100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,802 Episodes
1260 – 1280

Ongeïdentifiseerde man dood gevind

‘n Ongeïdentifiseerde man is vanoggend dood gevind in ‘n ongebruikte regeringsgebou in die Mhala-omgewing. Volgens die polisie het hulle om ongeveer 08:00 ‘n anonieme oproep ontvang dat die man noodlottig aangerand is in Dumphries B. Brigadier Selvy Mohlala sê die man is met hul aankoms op die toneel in handboeie…
5 Nov 2021 7AM 1 min

Geldskieter in Hazyview aangekeer

‘n Vermeende geldskieter het in die Hazyview-landdroshof verskyn op klagte van oortreding van die nasionale kredietwet. Nozipho Mabuza is gister deur die Valke en Nasionale Kredietreguleerder aangekeer. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi is sy die eienaar van Humelela Cash Loans wat nie by die Kredietreguleerder geregistreer is nie. Daar is op…
5 Nov 2021 7AM 1 min

Vuurwerke toegelaat hierdie feesseisoen

Mbombela is in die proses om hul ordinansie ten opsigte van vuurwerke op te dateer. Die brandweerhoof, Petrus Mthiyane, sê dit sal hulle meer tande gee om oortreders vas te trek. Intussen word die afskiet van vuurwerke op godsdienstige dae sowel as Oujaarsaand toegelaat op gemeenskaplike sportgronde in die munisipale…
5 Nov 2021 6AM 1 min

EFF onttroon DA as amptelike opposisie in Mbombela

Die EFF het die DA net-net as die amptelike opposisie in Mbombela-munisipaliteit onttroon. Die ANC kon met 65.21% van die stemme 59 setels behou vir beheer van die stadsraad. Die EFF kon in totaal 14,68% van die stemme wen vir 14 setels, en die DA 13,54% vir 12 setels. Die…
3 Nov 2021 10AM 1 min

ProLife vier hul 10de verjaarsdag

ProLife Pet Rescue in Mbombela vier vanjaar hul 10de verjaarsdag. Saterdag word groot makietie gehou en die publiek is genooi om die honde en katte in hul sorg 'n bietjie te kom bederf. November is ook "Neem 'n ouer troeteldier aan"-maand. ProLife se stigter, Karen Erasmus, verduidelik hoekom sy persoonlik…
3 Nov 2021 6AM 1 min

ANC behou beheer in Thaba Chweu

Die ANC het met ‘n 57-persent meerderheid 16 setels en daarmee saam beheer oor Thaba Chweu-munisipaliteit behou. Die DA het 28-persent van stemme, ses setels en wyk 12 gewen. Die EFF het drie setels en die VF Plus en African Unified Movement een elk. Die DA, EFF en VF Plus…
3 Nov 2021 5AM 1 min

Stembriewe in Calcutta gesteel

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n voorval waartydens ‘n boks vol stembriewe gisteraand in Calcutta gesteel is. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, was twee polisiebeamptes en twee amptenare van die verkiesingskommissie besig om stembriewe te vervoer, toe die ingangshek na die stemlokaal deur gemeenskapslede versper is. ‘n Boks vol stembriewe…
2 Nov 2021 4AM 1 min

Mpumalanga premier trek haar kruisie

Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het 'n beroep op alle geregistreerde kiesers in Mpumalanga gedoen om vandag in die plaaslike regeringsverkiesing te gaan stem. Sy het haar kruisie by die Witbank Gholfklub in Emalahleni getrek. Dit is die sesde plaaslike regeringsverkiesing sedert 1994. Stemlokale sluit vanaand om nege-uur. Mtshweni-Tsipane het stemgeregtigdes…
1 Nov 2021 4AM 1 min

Poliebeampte veg om sy lewe na hy in Bosbokrand geskiet is

Die polisie het ‘n mannjeag van stapel gestuur vir verdagtes wat Sondagoggend op polisiebeamptes en ‘n brandweerman geskiet het in Bosbokrand. Die lede het in die vroeë oggendure op ‘n ongelukstoneel op die R40 by Ga-Bereta gereageer. Die voertuig het van die pad af gery en in ‘n rivier beland…
1 Nov 2021 3AM 1 min

Alles wat jy van die verkiesing moet weet

As jy vooraf geregistreer het om 'n spesiale stem uit te bring, gebeur dit hierdie naweek. Onthou in 'n plaaslike verkiesing moet jy stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is. Teecee Chembeni van die OVK vertel ons meer.
29 Oct 2021 5AM 1 min

