Hoërskool Bergvlam se jong wetenskaplikes is genooi om in Oktober aan die nasionale Tritech-ekspo deel te gaan neem. Die “Vlammie’s Cradle”-span bestaan uit Brian Magagula, Esther Ukpe, Jeff Simango, Nosipho Mampho en Pfumani Khoza. Pfumani sê hulle is ‘n span wat soos ‘n masjien saamwerk. As deel van die streeksuitdunne…
Die besluit van die Krugerwildtuin om ‘n wees olifantkalfie van kant te maak, het vrae laat ontstaan oor Sanparke se beleid oor mense se ingryping in die natuur. Die olifantjie is onlangs geskiet nadat die ma aan natuurlike oorsake dood is. Die wildtuin se woordvoerder, Ike Phaahla, sê hulle het…
Geen arrestasies is nog gemaak na twee polisiebeamptes Maandag in Tonga geskiet en gewond is nie. Volgens die Valke was die lede op ‘n roetine patrollie toe hulle verby ‘n sake-onderneming ry waar 'n rooftog onderweg was. Die verdagtes het op hulle begin skiet en ‘n skietgeveg het uitgebreek. Geen…
Witrivier-inwoners is keelvol dat hulle reeds 'n week lank gereelde wateronderbrekings ervaar. Die “Power of eight-thousand”-groep se Pierre du Preez sê die dorp se waterinfrastruktuur is oud en moet vervang word. Hy sê Mbombela-munisipaliteit se pogings om dit te probeer herstel dui op absolute onbevoegdheid. Du Preez sê gemeenskapsorganisasies werk…
Eskort Nelspruit en Radio Laeveld nooi alle voorskoolse en laerskoolkinders uit om te help om 'n storie te vertel. Dit begin met: “Eendag lank, lank gelede…” Nina en Abigail vertel wat volgende gebeur, en jy moet nou die storie klaar vertel. Luister hoe die storie reeds ontwikkel het en stuur…
Hoërskool Nelspruit se hoofleiers vir 2021/22 is gister aangekondig. Paul Harley en Rhodé Nel is die dux'e. Hul adjunk dux’e is Wilmien van der Merwe, Berna Kok, Jomarié du Toit, Dina Grimbeek, Larise Combrink, Joshua Devine, Wynand Loubser, Hannes Feuth, Conrad Joubert en Wikus van Biljon. Rhodé sê sy wil…
109 brandweer- en bestuurslede van Werk met Vuur sal vanaand in Winnipeg arriveer om Kanada te help met brandbestrydingspogings. Meer as honderd veldbrande woed reeds langer as twee weke in dele van die provinsie Manitoba. Werk met Vuur-woordvoerder, Linton Rensburg, sê die afvaardiging het gisteraand vertrek. Van die totaal is…
Die Valke is op soek na verdagtes wat Vrydag in Middelburg tydens 'n rooftog op 'n sypaadjie 'n sekuritietswag aangeval het. Volgens die Valke het vier mans die rooftog uitgevoer, sy vuurwapen afgeneem en kontant gesteel. Een verdagte is kort daarna aangekeer. Hy het 'n onwettige wapen op sy persoon…
Eskort Nelspruit en Radio Laeveld nooi alle voorskoolse en laerskoolkinders uit om te help om 'n storie te vertel. Dit het begin met: “Eendag lank, lank gelede…” Nina Kemp (9) vertel wat volgende gebeur, en jy moet nou die storie verder vertel. Luister na die stemnota wat aangeheg is en…
Die DA het die Menseregtekommissie (MRK) genader om tekorte aan medikasie in Mpumalanga-hospitale te ondersoek. Jane Sithole sê hulle het aan die LUR vir gesondheid daaroor geskryf, maar niks het nog verander nie.
Die Krugerwildtuin het ‘n beroep gedoen op gemeenskappe om hulle te help om die stel van strike in die park hok te slaan. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê diere word op ‘n industriële skaal in strike gevang. Hy sê mense weet wie die oortreders is en moet die inligting aan die…
Shaun Oosthuizen is vanoggend tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord in 2018 op Hetta Potgieter in die Macadamia-sorgsentrum. Hy het gister in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig gepleit op klagte van moord en roof. Hy is tot 15 jaar gevonnis vir die roof. Klagte teen Johnny du Plooy…
Lize van Eeden, ‘n graad 12-leerling aan Curro Nelspruit, het ‘n vyfde plek verower in die nasionale Engels-Olimpiade se eksamen vir Eerste Addisionele Taal. Meer as 4 400 leerlinge uit 243 skole het ingeskryf. Dit het haar 'n beurs besorg om volgende jaar by Rhodes Universiteit te studeer. Sy sê…
Vier verdagtes is gisteraand aangekeer nadat hulle moontlik Die Winpomp-restaurant in Witrivier probeer beroof het. Volgens Hi-Tech se Jchaan de Beer is een handwapen, 'n haelgeweer en 'n speel-wapen aan die verdagtes gevind. Vier kon daarin slaag om te vlug. Die restaurant-eienaar, Lewies Dippenaar, sê werkers wat vullis buitentoe geneem…
Die VF Plus het hul medelye betuig na ‘n sekuriteitswag gister tydens ‘n plaasaanval naby Brondal doodgeskiet is. Oupa Mhlongo, wat gereageer het op die noodroep, is doodgeskiet. Die boer, Johan van der Merwe, is ook geskiet en is sover bekend in ‘n kritieke, maar stabiele, toestand in die hospitaal…
Sekuriteitspanne het die soektog afgelas na drie swaar gewapende verdagtes wat vanoggend 'n boer en sekuriteitsbeampte geskiet het tydens 'n aanval op 'n plaas in die Brondal-omgewing. Oupa Mhlongo, een van die sekuriteits-beamptes wat gereageer het op die noodroep, is doodgeskiet. Die boer, Johan van der Merwe, is in die…
‘n Man wat deur die Valke as ‘n rampokker beskryf word, is Donderdag tydens ‘n hofverskyning vir een moord, aangekeer vir ‘n ander. Die 34-jarige Johan Edward Ndlovu word aangekla van die moord op Vincent Ngwato wat in November 2019 doodgeskiet is in Mkhuhlu. Ndlovu is aan die saak gekoppel…
Na 35 jaar in die onderwys tree Arrie en Rénaldia Henn vandag af. Arrie is reeds 22 jaar die hoof by Laerskool Nelspruit en Rénaldia vir 21 jaar by Nellie Miere-kleuterskool. Hulle sê dit was 'n ongelooflike voorreg om 'n deel te kon wees van soveel kinders se lewens. Volgens…
Jak de Priester gaan die Laeveld môre vermaak tydens die vyfde aflewering van die In Jou Huis-konsertreeks. Die reeks van ses konserte word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Bywoning na die optrede in Kaapsehoop is streng beperk weens Covid, maar almal kan dit vertoning regstreeks op…
Mpumalanga gesondheidsdepartement het gister amptelik 'n onkologie-eenheid by Rob Ferreira-hospitaal geopen. LUR Sasekani Manzini sê dit sal die afhanklikheid van Gauteng verminder en baie siek pasiënte toelaat om nie baie ver hoef te reis vir behandeling nie. Die vleuel is opgeknap en bevat 12 beddens en 14 chemoterapie stoele vir…
30 Jul 2021 3AM
1 min
1360 – 1380
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.