OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,763 Episodes
860 – 880

PM gesels met ‘n kaasmaker van die Vrystaat by die Aardklop-fees

Faan van Zyl is ‘n leierboer in die Bloemfontein-omgewing wat bekend was as ‘n koring- en mielieprodusent. Deesdae produseer hy egter ‘n gesogte haloumi-kaas wat veral baie gewild is by boeredae, skoue en kunsfeeste. Van Zyl vertel waar die liefde vir kaas vandaan kom en hoe hulle die produk bemark.
3 Oct 2022 2AM 2 min

PM berig oor die Australiese regering wat drastiese maatreëls in plek kry

Die Australiese regering doen alles in hul vermoë om bek-en-klouseer in hul land te voorkom. Volgens die land se minister van landbou, word maatreëls verskerp in ‘n poging om die siekte uit die land te hou. Onlangs is onder andere ‘n Indonisiese burger by die lughawe betrap met ‘n vleisproduk…
3 Oct 2022 2AM 1 min

PM berig oor die melkkuddes van Oekraïne wat besig is om te kwyn

Oekraïne se melkkuddes is besig om heeltemal te kwyn as gevolg van die voortslepende oorlog met Rusland. Tot soveel as ‘n derde van die land se kudde sal tot niet gaan, sou die oorlog tot in 2023 voortduur. Meer as 50 000 koeie het alreeds gevrek. Melkplase se infrastruktuur word…
30 Sep 2022 4AM 1 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, bespreek vandag die onlangse verhoging van rentekoerse. Daar is groot kommer oor die skuldlas wat die landbousektor tref. Die rand se waarde teenoor ander geldeenhede staan steeds uit. Die res van die wêreld het egter ook verhoogde rentekoerse…
27 Sep 2022 2AM 3 min

PM gesels met ‘n boervrou uit die Kalahari, Petro Spangenberg

Petro Spangenberg is ‘n boervrou van die Kuruman/Kathu/Deben-omgewing en sy vertel van haar ervaring op die plaas en wat dit vir haar menswees beteken. Sy deel haar liefde vir die natuur en vir diere. Sy verduidelik haar gevoel van genoegdoening as sy op die plaas is en die waardering wat…
26 Sep 2022 2AM 2 min

PM berig oor landbou se vertrouensindeks

Daar is ‘n daling in die indekse van landbou se syfers. Stygende insetkostes en rentekoerse wat steeds verhoog, skep ‘n kommerwekende prentjie, maar daar is steeds ‘n gunstige prentjie om na uit te sien. Ten spyte van al die uitdagings, is daar steeds hoop vir die sektor.
26 Sep 2022 2AM 1 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse progam “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoetteler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag verder oor ‘n paar “oorgee”-beginsels in…
23 Sep 2022 2AM 5 min

PM reports on interesting facts about the game meat industry

Cabinet has approved the publication of a draft strategy to formalise and transform South Africa’s game meat industry. These strategies would provide mechanisms of interventions to unlock the full economic potential of the game meat industry domestically, regionally and internationally.
23 Sep 2022 2AM 1 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels vandag oor die groei in die ekonomie. Maré wys uit dat daar ‘n inkrimping was die afgelope tweede kwartaal. Landbou se bydrae tot die ekonomie het met bykans 21% gedaal. Landbou het in 2021 in die tweede kwartaal…
20 Sep 2022 2AM 3 min

PM berig oor onder meer die moontlikheid van biologiese wolverwydering

‘n Tekort aan skeerders in Australië het wolprodusente genoop om alternatiewe maniere te vind om wol te oes. Biologiese of chemise wolverwydering is ‘n proses wat al langer as ‘n dekade ontwikkel word en onlangse proefnemings kyk weer na die lewensvatbaarheid daarvan. Intussen is daar in Nieu-Seeland weer pogings aan…
19 Sep 2022 2AM 1 min

PM berig oor die oorlog in Oekraïne wat die suiwelbedryf knou

Melkprodusente en –verwerkers in die Oekraine bevind hulle tans in ‘n finansiële krisis as gevolg van die oorlog, omdat supermarkte betalings aan verwerkers vertraag en selfs weerhou. Supermarkte is self in die knyp aangesien baie verbruikers reeds uit die land gevlug het.
19 Sep 2022 2AM 1 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse progam “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoetteler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag oor ‘n paar “oorgee”-beginsels in boerdery…
16 Sep 2022 2AM 5 min

PM berig oor vertrouensvlakke wat in die tweede kwartaal gedaal het

Vertrouensvlakke, veral in die vervaardigingsbedryf, het in die tweede kwartaal skerp gedaal. Bykomende teenstand het ‘n afname in vertroue teweeggebring. Die impak van die vloede in Kwazulu-Natal, toenemende beurtkrag en die Rusland-Oekraine oorlog, was die grootste bydraende faktore hoekom vertroue met 14 punte tot 29 gedaal het.
16 Sep 2022 2AM 1 min
860 – 880