AfriForum dra by tot skoner omgewing in Nelspruit

Die AfriForum-tak in Nelspruit het saam met We Care 4 Nelspruit 18 nuwe asblikke opgerig in areas waar rommel baie gestrooi word. Sestien asblikke is langs die R40 vanaf Ou Pretoria-weg tot by die West End-winkelsentrum opgerig, en twee is in Ferreirastraat. AfriForum Nelspruit het ook die operasionele kostes gedek…
28 Oct 2021 7AM 1 min

Baba Ayden terug by die huis

Baba Ayden van Niekerk is uiteindelik terug by die huis in Lydenburg. Ayden het in Mei skielik ophou asemhaal en word sedertien in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg behandel. Sy ma, Estelle, sê hulle is baie dankbaar om hom terug te hê. Daar lê wel nog 'n lang pad…
28 Oct 2021 5AM 1 min

Buitengewoon goeie reënseisoen vir die Laeveld voorspel

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hulle verwag ‘n buitengewone goeie reënseisoen in die Laeveld tot ten minste Desember. Volgens weervoorspeller Kholofelo Mahlangu sal dit die res van week meestal warm wees, maar reën kan Vrydagmiddag en Saterdag verwag word. Teen Dinsdag behoort dit op te klaar. Saam met die bogemiddelde reën…
27 Oct 2021 8AM 1 min

Mpumalanga LUR vol vertroue beurtkrag sal nie met eindeksamen inmeng

Die matriekeindeksamen het vanoggend afgeskop. LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het dit by Skhila Sekondêr in Mashishing bygewoon. Die 69 260 voltydse leerlinge wat vanjaar die eksamen in die provinsie skryf is die hoogste ooit. Majuba sê sy is vol vertroue dat beurtkrag nie met die eksamen in…
27 Oct 2021 6AM 1 min

Care for Wild se Oz kry land se eerste CT-skandering

Care for Wild se Oz, 'n sesjarige renosterwesie, was verlede week die proefkonyn waarop die eerste CT-skandering op 'n lewendige, volwasse renoster uitgevoer is, in die land. Petronel Nieuwoudt verduidelik wat dit so belangrik maak.
26 Oct 2021 4AM 1 min

Innibos maak bietjie-bietjie 'n terugkeer

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Kaartjieverkope open Woensdag. Ongelukkig moet bywoningsgetalle op die feesterrein tans beperk word tot 2 000 mense. Om voorsiening te maak vir die kunstenaars en mense wat op die terrein werk, kan slegs 1…
25 Oct 2021 7AM 1 min

Groot roof by Acornhoek Mall

Die polisie soek na 'n groep verdagtes wat vanoggend om ongeveer 02:00 Acornhoek Mall beroof het. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê sowat 15 winkels is besteel en verskeie kitsbanke en kontantkluise is met plofstof opgeblaas. Die polisie is deur sekuriteitsbeamptes in kennis gestel van ‘n inbraak by die winkelsentrum. Onderweg…
22 Oct 2021 5AM 1 min

Al hoe meer jonger kinders het angs

Kenners in die veld sien toenemend dat jonger kinders tussen nege en 13 jaar oud sielkundige hulp benodig vir angs. Jozelle Grobbelaar, adjunkhoof van leerdersake by Penryn College, sê die fokus was histories op ouer kinders wat die einde van hul skoolloopbane bereik. Sy sê dit is egter op alle…
21 Oct 2021 4AM 1 min

Trac N4-tydren in November in Dullstroom

Die Dullstroom-epilepsiesentrum sal vanjaar weer die hoof begunstigde wees wanneer die Trac N4-tydren volgende maand in Dullstroom plaasvind. Vanjaar is die tweede keer dat Trac hierdie been van die Suid-Afrikaanse Tydren-kampioenskap in eMakhazeni aanbied. Dit vind op 26 en 27 November plaas. Trac sê hulle het eMakhazeni gekies om die…
21 Oct 2021 4AM 1 min

Moordenaar in Mhala gevonnis

‘n Moordenaar is Dinsdag in die Mhala-hof 15 jaar gevangenisstraf opgelê. Die 33-jarige Tumelo Proley Theko het in Maart 2019 die 28-jarige Xolile Jele noodlottig geskiet tydens ‘n argument by ‘n drinkplek in Shatale naby Bosbokrand. Theko het eers gevlug maar is in August 2019 in Carolina aangekeer en is…
21 Oct 2021 3AM 1 min
1260 – 1280