KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.

Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!

Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Weekly Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary
212 Episodes
40 – 60

Olifante, Olimpiese helde en ’n bietjie Breakdance

In hierdie KLETS-episode gesels Colene en Matthys met Adine Roode, die brains agter HERD (Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development). Ja, dis reg, ons praat olifante — en nie sommer enige olifante nie, maar Jabulani, die beroemde Amarula-bottel ster! Adine deel hoe dit is om vir hierdie massiewe reuse te sorg,…
14 Aug 2024 1 hr 08 min

Die "Friendly Satanis" en Franse Baguettes

In hierdie episode het ons ’n fassinerende gesprek met Tristán Kapp, of beter bekend as die Friendly Satanists, wat die lig werp op wat jy dalk nog altyd vermoed het oor die onderwêreld. Tristán deel sy perspektief op geloof, spesifiek satanisme en christenskap, en ons verken ook ander ideologieë en…
7 Aug 2024 1 hr 17 min

Kilimanjaro, Karoo Vere, en Kontroversie

Ons KLETS oor die opening van die Olimpiese Spele in Paris 2024. Lady Gaga se piek Karoo Vere was Suid-Afrika se eerste pronk! Die geskiedenisles van die Bastille was indrukwekkend, maar die res van die seremonie het vir sommiges soos 3 ure van gogga maak vir baba bang. Tannie Celine…
31 Jul 2024 1 hr 03 min

Regte Nuus en Groen Speletjies in Parys

Dis tyd vir nog 'n KLETS en hierdie keer met "regte nuus"! In hierdie episode het ons die joernalis, Izak du Plessis van Nuuspod, by ons. Izak KLETS saam oor die Regering van Nationale Eenheid en President Cyril Ramaphosa se toespraak tydens die opening van die parlement. Izak gee sy…
24 Jul 2024 1 hr 23 min

Olimpiese Karen en Trump se Drama

Hierdie week op KLETS neem Colene ons op ’n onvergeetlike reis met die term “raw dogging.” En nee, dit het niks met kondome te doen nie! Die Olimpiese Spele begin op 26 Julie 2024, en ons het baie te sê oor die nuwe logo wat onrusbarend baie soos ’n Karen…
17 Jul 2024 49 min

Huismark Tips en Durban July Glitz

Dis 9:00 op ’n koue winters Woensdag, en ons het wyn! ‘n Spesiale dankie aan Rihann vir die heerlike bederf van besondere wyne van die plaas Rainbow’s End. In vandag se episode gesels ons met Quentin Goldschagg van QG Realty in Gauteng oor die nuutste verwikkelinge in die huis mark…
10 Jul 2024 1 hr 18 min

Politieke Sepie Sonder Colene: Matthys en Piet Croukamp Praat RNE

In vandag se episode van KLETS vlieg Matthys solo. En nee, dit is nie omdat hy oor politiek wil praat en Colene gatvol is vir die politieke sepie nie. Prof Piet Croukamp, verbonde aan die Noordwes-Universiteit en ’n kenner op die gebied van politieke wetenskap, sluit by ons aan om…
3 Jul 2024 52 min

Hou vas julle guavas, Meisies!

Sport hou ons Suid-Afrikaners aan die gang. Die Bokke blink steeds. Pretoria is wel bietjie minder blou, of dalk meer. Kan iemand die GNU aanjaag… “Afrika-tyd” het ook sy preke. Terwyl Tannie Helen en Oom Cupcake die GNU roei, gooi Julias sy spane die hele X vol. Ian Cameron het…
26 Jun 2024 1 hr 18 min

'n NGU, ’n Cupcake en 'n Rooi Puss in Boots

Die politieke sepie van die verkiesings kom tot ’n einde met ’n NGU en ’n “ou” cupcake wat opslae maak. Of is die nog net die begin van die volgende 5 jaar se Sirius? Na ’n lang wag, het Suid-Afrika uiteindelik sy eie “Puss in Boots,” trots getooi in rooi…
19 Jun 2024 53 min

Hoop en chirurgie met ’n tikkie politiek

Die span is terug soos oudergewoonte op ’n Woensdag met nog ’n KLETS. In vandag se episode gesels Colene en Matthys met Dr. Tertius Venter, ’n plastiese chirurg wat sy lewe daaraan wy om mense in nood te help. Dr. Tertius het ’n inspirerende verhaal van toewyding en medelye, met…
12 Jun 2024 1 hr 07 min

