OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,763 Episodes
940 – 960

Dr Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom, gesels oor kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het gedaal hierdie week. Warm weerstoestande en die Russiese oorlog oefen ‘n groot invloed op pryse uit. Sojaboonproduksie is ook onder druk. Sonneblompryse en koringpryse het ook gedaal. Laer globale…
20 Jul 2022 2AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week gestabiliseer teenoor die Amerikaanse dollar met laer ekonomiese groei as gevolg van die probleme rondom Eskom en rentekoerse wat hoog is. Stoorlampryse het effens gedaal. Hoenderpryse en varkpryse het sywaarts beweeg…
20 Jul 2022 2AM 3 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor die huidige lae speenkalfpryse en moontlike redes daarvoor. Volgens hom is pryse van vee is tans laag. Hierdie jaar of seisoen verskil toestande redelik van ander jare. Wat is dus met pryse aan die gang? Speenkalfpryse word beinvloed deur…
19 Jul 2022 1AM 3 min

PM gesels met ‘n kenner in biologiese landbou, Rouxan Cloete

Rouxan Cloete is ‘n kenner in biologiese landbou en hy verduidelik wat ‘n moontlike oplossing kan wees vir die huidige skaarsheid van kunsmis as gevolg van die Russiese oorlog. Cloete vertel van goeie navorsing wat gedoen is om alternatiewe produkte te gebruik en om met min risiko, volhoubaar hul aktiwiteite…
18 Jul 2022 3AM 3 min

PM het die afgelope naweek die Boran Stoettelers se jaarlikse dinee en veiling bygewoon

Die Boran Stoettelersvereniging het die afgelope naweek hulle jaarlikse veiling, dinee, prysuitdeling en vergadering by Afridome, buite Parys gehou. Die uitvoerende bestuurder van die verening, Christopher Havenga, vertel van die geskiedenis van die ras en die groot vooruitgang en suksesse wat dit in die afgelope 20 jaar behaal het. Meer…
18 Jul 2022 3AM 4 min

PM berig oor ‘n proeflopie met naspeurbaarheid in distrikte waar bek-en-klouseer gevalle aangemeld is

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, in samewerking met die Rooivleisprodusente-organisasie, is ver gevorder met die ontwikkeling van ‘n naspeurbaarheidstelsel en toets tans in distrikte waar bek-en-klouseer onlangs uitgebreek het. Die stelsel is onder andere ontwikkel om op vee-identikasie te fokus, waar dit insluit die dier en die…
15 Jul 2022 2AM 1 min

PM berig oor brande- en brandvoorkoming en moontlike stappe wat geneem kan word

Julie- en Augustusmaande is tradisioneel die maande wat bekend staan as die maande waarin veldbrande die meeste voorkom. Daar bestaan verskeie voorkomingsaksies wat die publiek, sowel as grondeienaars kan volg om te voorkom dat brande groot skade aanrig. Voorkoming van brande, deur te let op buitebraaiers, sigaretstompies en onder andere…
14 Jul 2022 2AM 2 min

PM berig oor die term naspeurbaarheid

Naspeurbaarheid van diere word al hoe meer belangrik en in Suid-Afrika is dit alreeds ‘n baie belangrike skakel in die veeketting. Akkurate gestaafde statistiese data-opnames is van groot belang. Dieregesondheidstatus en die beweging van diere, reproduksie-prestasie van bulle en koeie en tussenkalfperiode van nageslagte, is maar ‘n paar van die…
14 Jul 2022 1AM 1 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week aansienlik verswak teenoor die Amerikaanse dollar met laer ekonomiese groei as gevolg van die probleme rondom Eskom en rentekoerse wat hoog is. Stoorlampryse het effens gestyg met pryse in die Vrystaat…
13 Jul 2022 2AM 3 min

Hans-Jurie Moolman

Hans-Jurie Moolman gesels oor stakings op plase. Hy bespreek die kwessie van wettige en onwettige stakings in die landbousektor.
11 Jul 2022 2AM 4 min

PM berig oor interessante nuus van die Amerikaanse rooivleisbedryf

Voorbereidings is ver gevorder in die kantoor van die Amerikaanse handelsverteenwoordiger vir nuwe handelsgesprekke onder die Indo Stille Oseaan Ekonomiese Raamwerk (ook genoem IPEF). Die fokus handel hoofsaaklik oor die prioritisering van toegang tot Amerikaanse rooivleis, die bevordering van wetenskaplik gebaseerde handelsreels en onder andere ook die bevordering van streeksooreenkomste…
8 Jul 2022 2AM 1 min

PM berig oor laatroes op aartappels

Laatroes op aartappels is een van die grootste bedreigings vir aartappelprodusente in Suid-Afrika. ‘n Voldoende swamdoderprogram is daarom uiters belangrik vir die beste behandeling en om oeste te kan red. Vog wat op die oppervlakte van die plant kan ontwikkel, veral in temperature tussen 15 en 24 grade Celsius, is…
7 Jul 2022 2AM 1 min

Dr Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies se pryse het effens gedaal hierdie week. Die verwagting is dat pryse verder kan daal in die komende paar weke, terwyl weersomstandighede ook ‘n invloed kan uitoefen op pryse.
6 Jul 2022 3AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week verder verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het weer gedaal en is onder druk. Stoorlampryse het ook gedaal. Slagpryse toon ‘n sywaartse neiging. Oor die volgende maand, behoort slag- en lampryse…
6 Jul 2022 3AM 3 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor die koolstof-voetspoor, nadat hy verlede week in Denemarke ‘n internasionale landboukongres bygewoon het. Hy verwys na al die internasionale lande wat deelgeneem het aan die konferensie en is van mening dat Suid-Afrikaanse lande glad nie hoef terug te staan…
5 Jul 2022 2AM 3 min

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende prokureur wat ‘n kundige is op die gebied van grondregte. Vandag word verblyfreg van arbeiders wat lank op plase woon, bespreek. Moolman maak eerstens onderskeid tussen landbougrond en ander grond. Spesiale beskerming bestaan vir werkers wat as langtermyn okkupeerders beskou word, met ander woorde werkers…
4 Jul 2022 2AM 4 min
940 – 960