KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.

Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!

Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Weekly Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary
224 Episodes
60 – 80

'n NGU, ’n Cupcake en 'n Rooi Puss in Boots

Die politieke sepie van die verkiesings kom tot ’n einde met ’n NGU en ’n “ou” cupcake wat opslae maak. Of is die nog net die begin van die volgende 5 jaar se Sirius? Na ’n lang wag, het Suid-Afrika uiteindelik sy eie “Puss in Boots,” trots getooi in rooi…
19 Jun 2024 53 min

Hoop en chirurgie met ’n tikkie politiek

Die span is terug soos oudergewoonte op ’n Woensdag met nog ’n KLETS. In vandag se episode gesels Colene en Matthys met Dr. Tertius Venter, ’n plastiese chirurg wat sy lewe daaraan wy om mense in nood te help. Dr. Tertius het ’n inspirerende verhaal van toewyding en medelye, met…
12 Jun 2024 1 hr 07 min

Sterre, Stemme en Solar Panele: ’n Kosmiese Komedie

Dis ʼn land van kleure en klank, dis ʼn land van oorvloed en dank … maar is dit nog ’n land waar almal nog strewe? Die bevolking het hulle kruisies getrek… wel, sommige van hulle. ’n 58% opkoms van geregistreerde kiesers sê dalk meer van ons as swak burgers as…
5 Jun 2024 1 hr 21 min

Kyk Op! ‘n Nag van Aurora’s en Sterre met Prof David Block

Noord, Suid, Oos en Wes… kyk in enige rigting en dis doom en gloom. ’n Verkeerslig wat nie werk nie, ‘n honger bedelaar, ‘n pothole, en dan Cyril se “let’s do more”. So in hierdie episode kyk ons eerder OP! Ons praat met die bekroonde sterrekundige, en algeheel lekker ou,…
15 May 2024 1 hr 06 min

Poniesensasie en Politieke Drama

Mense en hulle dinge… en fok, hulle het baie dinge! Shell, daai geel en rooi garage, het 122 jaar oorleef—wêreldoorloë, apartheid, en talle sanksies, maar swyg voor BEE en die ANC se kontantvloei konkoksies. Iemand moet die DA red van hulle bemarkingsagentskap… 'all is fair in electioneering' maar hemel, mens…
8 May 2024 59 min

May Day! Ons is nou ook op YouTube!

In vandag se KLETS gesels Colene en Matthys met bekroonde joernalis, Daniëlla van Heerden. Daniëlla loer in om te gesels oor haar podcast, "'n Ma en 'n Mikrofoon," wat binnekort ook op Afrikaans.Radio beskikbaar sal wees. Ons gesels oor alles van ouerskap en kinders grootmaak, tot 'n knippie politiek hier…
1 May 2024 1 hr 40 min

Wat's Nuus, Hoerkind?

In die nuutste episode van KLETS, het ons 'n gevatte gesprek met die joernalis en konsultant, Camilla Bath, oor die evolusie van nuusdekking met die oog op die opkomende verkiesing. Colene deel ook haar onlangse avonture by Woolies en wonder of ons dalk vir Markus Jooste by Woolworths gaan betrap…
24 Apr 2024 1 hr 39 min

Wolke, Woorde, en Woke-ness

In vandag se KLETS worstel Matthys deur die mis van 'n wyn-brein om sy woorde te vind, terwyl Colene gelukkig op die ball is met al die vars stories. Is die toekoms van joernalistiek werklik so somber soos wat die Daily Maverick dit uitgemaak het op die 15de April 2024?"…
18 Apr 2024 1 hour

Van Reisplanne tot Rockstars

Vandag op KLETS gesels on met Ronell Swanepoel, Operationele Bestuurshoof van Travel with Flair, wat ons insig gee oor hoe om 'n reis behoorlik aan te pak. Sy deel die noodsaaklikhede van reisbeplanning, van die eerste stappe tot die afronding, insluitend wenke vir diegene wat die beste van internasionaal en…
10 Apr 2024 1 hr 24 min

Ons is 1 Jaar Oud!

