Die jong seekoeibul wat sedert Donderdagaand in Witrivier se strate opgemerk is, is Saterdagaand suksesvol gevang en verskuif. Chris Hobkirk van die Mpumalanga-toerisme-en parkeraad, sê die dier is skynbaar deur ‘n ander bul uit die rivierstelsel verjaag. Hy is verdoof en geskuif na een van die parkeraad se fasiliteite van…
Inwoners van Witrivier is gewaarsku om op hul hoede te wees vir ‘n seekoei wat in die dorp opgemerk is. Volgens Gait Jan Sterk van die MTPA het ‘n sekerheidsmaatskappy die dier vanoggend vier-uur in Swartbergstraat gesien. Inwoners is gevra om versigtig te wees, aangesien seekoeie veral snags rondbeweeg, en…
Die ondersoek na ongeruimdhede in provinsiale departemente se verkryging van beskermende kleredrag vir Covid duur voort. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het ses maande gelede aangekondig dat vyf departemente en entiteite onafhanklik ondersoek word. Die spesiale ondersoekeenheid het dit intussen oorgeneem. Die premier hou vol dat sy niks kan deel tot…
Die hoof van die Mpumalanga-gesondheidsdepartement, Saveera Mohangi, het vanoggend die eerste mens in die provinsie geword om die Covid-inenting te kry. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het ook die afskop van die inentingsveldtog by Rob Ferreira-hospitaal bygewoon. Sy het nie die inenting ontvang nie, omdat gesondheidswerkers geprioritiseer moet word.
Hoërskool Nelspruit se Afrikaansonderwyser, Martie Naudé, het die vlak vyf grendeltydperk in Maart gebruik om uiteindelik haar kreatiwiteit vry teuels te gee – en haar eerste kinderboek te skryf. Sy gee “Die Padonkels van Hoekomsberg” uit onder die skrywersnaam Karools Vorster. Een van haar leerlinge se ma’s, Karen Breytenbach, het…
Die VF Plus het beswaar aangeteken teen wat hulle die provinsiale regering se gebruik noem om tenders toe te ken ver bo markverwante pryse. Volgens Werner Weber, die party se leier in Mpumalanga, het dit die week tydens ‘n vergadering van die wetgewer se ekonomiese transformasie-groepkomitee aan die lig gekom…
'n Graad 11-leerling van Senior Sekondêre Skool Sekhukhusa in Bosbokrand is oorlede, nadat hy Maandag glo deur 'n medeleerling met 'n baksteen geslaan is. Volgens Gerald Sambo, 'n woordvoerder van Mpumalanga se onderwysdepartement, is die leerling dood op pad kliniek toe. Hy het die voorval veroordeel en voeg by dat…
Solidariteit Helpende Hand het vanjaar weer verseker dat elke graad eentjie ‘n skooltas, en die nodige skryfbehoeftes, het voor die skole gister heropen het. Dit dek laerskole Nelspruit, Bergland, Laeveld en Witrivier. Volgens Elize Visser, voorsitter van die Laeveld-tak, het hulle vanjaar weer sowat 70 tassies uitgedeel, om te verseker…
Die skade wat die afgelope drie weke deur swaar reen en oorstromings veroorsaak is, word steeds beraam, maar volgens Mpumalanga-rampbestuur kan dit aanvaar word dat dit naby R1 miljard sal kom. 'n Totaal van 10 verdrinkings is nou bevestig, en twee mense word steeds vermis, maar word as dood aangeneem…
Die area is nog nie eens as 'n rampgebied verklaar na die afgelope amper drie weke se oorstromings nie, en reeds is meer ontwrigtende reën op pad. Die provinsiale departement van samewerkende regering het mense wat onder vloedlyne en in laagliggende gebiede bly, gevra om eerder die areas te ontruim…
Vandag is internasionale Angelsman-dag. Die sewe-jarige Jesslyn Mulder wat by Pro-Gratia skoolgaan, ly aan hierdie uiters seldsame sindroom. Dit is 'n genetiese mutasie wat die senuweestelsel aantas. Simptome sluit in epileptiese aanvalle, en hoewel Jesslyn kan loop, kan sy nie praat nie. Die Mulders was van 10 tot 14 Februarie…
Die eerste skooldag het vandag glad verloop in Mpumalanga. LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, was op besoek aan skole in die Mkhulu-area. Hy voer aan dat die addisionele twee weke hul genoeg tyd gegee het om voor te berei in terme van noodsaaklikhede om die koronavirus te beveg. 99 onderwysers…
Jy kan tot Sondag daarna uitsien om spesiale geskenke by die nasionale bloedbank te ontvang wanneer jy jou lewensgewende bloed skenk. Dit is deel van hul spesiale Valentynspromosie wat tot Sondag, Valentynsdag, aanhou. Dit het ten doel om hul volumes skenkings te verbeter, omdat hul bloedvoorraad baie laag raak. In…
Alle reddingspanne in Mpumalanga is op ‘n hoë gereedheidsvlak vir nog ontwrigtende reën wat vanaf more verwag word. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal dit bes moontlik weer vloede veroorsaak wat reeds die afgelope weke groot skade aan huise en paaie verrig het. Jacques Benade van Mpumalanga-rampbestuur sê meer as 700…
Die dodetal in die provinsie weens verdrinkings na oorstromings het tot nege gestyg met die ontdekkings van die 13-jarige seun in Donkerhoek na wie se liggaam vir dae gesoek is. Volgens die departement van samewerkende regering se George Mthethwa word daar steeds gesoek na die ander vier mense wat steeds…
Drie mans verskyn vandag in die KaNyamazane-landdroshof op klagte van brandstigting en die besit van gesteelde goedere na Bongani Mountain Lodge by Mthethomusha langs die Nasionale Krugerwildtuin op 31 Januarie afgebrand is. ‘n Saak van ontwettige jag word ook ondersoek na karkasse van onder meer rooibokke, njalas en ‘n klipspringer…
Die provinsiale regering het aangedui hulle sal hul begroting aanpas om die slagoffers van oorstromings die afgelope weke te help. Die departement van samewerkende regering het ‘n voorlegging aan die nasionale regering gedoen om ‘n ramp te verklaar. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê die herstel van huise en paaie is…
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sal vanoggend areas besoek waar infrastruktuur ernstig beskadig is deur die reën verlede week. Dit sluit in paaie, brûe en huise in Kanyamazane, Pienaar en Kabokweni. Sy sal vergesel word deur die LUR vir samewerkende regering asook die burgemeesters van Ehlanzeni en Mbombela-munisipaliteite. Agt mense…
Ses mense is nou al bevestig as dood in Mpumalanga sedert tropiese storm Eloise verlede Sondag swaar reën gebring het. Volgens George Mthethwa, woordvoerder van die departement van samewerkende regering, soek duikers ook na verskeie mense wat weens die vloede vermis geraak het. In die Laeveld word Blok B in…
Inwoners van Witrivier wat reeds warm onder die kraag is omdat sommige areas sedert Vrydagaand sonder water is, het nou ook wisselvallige kragtoevoer. Mbombela-plaaslike munisipaliteit sê hulle werk aan die probleme. Dit bly egter onduidelik wanneer die probleem opgelos sal wees. Volgens raadslid Rowan Torr, is watertoevoer vanmiddag gedeeltelik na…
1 Feb 2021 7AM
1 min
1600 – 1620
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.