GROOTfm 90.5 Ander programme

Ander programme

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Daily Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
230 Episodes
100 – 120

#JouMenseMyMense saam met SPAR - Juffrou Maretha Kruger

Toe die Woeries vanoggend 10 uur op die skool se aantreeblad bymekaar kom, het niemand geweet wat vir geliefde Juffrou Maretha Kruger (44) voorlê nie... Inteendeel, min mense het tot vandag geweet dat sy na ‘n lang dag op haar voete voor in die Duitse klas of op die sportveld…
14 May 2019 8AM 8 min

Intiem onderhoud 13 Mei

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
13 May 2019 10AM 8 min

Jesus Film Projek

Hullebediening is drievoudig: 1.) Mike is verantwoordelik vir al die Jesus Film Projek spanne in Suid Africa se film wys toerusting. 2.) Natasha is die koördineerder vir die Magdalena Vroue Film strategie in Suid Afrika en 3.) Hulle is die stigters van Eco Ministry waar ons uitreik onder staf met…
5 May 2019 2AM 31 min

Goeie Nuus Vrydag – 26 April 2019 – Martie Venter

Martie se gesondheidstryd het 2 weke na haar geboorte begin toe sy ‘n bloedoortapping moes kry. Daar was komplikasies wat Atetose meegebring het en Martie se balans, gehoor en spraak aangetas het. Sy is op 19 jarige ouderdom - 29 jaar gelede - die eerste keer met kanker gediagnoseer: o.a…
26 Apr 2019 8AM 5 min

#JouMenseMyMense – Martie Venter – 23 April 2019

Martie se German Sherperd, Flekkie keer eers beskermend by die voordeur van haar woonstel voor ons as’tware sy toestemming het om in te stap. Ons weet nie heeltemal wat om te verwag nie. Amper soos Ria toe Martie daardie eerste dag voor haar huis stop om na die woonstel te…
23 Apr 2019 7AM 6 min

#JouMenseMyMense – 16 April 2019 – Oom Danie en Sungardens Hospice

“Ek wil julle harte pick,” was die woorde waarmee Danie Engelbrecht sy briefie begin het. “Ek wil graag iets vir Sungardens Hospice doen, want vir die eerste keer in my lewe besef ek hoe afhanklik terminaal siek mense van ‘n plek en diens soos dié van Hospice is.” Op 28…
16 Apr 2019 7AM 6 min

Goeie Nuus Vrydag- Cathy van Rensburg

Cathy van Rensburg het 13 jaar gelede haar projek in Elandspoort begin. Kefilwe Thusano het o.a. 'n kleuterskool, naskoolsentrum en vrouegroep, help minstens 50 gesinne met kospakkies en gee elke dag vir ongeveer 150 mense 'n bord gekookte kos. Toe ons laas week vir Cathy gaan kuier, het Annemarie Pretorius…
12 Apr 2019 6AM 6 min

Intiem onderhoud 9 April

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
11 Apr 2019 2AM 16 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Drika en Melt se seuntjie

Drika is 34 jaar oud en werk in die beheerkamer van ‘n sekuriteitsfirma in Pretoria-Noord. Haar man, Melt het vier maande gelede sy werk verloor. Hulle het nie ‘n kar nie, so waar hulle ook al moet wees, stap hulle – ook nou terwyl Melt elke dag werk soek. Melt…
9 Apr 2019 6AM 6 min

Chantal Viljoen onderhoud met Jennifer

Chantal Viljoen het haar getuienis met ons kom deel, Sondagaand, 7 April 2019. Sy het haar babadogtertjie Katryn, 'n paar jaar gelede aan die dood afgestaan. Sy is 'n voorbeeld van hoe om in Hoop te leef en oor te gee aan Christus, ten spyte van moeilike omstandighede
7 Apr 2019 4AM 40 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 2 April 2019 - Die Engel van Elandspoort

“Ek begin sommer al ses uur in die oggend”, sê Annamarie by die groot potte op die gasstoof waar die geure van rys, vleis en groente so saam met die stoom uitglip. Sy is een van die ses permanente vrywilligers, vrouens uit die Elandspoort gemeenskap, wat deur haar diensbaarheid aan…
2 Apr 2019 6AM 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tannie Triena

Toe ons om die hoek kom met die bos blomme en geskenksakkie vol bederf om vir 79-jarige Tannie Triena by haar huis te verras, is sy aan die werk in die kombuis - presies soos haar dogter Cornel se briefie vertel het. Sy doen steeds alles self, maar dié wat…
26 Mar 2019 9AM 6 min

#JouMenseMyMense - 19 Maart 2019 - Giovanni Hendriks

Op die 25ste Februarie het Giovanni Hendriks die middag by die huis gekom en vir sy ma gesê daar is ‘n krapperigheid in sy keel. Later die aand kon hy nie meer praat of sluk nie. Giovanni het 8 jaar gelede aan Guillain-Barré-sindroom gely en was bang die siekte het…
19 Mar 2019 7AM 7 min

Berlise Louwrens gesels met Jennifer

Onderhoud met Berlise Louwrens: CLF se eie gratis pamflet bediening Dit is amper CLF se bestaansreg aangesien die organisasie 61 jaar gelede gestig is deur sendelinge om die Boodskap van die Bybel na almal te neem, in hulle eie taal. Ons het pamflette in verskeie kategoriee wat onder andere aktuele…
18 Mar 2019 3AM 17 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 12 Maart – Huis Gideon

Huis Gideon se hoofdoel is die skep van ‘n liefdevolle en veilige omgewing waar getraumatiseerde kinders wat slagoffers van erge mishandeling en verwaarlosing was, geborgenheid en stabiliteit kan vind en sodoende weer kan leer om te vertrou. Die 6 kinders wat hier woon, het almal ouers, maar is weens hulle…
15 Mar 2019 4AM 7 min

#JouMenseMyMense - 5 Maart 2019 - David Modiba, die afrigter

GROOTfm 90.5 is die afgelope jaar betrokke by David Modiba se Atletiekklub in Olievenhoutbosch. Dit het begin by 9-jarige Annerike Heyneke wat tydens een van die landloopwedlope gesien het dat van die atlete nie tekkies het nie en tussen items die gehawende sportklere uitruil. Sy het begin tekkies insamel en…
5 Mar 2019 5AM 8 min

HOOPstoot vir Flippie op GoeieNuusVrydag

#GoeieNuusVrydag - Flippie se oogoperasie Flippie en Cornelia se storie en die dringende oogoperasie wat nodig is, het soveel harte aangeraak dat verskillende mense na ons #JouMenseMyMense projek een vir een 'n bydrae wou maak... Mense van sover as Mosselbaai en iemand wat self op R50 'n dag leef wou…
1 Mar 2019 2AM 15 min
100 – 120