Glo dit of nie, maar KLETS en Afrikaans.Radio is een jaar oud! Dankie aan een en elk wat luister, deel, vir ons skryf en ons op ons tone hou. Ons waardeer jul ore en jul tyd. Hier is op die volgende jaar! Cheers! Die span be-KLETS vandag die Nosiviwe Mapisa-Nqakula…
3 Apr 2024 1 hr 03 min

Micki vang Moordenaars

In KLETS gesels die span met Dr. Micki Pistorius. Micki is 'n Suid-Afrikaanse forensiese sielkundige en skrywer. Sy was die eerste profielskrywer in Suid-Afrika wat aan baie hoë-profiel sake gewerk het, wat onder andere reeksmoordenaars insluit. Sy is bekend vir haar outobiografie, Catch me a Killer (2000), waarop 'n televisiereeks…
27 Mar 2024 1 hr 24 min

Die Krag van Gemeenskap

Colene is terug uit die Noorde en die Afrika hitte ontmoedig haar. Die span gesels met Prof Johan Oberholster van Die MootProjek in Pretoria. Johan vertel waar die inspirerende projek begin het wat die krag van 'n gemeenskappe wat saam werk illustreer. Hy deel raad en struikelblokke wat vermy moet…
20 Mar 2024 1 hr 26 min

Die Lig is Noord

In hierdie KLETS episode neem Colene ons saam op 'n avontuur na die noorde om die Nothernlights te ervaar. Colene deel haar opwinding en verwondering oor die skouspel wat die Noorderligte is, terwyl jy dit wel eintlik net kan sien deur jou selfoon se lens. Colene “preek” en deel haar…
13 Mar 2024 54 min

Sophia sê haar sê

In KLETS vandag gesels Matthys met die Animal Healer en Communicator Hettie Richter oor hoe sy met diere gesels en hulle help om hul behoeftes en gedrag te verstaan. Sy gebruik haar intuïsie om die boodskappe te interpreteer wat die diere oordra deur hul liggaamstaal, vokalisasies, en energiepatrone. Deur genesing…
6 Mar 2024 43 min

Die Melktert

Vandag op KLETS vier ons Nasionale Melktert Dag! Die koningin van die Melktert, Lucinda Rosa Neethling van Die Melktert Kommissie Band, gesels oor die terte, haar musiek, kuns en liedjies. Ons ontmoet ook Liriek, die dogtertjie van Lucinda en Bouwer. Verder deel Matthys se ma haar maklike mikrogolf melktert resep…
28 Feb 2024 45 min

"Enoch" Tax "Enoch" bietjie meer Tax vir jou

Is dit vandag D-dag vir Suid-Afrikaners? Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer vandag sy begrotingsrede vir 2024. Dit mag een van die moeilikste wees, want die koffers is leeg, maar die ANC moet steeds die regering aan bewind hou. Ons KLETS met Andre Cilliers, valutastrateeg by TreasuryONE, oor wat…
21 Feb 2024 1 hr 10 min

Sidney Gilroy - Bloedsomer

In 'n spesiale uitsending van KLETS gesels Matthys met krimi-skrywer Sidney Gilroy oor sy nuutste boek, "Bloedsomer", wat Mooibaai as agtergrond het. Hierdie gesprek laat ons die man agter die karakters soos Sollie en nou ook Petunia beter verstaan. Sidney is ook die aanbieder van die #BOEKPOD op Afrikaans.Radio, en…
16 Feb 2024 30 min

Val-in-die-tuin Dag!

Laat ons jou lei deur die tuin van liefde op hierdie spesiale dag van Val-in-die-tuin! As jy nog nie jou dag beplan het nie, sit terug en luister na Dr. Eugene Viljoen, 'n vooraanstaande kliniese sielkundige en seksuoloog, wat sy insigte deel oor die lekkernye en uitdagings binne verhoudings en…
14 Feb 2024 1 hr 21 min

SONA 2024

In die spesiale uitsending van Klets gesels ons met Dr. Piet Croucamp, 'n politieke analis en senior dosent aan die NWU se besigheidsskool, oor gisteraand se staatsrede. Ons vreeslose President Squirrel het baie "recovery" planne voorgehou en het gewys dat waar sy intellek kort skiet, sy verbeeldingskrag verseker nie agterbly…
9 Feb 2024 50 min

Donker die Donner in

Die span is terug na 'n week van donkerte in Pretoria. Matthys se frustrasie oor die gebrek aan krag is duidelik, en dis "DA" waar die kak begin. Mense op die pad laat Colene wonder of ons nog menslik is en waarheen die mensdom op pad is. Die Kintsugi Queen,…
7 Feb 2024 1 hr 15 min
60 – 80