Die Nelspruit-dokter Eurika Mogane-Jones is gekies as ‘n finalis in die 2022 “Forty under 40” Afrika-toekennings. Dié reeds bekroonde entrepreneur van Tharika M. Health sal Suid-Afrika in die gesondheids-kategorie verteenwoordig. Sy is reeds met ‘n Golden Key-eerbewys beloon vir haar werk, in 2020, om inligting oor Covid-19 wyd te vertaal…
Die polisie ondersoek 'n moord en poging tot moord na 'n man sy meisie Saterdagaand buite 'n kuierplek in Standerton doodgeskiet het. Volgens Brigadier Selvy Mohlala het hulle stry gekry voor hy haar geskiet het. Haar broer het probeer om tussenbeide te tree en is ook in sy onderlyf geskiet…
'n Kop-botsing op die N4 tussen Middelburg en eMalahleni het vanoggend vier lewens geëis. Moeti Mmusi van die departement van gemeenskapsveiligheid sê dit het kort na 5-uur vanoggend gebeur toe 'n minibus en 'n swaarvoertuig gebots het. Die bestuurder van die minibus en drie passasiers is op die toneel dood…
Dit is amper weer tyd vir die legendariese Sabie Tube Race wat verlede jaar glad nie kon plaasvind nie weens Covid-19-inperkingsreëls. Vanjaar kan dit, en 2 000 mense kan op 4 en 5 Februarie saam partytjie hou. Johannes Coetzee van Round Table Witrivier wat dit reël, sê vanjaar se “resies”…
‘n Vermeende kaper is gister in Delmas vasgetrek na hy homself as ‘n ryloper voorgedoen het en saam met ‘n makker ‘n vragmotor gekaap het. Brigadier Selvy Mohlala sê die vragmotor was van Ermelo na Delmas op pad toe die bestuurder drie rylopers ‘n geleentheid gegee het. Hy het die…
‘n Groep passasiers is vanoggend onderweg werk toe saam met die busbustuurder beroof. Volgens die Mpumalanga polisie het drie gewapende mans by ‘n busstop in Tweefontein, naby Vlaklaagte, opgeklim. Hulle het almal se kontant en selfone geëis, twee skote afgevuur, en ‘n ent met die bus gery voor hulle te…
Die DA in Mpumalanga eis dat die LUR vir gesondheid in die provinsie, Sasekani Manzini, ingryp by Rob Ferreira-hospitaal waar operasies uitgestel word weens ‘n onklaar lugversorger in ‘n teatersaal. Die party se woordvoerder oor gesondheidsake in die provinsiale wetgewer, Jane Sithole, sê al die operasies wat in dié betrokke…
Wetenskaplikes skop vandag af met ‘n projek waarin vars monsters van die ou gesteentes uit die dieptes van die Barberton-Makhonjwa Berge geboor word. Die doel is om klippe te bereik wat relatief onveranderd is deur verwering prosesse sodat die leidrade wat dit bevat oor die vorming van die vroegste lewensvorme…
Die Nelspruitse navigator, Danie Stassen, is terug van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië, waar hy en bestuurder Shameer Variawa vir span Toyota Gazoo algeheel 15de geëindig het. Stassen sê dit voel asof hy die lotery gewen het, en dat elke dag se deelname aan die moeilikste motorsport-wedren in die wêreld, ‘n…
Matriekleerlinge in Mpumalanga het in 2021 'n slaagsyfer van 73,6% behaal, ‘n klein afname van verlede jaar se 74%. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane sê Ehlanzeni-distrik het die hoogste slaagsyfer van 75,6%. Thaba Chweu tel onder die top 5 munisipaliteite en Mbombela was die beste kring met 91,4% van kandidate wat geslaag…
Die polisie in Mpumalanga het ‘n deurbraak gemaak teen onwettige mynbedrywighede met die arrestasie Dinsdag van 14 vermeende onwettige myners. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die intelligensie-gedrewe operasie by die Schoogezight steenkoolhoop uitgevoer. Die verdagtes sal na verwagting in die Emalahleni-hof verskyn vir onwettige mynbedrywighede, asook bedrog, nadat hulle ‘n…
'n Vermeende dwelmhandelaar verskyn vandag in die hof nadat hy gister aangekeer is met behulp van inligting wat die gemeenskap aan die Mpumalanga polisie verskaf het. Hulle het reageer op inligting dat die verdagte in die Pankop-omgewing dwelms verkoop. Dagga, nyaope, onwettige sigarette, kontant en 'n polisie-reflekteerbaadjie is in die…
Die onderwysdepartement het ouers gevra om Vrydag saam met hul kinders hul graad 12 uitslae by skole te gaan afhaal, sodat onderwysers die puntestate kan verduidelik. Meer as 62-duisend leerlinge in Mpumalanga het in 2021 die matriekeindeksamen afgelê. Die departement teiken ‘n slaagsyfer van 83-persent in die provinsie. Die departement…
Sowat 15 gewapende mans word gesoek, nadat hulle Sondagaand drie Pakistanse burgers in Hazyview beroof het. Volgens die polisie het hulle die huis se hek en deure oopgebreek. Volgens inligting het sommige van die aanvallers polisie-uniforms en Valke-baadjies gedra. Die slagoffers is ook in die rug gesteek voor hulle met…
‘n Jong moordenaar is gister tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis in die Belfast-landdroshof. Lebogang Choma het in 2017, as 18-jarige, die 22-jarige Nkopodi Makgokga noodlottig gesteek tydens ‘n argument oor ‘n meisie. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het by monde van polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, die ondersoekers geloof.
Hoërskool Nelspruit bied op 26 Februarie die interhoër aan, na dié vriendskaplike atletiek-byeenkoms in 2021 glad nie kon plaasvind nie. Hoof, Johan Hattingh, sê dit beloof om die leerlinge 'n stukkie "normaal" te bied te midde van die pandemie. Die atlete sal na raming sowat die helfte van die toegelate…
‘n Vermeende renosterstroper is Vrydag deur die Valke aangekeer. Die Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas op ‘n ander aanklag van renosterstropery. Volgens kptein Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van ‘n ongelisensieerde…
Twee mans sal vandag formeel vir borgtog aansoek kan doen wanneer hulle in die Barberton-landdroshof verskyn. Hulle is verlede week aangekeer in besit van plofstof. Volgens die polisie was beamptes besig om na ‘n moordverdagte te soek, toe hulle op die twee afkom in ‘n wit Fiat bakkie. Een het…
Die polisie soek na ‘n sakeman van Schoemansdal wat na bewering twee mense van Pakistan ontvoer het. Volgens brigadier Selvy Mohlala is hulle die land binne gesmokkel via Malawi en Mosambiek en met hul aankoms deur die verdagte gevangene gehou. Een se familie het ‘n losprys betaal, terwyl die ander…
En in sport: Die 2022 Curriebeker skop vanaand af met die eerste wedstryd tussen die Pumas en Vodacom Bulls by Mbombela-stadion. Toeskouers word weens Covid-19-regulasies beperk en ondersteuners moet hul inentingsertifikaat by die ingang kan toon. Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle sien baie daarna uit om weer voor toeskouers…
14 Jan 2022 2AM
1 min
1180 – 1200
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.