100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,798 Episodes
1280 – 1300

Mannejag geloods na dubbele moord in Barberton

'n Mannejag is geloods na verdagtes wat Saterdagaand twee mense in Barberton doodgeskiet het. Volgens die polisie was die een slagoffer 'n polisiebeampte wat ten tyde van die voorval van diens af was. Speurder konst. Nkosinathi Lucky Ngwenya en Jaftha Mnisi is met verskeie skeitwonde dood langs 'n drankwinkel gevind.
18 Oct 2021 5AM 1 min

Care Buddies sien reeds 19 jaar om na bejaardes

Die Care Buddies bestaan al 19 jaar om na bejaarde mense in die Laeveld om te sien. Yvonne McHeath verduidelik vir Ludi en Mireille wat presies hulle doen, en hoe jy ook betrokke kan raak.
18 Oct 2021 5AM 9 min

Geslagsgeweld opnuut veroordeel na vrou by die werk doodgeskiet is

Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar medelye betuig aan die familie van Wandile Lucia Khoza, wat Dinsdag na bewering deur haar kêrel doodgeskiet is by die werk. Die 29-jarige was ‘n werknemer by Nkomazi-munisipaliteit in Malalane. Die 31-jarige verdagte is glo ‘n lid van die weermag, gestasioneer in Middelburg…
15 Oct 2021 5AM 1 min

Groot beleggings in Mpumalanga se pad-infrastruktuur beplan

‘n R400 miljoen opgradering van die Long Tom-pas word beplan om die pad veiliger te maak. Dit was een van die aankondigings die afgelope week deur Sanral. Die agentskap het Dinsdag saam met die adjunkminister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, in Lydenburg besoek afgelê om met die gemeenskap van Thaba Chweu-munisipaliteit…
14 Oct 2021 7AM 1 min

Komatipoort suikermeule brand na dae steeds

Lefpa veg vanoggend voort teen die brand by die Komati Suikermeule in Komatipoort. Die suikerstoor het verlede week begin brand, en dit het Sondag weer opgevlam. André Scheepers sê meer as 40-duisend-ton suiker brand. Wat dit bemoeilik is dat die suiker smelt en 'n vloeistof word. Hulle het Donderdag logistieke…
14 Oct 2021 4AM 1 min

Nelspruit-hof ontruim weens bomdreigement by politikus se borgaansoek

Die Nelspruit-hof, waar die moordbeskuldigde voormalige LUR, Mandla Msibi, vandag verskyn het om vir borgtog aansoek doen, is ontruim na ‘n vermeende bom-dreigement. Hy word aangekla van twee moorde en poging tot moord. Hy is sedert Maandag in aanhouding. Msibi is gisteraand as LUR vir landbou afgedank deur die premier,…
13 Oct 2021 7AM 1 min

Moordbeskuldigde LUR se afdanking verwelkom

Mandla Msibi doen vandag verder aansoek om borgtog. Hy word aangekla van twee moorde en poging tot moord. Hy is sedert Maandag in aanhouding. Msibi is gisteraand as LUR vir landbou afgedank deur die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane. Sy het verduidelik dat daar nie voorheen teen hom opgetree is nie, ondanks…
13 Oct 2021 6AM 1 min

Premier dank moordbeskuldigde LUR af

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het die LUR vir landbou, landelike ontwikkeling, grond- en omgewingsake, Mandla Msibi (45), gisteraand uit haar kabinet afgedank. Msibi word aangekla van moord en poging tot moord. Hy is reeds sedert Maandag in polisie-aanhouding. Sy borgaansoek gaan vandag in die Nelspruit-landdroshof voort.
13 Oct 2021 4AM 1 min

Mpumalanga teiken 83-persent slaagsyfer

Mpumalanga se onderwysdepartement mik vir ‘n slaagsyfer van 83-persent in vanjaar se matriek eindeksamen. LUR Bonakele Majuba het vanoggend die provinsie se gereedheid vir die eksamens bespreek. ‘n Totaal van 69-duisend-260 graad 12 leerlinge sal oor twee weke in Mpumalanga met hul eindeksamen begin. Majuba sê al die kandidate sal…
12 Oct 2021 6AM 1 min

DA eis dat moordbeskuldigde LUR afgedank word

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen op die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, om op te tree teen LUR vir landbou, Mandla Msibi. Hy het gister in die hof verskyn op klagte van moord en poging tot moord na drie mense in Augustus in Nelspruit geskiet is. Hy doen vandag…
12 Oct 2021 5AM 1 min

