 8AM 1 min

Mpumalanga-premier moedig mense aan om ingeënt te word

Die premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het vanoggend haar inenting teen Covid-19 ontvang. Sy was saam met die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, op besoek aan taxi-staanplekke in Middelburg om die provinsie se inentings-program te monitor. Suid-Afrika het afgelope 24uur 11-duisend-215 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld. Mbombela het tans 2-duisend 297 aktiewe gevalle, Bosbokrand…
19 Jul 2021 6AM 1 min

Meer as 42 000 onderwysers in Mpumalanga ingeënt

Mpumalanga se onderwysdepartement sê 42-duisend 66 onderwyspersoneellede is tot dusver teen Covid-19 ingeënt. Die spesiale inentingsprogram vir onderwysers het gister op 'n einde geloop. Almal wat kwalifiseer kan egter steeds inentings ontvang. Registrasie vir mense tussen 35 en 49 is ook nou oop. LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het diegene…
15 Jul 2021 6AM 1 min

Sake-gemeenskap bedank rolspelers wat Laeveld beveilig

Die Kruger-Laeveld-sakekamer het namens sakeondernemings in die Laeveld, almal bedank wat winkelsentrums oppas, paaie patrolleer en toegang na dorpe monitor. Hulle het die polisie, weermag, sekuriteitsmaatskappye, taxi-verenigings en vrywilligers uitgesonder vir hul dapperheid om die area te beveilig. Hoofbedryfsbeampte, Linda Grimbeek, sê hulle het die volste vertroue in die sekuriteitsmagte…
14 Jul 2021 9AM 1 min

Laevelders vat hande om onluste in die kiem te kan smoor

Daar is tans geen teken van oproerigheid in die Laeveld nie. Plaaslike sekuriteitsmaatskappye het wel besluit om met mekaar hande te vat om enige oproerigheid in die kiem te smoor. Ook die polisie, taxi-verenigings en sakeleiers werk almal saam om eiendom te beskerm. Callum MacPherson van Hi-Tech Sekuriteit, Albert Gryvenstein…
14 Jul 2021 8AM 1 min
1380 – 1400