‘n Vermeende renosterstroper is Vrydag deur die Valke aangekeer. Die Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas op ‘n ander aanklag van renosterstropery. Volgens kptein Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van ‘n ongelisensieerde…
Twee mans sal vandag formeel vir borgtog aansoek kan doen wanneer hulle in die Barberton-landdroshof verskyn. Hulle is verlede week aangekeer in besit van plofstof. Volgens die polisie was beamptes besig om na ‘n moordverdagte te soek, toe hulle op die twee afkom in ‘n wit Fiat bakkie. Een het…
Die polisie soek na ‘n sakeman van Schoemansdal wat na bewering twee mense van Pakistan ontvoer het. Volgens brigadier Selvy Mohlala is hulle die land binne gesmokkel via Malawi en Mosambiek en met hul aankoms deur die verdagte gevangene gehou. Een se familie het ‘n losprys betaal, terwyl die ander…
En in sport: Die 2022 Curriebeker skop vanaand af met die eerste wedstryd tussen die Pumas en Vodacom Bulls by Mbombela-stadion. Toeskouers word weens Covid-19-regulasies beperk en ondersteuners moet hul inentingsertifikaat by die ingang kan toon. Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle sien baie daarna uit om weer voor toeskouers…
Drie gewapende rowers is gisteraand dood in ‘n skietgeveg met die polisie in Tonga. Volgens brig. Selvy Mohlala het ‘n groep gewapende mans ‘n plaaslike supermark binnegestorm en televisiestelle, sigarette, lugyd-koepons en kontant geroof. Die polisie het hulle in hul wegkomvoertuig opgespoor. Na bewering het die rowers op hulle gevuur…
'n Man is vanoggend amper sy graaf kwyt, toe 'n grypdief dit van agter op sy bakkie gesteel het. 'n Ooggetuie, Deon Meyer, het agter die betrokke bakkie gewag om regs te draai op Madiba-Rylaan by die Samora Machel-kruising toe hy dit sien gebeur. Hy en die slagoffer het die…
Drie mans is gister swaar gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof vir ‘n moord wat hulle in Junie 2019 gepleeg het. Vusi Sihlabela, Karabo Makhubedu en Norman Mokoena het ‘n man van sy beursie beroof in ‘n drinkplek in Marite naby Hazyview. Toe hulle uitvind hy het die saak by die…
Kollegas van die bevelvoerder van Elukwatini-polisiestasie, kol. Beauty Marivate (55), het gister van haar afskeid geneem. Sy is op 30 Desember doogeskiet toe sy gereageer het op 'n noodroep oor 'n sakeroof en verdagtes op haar voertuig losgebrand het. Sy is gewond en is hospitaal toe gehaas, waar sy aan…
Vier verdagtes tussen 28 en 30 jaar oud sal na verwagting vandag in die Barberton-landdroshof verskyn vir die besit van drie ongelisensieerde pistole en ammunisie. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die Nelspruit-blitspatrollie en Kaapmuiden SAPD verwittig oor 'n verdagte Toyota Corolla, wat hulle kort daarna op die N4 naby Kaapmuiden…
Verskeie graad een en agt leerlinge wag nog vir plek in skole in Mbombela en Witrivier. Die akademiese jaar skop Woensdag af. Volgens die provinsiale onderwysdepartement, benodig 214 graad agt en 213 graad een leerders plek in Mbombela, en 33 graad agt en 35 graad eens in Witrivier. Lucy Moyane,…
Sowat agt gewapende mans het gisteraand ‘n Sunbake bakkery in Bosbokrand beroof. Volgens brigadier Slevy Mohlala het hulle om ongeveer half 12 die bakery bestorm. Hulle het sekerheidswagte wat in ‘n bakkie by die hek geparkeer was, van hul vuurwapens beroof en in ‘n kantoor toegesluit. Hulle het met plofstof…
Dr. Donnie Engelbrecht het Maandag een van die Kaapsehoop wilde perde uit 'n strik verlos. Die merrie se been is gelukkig nie erg beskadig nie. Engelbrecht sê strikke is egter geensins die grootste bedreiging van die perde nie. Voertuie wat hulle tref is 'n groot gevaar.
‘n 28-jarige verdagte is aangekeer vir ‘n sakeroof wat Dinsdag by ‘n poskantoor naby Bosbokrand uitgevoer is deur ‘n groep van ongeveer 10 gewapende mans. Volgens brig. Selvy Mohlala het hulle die werknemers beveel om op die vloer te lê en een gedwing om die kluis oop te maak. Skote…
Die Barberton DBV het ‘n rowwe begin aan 2022 beleef toe ‘n groot boom se vallende tak die naweek van hul infrastruktuur beskadig het. Dít na 2021 gekenmerk is deur inbrake en pogings tot inbrake by hul kennels. Marlies Liebenberg sê geen van die diere is gelukkig beseer nie. Die…
Die polisie se duikeenheid het gister die liggaam van ‘n 35-jarige man ontdek wat op Nuwejaarsdag verdrink het. Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Gugu Phiri, het hy na bewering geval en gegly by Lisbon Waterval in Graskop. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het mense gewaarsku om versigtig te wees by toersite-aantreklikhede.
'n Vermeende dwelmhandelaar en motorkaper is die week in Emzinoni aangekeer. Jamvier Ramazani (30) het Dinsdag in die Bethal-hof verskyn. Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi soek hulle hom sedert Julie toe hy arrestasie ontduik het tydens 'n intelligensie gedrewe operasie in Bethal waartydens tien verdagtes aangekeer is vir…
‘n 28-jarige vrou sal na verwagting vandag in die hof verskyn op klagte van moord, nadat haar 21 maande oue dogtertjie se liggaam Dinsdag in ‘n vlak graf in ‘n veld by Phake Rebone, naby Mmamethlake, gevind is. Volgens die polisie is die kind Vrydag laas gesien toe sy saam…
Twee verdagtes van 29 en 32 jaar oud is gister in Sabie aangekeer deur die Nelspruit Blitspatrollie. Hulle was glo in die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Volgens kaptein Gugu Phiri was hulle in 'n voertuig wat na bewering by Kabokweni gekaap is. Die nasporingsmaatskappy en polisie het gevolg…
‘n 31-jarige man het gister in die Lydenburg-landdroshof verskyn vir die besit van ‘n gesteelde vuurwapen. Hy is die vorige dag deur die Lydenburg honde-eenheid aangekeer na hulle 'n verdagte vragmotor gestop en deursoek het. Die Z88-pistool is in sy bagasie gevind. Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Gugu Phiri, het die verdagte…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens ervaar 'n ernstige tekort aan bloed, en het mense aangemoedig om bloed te skenk voor Kersfees. Ronald Marsh skryf dit toe aan 'n toename in die vraag na bloed en afname in skenkings wat hulle gewoonlik hierdie tyd van die jaar ervaar. In Mbombela is die…
22 Dec 2021 2AM
1 min
1200 – 1220
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.