Bokkie Taute, 'n oud-omroeper by 100.5FM, is gisteraand in 'n hospitaal in Pretoria oorlede. Sy was een van die eerste vroue-omroepers by die stasie en was betrokke sedert sy ontstaan 18 jaar gelede tot 2007. Haar oud-kollegas onthou haar as iemand wat baie gesteld was op Afrikaans se die suiwer…
Die VF Plus het 'n beroep gedoen op die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, om haar belofte gestand te doen om leefstyl-oudits op plaaslike regeringsamptenare uit te voer. Dit volg op die arrestasie Maandag van die burgemeester van Nkangala-distriksmunisipaliteit, Thembi Sarah Masilela. Sy word saam met agt ander aangekla van onder…
Die DA in Mpumalanga sê die regstelsel faal vroue en kinders. Dit na 'n vermeende verkragter van 'n 14-jarige meisie vandag in die Witrivier-hof borgtog toegestaan is. Die DA se Vroue-netwerk het voor die hof betoog waar die 30-jarige man verskyn het. Dawn se adjunkleier in Mpumalanga, Trudie Grove-Morgan, sê…
Inskrywings vir Saterdag se Malelane Toyota Enduro sluit vandag om 17:00. Dit is die vierde van sewe rondtes van die Laeveld-reeks. Vanjaar word dit by ‘n nuwe venue aangebied. Dit bied ook vermaak vir die hele gesin waarvoor toegang gratis is. Besoek Tagtime.co.za om in te skryf.
Penryn College het aangekondig hulle sal vanaf volgende jaar die Cambridge-kurrikulum begin aanbied vir graad agts. Dit maak hulle die eerste skool in die Laeveld wat beide die Cambridge- en IEB-kurrikulums bied. College hoof, Albert Pienaar, sê dit sal infaseer word en die leerlinge sal eers vanaf hul graad 10…
Die liggaam van ‘n swanger vrou is Sondag in die Krokodilrivier naby Kanyamazane gevind. Volgens die polisie het sy skietwonde gehad. Sy is nog nie geïdentifiseer nie. Sy word geskat as in haar 30's, het kort blonde hare en het ‘n pienk broek en maroen T-hemp aangehad. Die gemeenskap is…
Die ry vragmotors wat langs die N4 op pad na die Lebombo-grenspos geparkeer is, het teen vanoggend van sowat 30 na 10 kilometer gekrimp. Obed Maditsi, die grenspos se bestuurder, die staking van gefrustreerde vragmotor-bestuurders is gisteroggend stopgesit. Daar is egter nou 'n oponthoud aan die Ressano Garcia-kant van die…
Die DA in Mpumalanga het 'n beroep gedoen op die burgemeester van die Nkangala-distriksmunisipaliteit om dadelik te bedank. Sarah Masilela het gister saam met agt ander mense in die Middelburg-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog. Dit hou verband met 'n bedrag van byna 'n kwart-miljoen-Rand wat vir Erfenisdag-vieringe ontvang is,…
Een-en-dertig verdagtes sou vandag in die Middelburg-hof verskyn het op klagte van openbare geweld en oortreding van die rampbestuur-wet na geweldadige proteste verlede week. Twee vragmotors, ‘n bus en ‘n minibus is aan die brand gesteek en verskeie paaie is geblokkeer met brandende bande in Middelburg, Mhluzi en Hendrina. ‘n…
Die ry vragmotors wat langs die N4 op pad na die Lebombo-grenspos geparkeer is, is tans sowat 30 kilometer lank. Obed Maditsi, die grenspos se bestuurder, sê van die vragmotors is reeds drie of vier dae gestrand, nadat 'n blokkasie ontstaan het. Hy blameer die stadige prosessering van vragmotors deels…
Mediclinic Nelspruit se intensiewesorg-eenheid ervaar steeds hoë druk weens die voortslepende derde vlaag Covid-19-infeksies in die area. Dokter Gerrit de Villiers, die groep se hoof kliniese beampte, sê hulle sien dat inentings ‘n postiewe impak maak daarop om ernstige siekte en hospitalisasie weens die virus landwyd te verminder. Die LUR…
Die VF+ voer aan dat daar strenger teen vermeende renosterstropers opgetree moet word om dit hok te slaan. Volgens Werner Weber het die Krugerwildtuin reeds 70% van sy renoster-bevolking weens stroping verloor die afgelope dekade. Hy verwys na die onlangs inhegtenisname van twee mans wat met 19 horings in hul…
Plaaslike akteur Francois Jacobs se jongste rolprent, Kaalgat Karel, sal volgende maand, op Erfenisdag, uiteindelik in Suid-Afrikaanse teaters begin draai. Hierdie Laevelder speel die hoofrol van Karel, 'n kaalnaeler, in 'n produksie wat reeds verskeie pryse oorsee ingepalm het. Die flim se uitreiking is weens die pandemie en inperkingsregulasies vertraag…
Plaaslike sekuriteitsmaatskappye is op hoë gereedheid vir enige onluste wat Maandag kop uit mag steek. Private maatskappye werk saam met die polisie en burgerlike organisasies om gereed te wees sou enigiets kop uitsteek. Hulle sal reeds môre hul sigbaarheid verhoog en vanaf vroeg Maandagoggend toegangspaaie na Laeveldse dorpe patrolleer.
Dankie vir almal se oproepe oor die brand in die vlei tussen Town Lodge en Hoërskool Bergvlam. Dit is ‘n beheerde brand wat uitgevoer word deur die Lowveld & Escarpment Fire Protection Association (Lefpa). André Scheepers sê dis ‘n skoonmaakaksie vir sekuriteitsdoeleindes. Dit behoort teen 13:00 afgehandel te wees.
Die DA het hul kommer uitgespreek oor drie lede op die nuwe direksies wat gister vir die Mpumalanga Ekonomiese Groei-Agentskap en Mpumalanga Toerisme- en Parke-Agentskap aangekondig is. Dina Pule en Salome Sithole sal vir die volgende vier jaar die onder-voorsitters van onderskeidelik Mega en die MTPA wees. Pule is in…
n Vrou is in hegtenis geneem vir kinder-verwaarlosing in Amersfoort na twee kleuters Maandag in ‘n brand dood is. Volgens die polisie is ‘n tweeling seun en dogtertjie saam met hul niggie alleen gelos waar ‘n kers gebrand het terwyl hul oppasser winkel toe is. Al drie kinders was twee…
Hlobisile Lindokuhle Mthembu en Bongisipho Robert Mthembu is tot ses jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis nadat hulle hulself as onderwysers voorgedoen het. Volgens die Valke is hulle Maandag skuldig bevind en gevonnis in die hof vir gespesialiseerde kommersiële misdaad in Nelspruit vir meer as ‘n miljoen-Rand se bedrog…
Rejoice Sindisile Magagula en Matilda Velelent Shongwe moet op 15 September weer in die Nelspruit-hof verskyn op klagte van bedrog, geldwassery, en diefstal of alternatiewelik die oortreding van die belasting-administrasie-wet. Volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het Magagula na bewering deur ‘n maatskappy, Fundzani Trading, vals…
Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê hy verwag dat hulle hierdie week nog kan begin om mense ouer as 18 jaar teen Covid-19 in te ent. Hy was vandag op besoek aan inentingslokale in Ehlanzeni saam met premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, en LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini. Phaahla sê…
16 Aug 2021 10AM
1 min
1340 – 1360
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.