Duisende tonne suiker brand weer

Die brand wat verlede week by die Komati Suikermeule ontstaan het, het die naweek weer opgevlam. André Scheepers van Lefpa wat help om dit te bestry, sê die brand in die suikerstoor wat verlede week onder beheer gebring is, het Sondagaand weens warm en winderige toestande weer opgevlam. Meer as…
12 Oct 2021 4AM 1 min

Mpumalanga premier reageer op LUR se arrestasie vir dubbele moord

Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê sy sal “gepaste aksie” neem teen die LUR wat vanoggend vir ‘n dubbele moord gearresteer is. Die 45-jarige LUR, wat na verwagting vanmiddag in die Nelspruit-hof sal verskyn, het homself aan die polisie oorhandig in verband met ‘n skietery op 22 Augustus waarin twee mense…
11 Oct 2021 8AM 1 min

Poskantoor beoog om geslote Laeveldse kantore te heropen

Die Poskantoor sê hulle is steeds in onderhandelinge om die vier poskantore in die Laeveld wat toe is, te heropen. Komatipoort, Sonpark, Steiltes en West Acres is gesluit weens dispute met die gebou-eienaars oor agterstallige huurgeld. Johan Kruger verduidelik dat die vier maande van die grendeltydperk wat hulle basies geen…
11 Oct 2021 8AM 1 min

Mpumalanga LUR gearresteer vir moord en poging tot moord

‘n LUR in die Mpumalanga-regering is vanoggend gearresteer vir moord en poging tot moord. Volgens die polisie se brigadier Vishnu Naidoo het die 45-jarige man homself aan die Nelspruit-polisie oorhandig. Hy was glo betrokke by ‘n skietery in Nelspruit op 22 Augustus waar twee mense doodgeskiet is, en een gewond…
11 Oct 2021 6AM 1 min

Doekinsameling geloods vir kinders met gestremdhede

Die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdhede het 'n doekinsameling begin vir kinders met gestremdhede. Therina Wentzel sê kinders met gestremdheid sukkel met die groot uitgawe van doeke, wat hulle dikwels langer gebruik as babas en wat duurder word soos hulle groter word. As deel van die "Durf en deernis"…
8 Oct 2021 7AM 1 min

Goudpan-kampioenskappe skop af in Pelgrimsrus

Die nasionale Goudpan-kampioenskappe skop vandag in Pelrgrimsrus af. Sanjay Singh van die departement kultuur, sport en ontspanning sê hoewel 2-duisend mense buitemuurs mag byeenkom, word toeskouers ongelukkig steeds nie toegelaat nie. Dit is egter vir hulle belangrik om die erfenis-aktiwiteit voort te sit. Die dorp sal in 2023 ook die…
7 Oct 2021 7AM 1 min

Help om te stem vir die Champions-span

Die publiek is genooi om te stem vir hul gunsteling rugbyspelers om ingesluit te word in die saamgestelde span vir die Champions-wedstryd. Die span vir die wedstryd teen Kenia op 6 November sal heeltemal deur die publiek se stemme gekies word. Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, het 'n beroep op Laevelders gedoen…
7 Oct 2021 7AM 1 min

Witrivier-verteenwoordigers ontstoke na begrotings-vergadering

Die Witrivier-belastingbetalersvereniging is ontstoke dat 'n beplande geïntegreerde ontwikkelingsplan-vergadering gister sonder hul medewete geskuif is. Pierre du Preez sê hulle is genooi vir die vergadering by Mbombela-stadion, maar dit is na die burgesentrum geskuif sonder dat hulle, en ander rolspelers, in kennis gestel is. Hulle het geweier om die vergadering…
7 Oct 2021 7AM 1 min

Datums bepaal vir Sabie Experience

Die jaarlikse Sabie Experience vind vanjaar weer later as gewoonlik, in November, plaas. Dié drie-dag-lange bergfiets-wedren is van die vierde tot die sesde van volgende maand in en om Sabie. Organiseerder, Denzil Lawrie, sê vanjaar word inskrywings tot 300 fietsryers beperk.
6 Oct 2021 7AM 1 min

Menseregtekommissie ondersoek tekort aan medisyne

Die Menseregtekommissie het hul ondersoek na tekorte aan medikasie by klinieke en hospitale in Mpumalanga begin. Volgens die DA se Jane Sithole, wat die MRK in dié verband genader het, word kan pasiënte soms nie eens anti-biotika of Panadaos by Kanyamazane-kliniek en Themba-hospitaal kry nie. Sy sê verder die Openbare…
6 Oct 2021 7AM 1 min
1280 – 1300