Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
840 – 860

DA, ANC opnuut haaks

Die DA sê sy lid Emma Powell se onthulling oor Mcebisi Jonas het 'n ernstige geloofwaardigheidskwessie vir president Cyril Ramaphosa geskep. Die party sê Ramaphosa het Jonas aangestel om Suid-Afrika se diplomatieke, handels- en bilaterale belange met die VSA te bevorder nadat ambassadeur Ebrahim Rasool uitgeskop is. Willie Aucamp van…
20 Jul 2AM 1 min

'SA kan geweldskrisis nie langer ignoreer'

Die GOOD-party sê Suid-Afrika het 'n misdaad-, bende- en geweldskrisis wat gemeenskappe terroriseer. Die party sê die massaskietery by 'n taverne in die Shoba-informele nedersetting in Olievehoutbosch, Centurion, waarin vyf mense dood is, is vernietigend. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Suid-Afrika kan nie die patroon wat na vore kom,…
20 Jul 1AM 1 min

Chantel Boeren dra Mej. Tiener-kroon

Chantel Boeren is Vrydagaand as Namibië se Mej. Tiener 2025 gekroon. Boeren het Saterdagaand tydens die kroning van Mej. Namibië 2025 gesê sy droom reeds sedert haar kinderjare oor die titel en oor haar toekomsplanne uitgebrei:
20 Jul 1AM 1 min

Chantel Boeren dra Mej. Tiener-kroos

Chantel Boeren is Vrydagaand as Namibië se Mej. Tiener 2025 gekroon. Boeren het Saterdagaand tydens die kroning van Mej. Namibië 2025 gesê sy droom reeds sedert haar kinderjare oor die titel en oor haar toekomsplanne uitgebrei:
20 Jul 12AM 1 min

Namcor-verdagte skuil glo steeds in Angola

Die Teenkorrupsie-kommissie sê die Namcor-korrupsieverdagte Victor Malima skuil vermoedelik steeds in Angola. Malima, die 10de beskuldigde in die 480 miljoen Namibiese dollar skandaal, het gevlug nadat ander verdagtes in hegtenis geneem is. Die kommissie bevestig dat daar geen teken is dat hy teruggekeer het na Namibië nie. Die kommissie se…
19 Jul 6AM 1 min

Trump-tariewe plaas druk op plaaslike motorbedryf

Die VSA se 30 persent tariewe op Suid-Afrika vanaf 1 Augustus wek kommer in veral die voertuigbedryf. Namibië voer baie voertuie en onderdele uit die buurland in, en die tariewe gaan beslis 'n plaaslike uitwerking hê. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Cirrus ekonoom Robert McGregor gekry.
19 Jul 5AM 1 min

'FlySafair in oorlog teen vlieëniers, publiek'

Die vakbond Solidariteit sê FlySafair se bestuur het oorlog verklaar teen sy vlieëniers en die publiek. Dit volg nadat die lugredery aangekondig het vlieëniers sal vir sewe dae verbied word om te werk in reaksie op 'n beplande een dag staking. Die lugredery kan moontlik die vlieëniers tot 14 dae…
19 Jul 4AM 1 min

Staatskaper in SA, beboet en tronk toe

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die skuldigbevinding van die staatskapingsbeskuldigde, Yakub Bhikhu, verwelkom nadat hy skuldig gepleit het op 81 aanklagte, insluitend bedrog, geldwassery en belastingsoortredings. Die streekshof in Pretoria het Bhikhu tot tien jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is, en hom gelas om 300 000 rand aan Transnet…
19 Jul 3AM 1 min

Nasionale indaba oor bek-en-klou in SA

Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement en ander belanghebbendes sal Maandag en Dinsdag 'n hoëvlak-nasionale bek-en-klouseer-indaba in Roodeplaat, Pretoria, aanbied. Hy sê Suid-Afrika ervaar tans beduidende en voortdurende uitdagings met uitbrekings van bek-en-klouseer in verskeie provinsies. Dit het gelei tot beperkings op die beweging van vee en…
19 Jul 2AM 1 min