Sterre, Stemme en Solar Panele: ’n Kosmiese Komedie

Dis ʼn land van kleure en klank, dis ʼn land van oorvloed en dank … maar is dit nog ’n land waar almal nog strewe? Die bevolking het hulle kruisies getrek… wel, sommige van hulle. ’n 58% opkoms van geregistreerde kiesers sê dalk meer van ons as swak burgers as…
5 Jun 2024 1 hr 21 min

Kyk Op! ‘n Nag van Aurora’s en Sterre met Prof David Block

Noord, Suid, Oos en Wes… kyk in enige rigting en dis doom en gloom. ’n Verkeerslig wat nie werk nie, ‘n honger bedelaar, ‘n pothole, en dan Cyril se “let’s do more”. So in hierdie episode kyk ons eerder OP! Ons praat met die bekroonde sterrekundige, en algeheel lekker ou,…
15 May 2024 1 hr 06 min

Poniesensasie en Politieke Drama

Mense en hulle dinge… en fok, hulle het baie dinge! Shell, daai geel en rooi garage, het 122 jaar oorleef—wêreldoorloë, apartheid, en talle sanksies, maar swyg voor BEE en die ANC se kontantvloei konkoksies. Iemand moet die DA red van hulle bemarkingsagentskap… 'all is fair in electioneering' maar hemel, mens…
8 May 2024 59 min

May Day! Ons is nou ook op YouTube!

In vandag se KLETS gesels Colene en Matthys met bekroonde joernalis, Daniëlla van Heerden. Daniëlla loer in om te gesels oor haar podcast, "'n Ma en 'n Mikrofoon," wat binnekort ook op Afrikaans.Radio beskikbaar sal wees. Ons gesels oor alles van ouerskap en kinders grootmaak, tot 'n knippie politiek hier…
1 May 2024 1 hr 40 min

Wat's Nuus, Hoerkind?

In die nuutste episode van KLETS, het ons 'n gevatte gesprek met die joernalis en konsultant, Camilla Bath, oor die evolusie van nuusdekking met die oog op die opkomende verkiesing. Colene deel ook haar onlangse avonture by Woolies en wonder of ons dalk vir Markus Jooste by Woolworths gaan betrap…
24 Apr 2024 1 hr 39 min

Wolke, Woorde, en Woke-ness

In vandag se KLETS worstel Matthys deur die mis van 'n wyn-brein om sy woorde te vind, terwyl Colene gelukkig op die ball is met al die vars stories. Is die toekoms van joernalistiek werklik so somber soos wat die Daily Maverick dit uitgemaak het op die 15de April 2024?"…
18 Apr 2024 1 hour

Van Reisplanne tot Rockstars

Vandag op KLETS gesels on met Ronell Swanepoel, Operationele Bestuurshoof van Travel with Flair, wat ons insig gee oor hoe om 'n reis behoorlik aan te pak. Sy deel die noodsaaklikhede van reisbeplanning, van die eerste stappe tot die afronding, insluitend wenke vir diegene wat die beste van internasionaal en…
10 Apr 2024 1 hr 24 min

Ons is 1 Jaar Oud!

Glo dit of nie, maar KLETS en Afrikaans.Radio is een jaar oud! Dankie aan een en elk wat luister, deel, vir ons skryf en ons op ons tone hou. Ons waardeer jul ore en jul tyd. Hier is op die volgende jaar! Cheers! Die span be-KLETS vandag die Nosiviwe Mapisa-Nqakula…
3 Apr 2024 1 hr 03 min

Micki vang Moordenaars

In KLETS gesels die span met Dr. Micki Pistorius. Micki is 'n Suid-Afrikaanse forensiese sielkundige en skrywer. Sy was die eerste profielskrywer in Suid-Afrika wat aan baie hoë-profiel sake gewerk het, wat onder andere reeksmoordenaars insluit. Sy is bekend vir haar outobiografie, Catch me a Killer (2000), waarop 'n televisiereeks…
27 Mar 2024 1 hr 24 min

Die Krag van Gemeenskap

Colene is terug uit die Noorde en die Afrika hitte ontmoedig haar. Die span gesels met Prof Johan Oberholster van Die MootProjek in Pretoria. Johan vertel waar die inspirerende projek begin het wat die krag van 'n gemeenskappe wat saam werk illustreer. Hy deel raad en struikelblokke wat vermy moet…
20 Mar 2024 1 hr 26 min
40 – 60