100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,802 Episodes
1300 – 1320

Help om te stem vir die Champions-span

Die publiek is genooi om te stem vir hul gunsteling rugbyspelers om ingesluit te word in die saamgestelde span vir die Champions-wedstryd. Die span vir die wedstryd teen Kenia op 6 November sal heeltemal deur die publiek se stemme gekies word. Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, het 'n beroep op Laevelders gedoen…
7 Oct 2021 7AM 1 min

Witrivier-verteenwoordigers ontstoke na begrotings-vergadering

Die Witrivier-belastingbetalersvereniging is ontstoke dat 'n beplande geïntegreerde ontwikkelingsplan-vergadering gister sonder hul medewete geskuif is. Pierre du Preez sê hulle is genooi vir die vergadering by Mbombela-stadion, maar dit is na die burgesentrum geskuif sonder dat hulle, en ander rolspelers, in kennis gestel is. Hulle het geweier om die vergadering…
7 Oct 2021 7AM 1 min

Datums bepaal vir Sabie Experience

Die jaarlikse Sabie Experience vind vanjaar weer later as gewoonlik, in November, plaas. Dié drie-dag-lange bergfiets-wedren is van die vierde tot die sesde van volgende maand in en om Sabie. Organiseerder, Denzil Lawrie, sê vanjaar word inskrywings tot 300 fietsryers beperk.
6 Oct 2021 7AM 1 min

Menseregtekommissie ondersoek tekort aan medisyne

Die Menseregtekommissie het hul ondersoek na tekorte aan medikasie by klinieke en hospitale in Mpumalanga begin. Volgens die DA se Jane Sithole, wat die MRK in dié verband genader het, word kan pasiënte soms nie eens anti-biotika of Panadaos by Kanyamazane-kliniek en Themba-hospitaal kry nie. Sy sê verder die Openbare…
6 Oct 2021 7AM 1 min

ATKV-kuieraand maak terugkeer na grendeltydperk

Die plaaslike ATKV se gereelde kuieraande maak aan die einde van Oktober 'n terugkeer na die grendeltydperk. Die organisasie bevorder die taal en sal op 30 Oktober saamkuier by Mbombela-stadion. Ondervoorsitter, Anita Hitge, verduidelik dat hulle nou eers die datum kon vasstel, weens die onsekerheid wat geheers het oor die…
5 Oct 2021 9AM 1 min

Bloedbank vra dat mense gaan skenk

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ‘n beroep gedoen op die publiek om bloed te skenk. Hulle beleef tans groot tekorte, wat toegeskryf word aan ‘n groter vraag na bloed. Die tekort is landwyd en sluit heel bloed maar ook plasma in. Ronald Marsh van die plaaslike tak sê dit kan…
30 Sep 2021 8AM 1 min

VF Plus sê sakelui ly onder onwettige munisipale staking

Die VF Plus eis dat dissiplinêre stappe geneem word teen werkers van Steve Tshwete- munisipaliteit wat sedert 20 September onwettig staak. Dit is glo weens ontevredenheid oor die uitkontraktering van onder meer vullisverwydering. Alle dienste by die Middelburg-burgersentrum is opgeskort tot 1 Oktober. Die party se Werner Weber sê inwoners…
29 Sep 2021 10AM 1 min

Mediclinic Nelspruit ondersteun nasionale vooma-inentings inisiatief hierdie naweek

Mediclinic Nelspruit het almal ouer as 18 jaar genooi om die komende naweek by hul dagkliniek hul inenting teen Covid te ontvang. Die regering hou die naweek landwyd ‘n “Vooma”-inentingsnaweek om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang. Honderde private inentingstasies sal daarom ook Saterdag…
29 Sep 2021 8AM 1 min

Elandsvallei-konstruksie op N4 skop af

TRAC het vandag begin om ‘n nuwe stormwater afvoer-stelsel op die N4 by Elandshoek te bou. Dit is vroeër die jaar tydens tropiese strom Eloise beskadig en tydelik herstel. ‘n Verbeterde stormwater afvoer-stelsel word nou onder die pad gebou. Die Elandsvallei-deel sal van vandag af vir twee maande gesluit wees…
29 Sep 2021 7AM 1 min

LUR bekommerd oor toename in boeliegedrag by skole

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê hy is bekommerd oor die ooglopende toename in boelie-gedrag onder kinders in skole. Hy was vandag op besoek aan Alfred Matshine Sekondêr in Bosbokrand. 'n Groep leerlinge het verlede week glo 'n seun aangerand en met vla en eiers gegooi omdat…
28 Sep 2021 7AM 1 min