Rugby: D-dag vir Namibië vir Afrikabeker

Namibië se nasionale rugbyspan draf vanmiddag in Kampala, Uganda in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker-toernooi teen Zimbabwe uit. Namibië moet die wedstryd wen om vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer. Afskop in die wenner-vat-alles stryd is om 3-uur Namibiese tyd. Die skrumafrigter van Namibië, Jaco…
19 Jul 1AM 1 min

Rustig op die misdaadfront, berig Copps 94.1

Buiten vir ‘n enkele skietvoorval in Windhoek, waarin niemand beseer is nie, was Vrydagaand ‘n rustige aand in die hoofstad, berig Francois Lottering. Hy was deel van die Copps 94.1-span en doen verslag:
19 Jul 12AM 1 min

Ministerie betrek sakesektor om AfCFTA te benut

Die handelministerie het saam met die industrialisasie-ministerie konsultasies van stapel gestuur om die sakesektor te betrek. Die sessies is daarop gemik om bewustheid van die Afrika Kontinentale Vryhandelsooreenkoms te verhoog en die implementering daarvan te ondersteun. Handelminister Selma Ashipala-Musavyi sê die inisiatief is die sleutel om plaaslike besighede te help…
18 Jul 11AM 1 min

Stad Tshwane oortree eie munisipale regulasies, sê AfriForum

AfriForum beskuldig die Stad Tshwane dat hy sy eie regulasies oor die Brandweerdiens oortree. Die burgerregte-organisasie sê 'n aantal begraafplase en ander munisipale terreine, soos oop stukke veld en die stuk veld langs paaie, hou 'n ernstige brandgevaar in omdat hulle nie behoorlik in stand gehou word nie. Tarien Cooks…
18 Jul 11AM 1 min

San-regsbemagtigingsprogram 'n dawerende sukses

Die Regshulpsentrum en die Europese Unie het 'n vierdaagse regsbemagtigingsprogram in Tsumkwe afgesluit. Die program is daarop gemik om toegang tot geregtigheid in San-gemeenskappe te bevorder. Die inisiatief, wat San-regsassistente van regoor die land bymekaarbring, fokus op die versterking van regskennis, menseregtebewustheid en gemeenskapsvoorspraak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
18 Jul 10AM 1 min

Tariewe op SA voertuie gaan ons ook ruk

Daar word baie berig oor die impak van tariewe op Suid-Afrika. Die VSA het 30 persent tariewe op die buurland ingestel vanaf 1 Augustus en dit wil voorkom asof onderhandelings nie werklik vorder nie. Veral die voertuig- en onderdele-vervaardigingsbedryf sal na verwagting erg deurloop, met sowat 100 000 werke wat…
18 Jul 10AM 1 min

Whk Sentrale Hospitaal se warmwaterstelsel word uiteindelik herstel

Na 15 jaar se sukkel, sal Windhoek Sentrale Hospitaal uiteindelik sy warmwaterstelsels herstel. Die werkeminister Veikko Nekundi het 'n projek van 6,4 miljoen Namibiese dollar deur die Namibiese Ingenieurskorporasie in werking gestel, onder die vervoerministerie. Nekundi maan ook dat instandhouding kritiek is, regoor die land.
18 Jul 9AM 1 min

Staatsdiensvakbond vra dringend nuwe Openbare Beleggingskorporasie-raad

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, moet dringend ʼn nuwe raad vir die Openbare Beleggingskorporasie aanstel. Die vorige raad se termyn het verstryk. Intussen is die korporasie se uitvoerende hoof, Thabiso Moshikara, geskors te midde van ernstige bewerings oor omkoopgeld van 3-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die…
18 Jul 9AM 1 min

Dís die inligting wat finansiële insluitingsopname soek

Daar is meer inligting bekend oor die Namibiese Statistieke-agentskap se finansiële insluitingsopname se loodsprojek wat volgende week begin in Khomas. Dit is ‘n klein opname met die doel om die data-insamelingsinstrumente, veldprosedures en die algehele metodologie voor die hoofopname te toets. Esther Simasiku, kommunikasiebeampte by agentskap, het meer.
18 Jul 8AM 1 min
840 – 860