Wêreld-hondsdolheiddag: Mense aangemoedig om diere in te ent

Vandag is wêreld-hondsdolheid-bewusmakingsdag en 'n plaaslike veearts sê voorkoming van die siekte is die beste verweer. Dr. Christo Nortje van Van Wijkstraat-dierehospitaal in Mbombela sê dit is baie algemeen én noodlottig vir mense en diere.
28 Sep 2021 7AM 1 min

Private grondeienaars sê hulle oorweeg hul opsies oor Makhonjwa-besluit

Private grondeienaars wat ontevrede is dat die MTPA aangewys is om die Unesco Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied te bestuur, sê hulle hoop steeds dat die gebied gered kan word. Nico Oosthuizen sê hulle oorweeg hul opsies en probeer steeds die LUR oortuig om die ooreenkoms te eerbiedig. Daarvolgens moet hierdie uiters waardevolle gebied…
22 Sep 2021 9AM 1 min

AfriForum en WeCare 4 Nelspruit tekkel saam verskeie projekte

AfriForum se Nelspruit-tak en WeCare 4 Nelspruit het hande gevat om die omgewing vir die dorp se inwoners beter te maak. Die twee organisasies gaan verskeie projekte aanpak wat insluit die herstel van slaggate, die skoonmaak van parke en stormwaterslote en ontbossings om areas te beveilig. Hul eerste projek was…
21 Sep 2021 8AM 1 min

Twee polisielede gewond in skietaanvalle

‘n 37-jarige polisiesersant is Maandag in Masoyi naby Witrivier geskiet toe hy saam met ‘n kollega ‘n klagte van roof ondersoek het. Volgens die polisie is daar op hulle gevuur toe hulle by die verdagte se wegkruipplek aankom. Die sersant is gewond en hospitaal toe geneem. ‘n 56-jarige polisiekaptein is…
21 Sep 2021 7AM 1 min

Ses mans handig hulself oor na noodlottige aanranding

Ses moordverdagtes wat hulself gisteroggend aan die polisie in Schoemansdal oorhandig het, bly in aanhouding tot volgende maand. Volgens die polisie was hulle betrokke by ‘n voorval waarin die 37-jarige Sibusiso Shongwe doodlottig aangerand is op 13 September in Jeppe’s Reef. Hulle het gister in die Nkomazi-landdroshof verskyn op klagte…
21 Sep 2021 6AM 1 min

Virale boelie-voorval sterk veroordeel

Die Mpumalanga onderwysdepartement het berading aangebied vir leerlinge wat geraak is deur ‘n onlangse boelie-voorval in Casteel. ‘n Video wat soos ‘n veldbrand versprei het op sosiale media wys hoe ‘n leerling van Alfred Matshine Sekondêr Donderdag aangerand word deur ‘n groep seuns. Hulle skink ook iets wat lyk soos…
20 Sep 2021 9AM 1 min

Advieskomitee beplan vir Makhonjwa se bestuur

Die Unesco Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied sal deur ‘n advieskomitee bestuur word, sê die uitvoerende hoof van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap, Johannes Nobunga. Die MTPA is die bestuursgesag oor die gebied. Hulle sal voor die einge Oktober nominasies vir die komitee open om teen einde November op dreef te wees. Nobunga sê…
20 Sep 2021 9AM 1 min

MTPA breek grond vir Blyderivier Skywalk

Die konstruksie van die God’s Window Skywalk is vanoggend amptelik geopen. Bouwerk aan die toerisme-aantreklikheid op die Panorama-roete sal na verwagting in 2023 klaar wees. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het die geleentheid bygewoon. Sy sê daar word gehoop dat die 900-meter hoë aantreklikheid meer besoekers na die area sal lok…
17 Sep 2021 7AM 1 min

Barberton vra vir dringende optrede oor brandbestryding

Inwoners van Barberton het ‘n dringende beroep gedoen op Mbombela-munisipaliteit om die dorp se brandweerdiens te herstel. DA-raadslid Philip Minnaar sê die jongste voorval gister, waarin ‘n huis op Brommers-plaas afgebrand het weens ‘n veldbrand, wys dat hulle nie meer so kan aangaan nie. Gelukkig kon die gemeenskap self die…
16 Sep 2021 7AM 1 min

Sanitêre doekie-produksiefasiliteit by Mataffin

Blossom Care Solutions het vandag ‘n sanitêre doekie-produksiefasiliteit by HL Hall & Sons in Mataffin geopen. Dit skep nie net volhoubare werksgeleenthede nie, maar verskaf sanitêre produkte waartoe sowat 30 persent van Suid-Afrikaanse meisies nie toegang het nie. Dit is veral weens finansies en word vererger deur stigma. Ahmed Motara…
15 Sep 2021 7AM 1 min
1300 – 1320